Attie van Wyk Primêre Skool

Neo-Spektrum is sedert 2015 by Attie van Wyk Primêre Skool betrokke. Dit is ‘n skool waar kinders van werkende ouers in die Durbanville-omgewing skoolgaan. Dit is geleë in Adderleyweg (M58) net verby Diemersdal buite Durbanville.

Geen skoolgeld word van die ouers ingevorder nie en die skool se inkomste word in totaal vanaf die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verkry. Dit is egter nie genoeg om al die basiese behoeftes te dek nie. Die School Feeding Scheme verskaf een tot twee etes per dag aan elke leerder.

Neo-Spektrum wou graag by ‘n skool betrokke raak waar daar wesenlike behoeftes is en waar Neo-Spektrum ‘n verskil kan maak.

Neo-Spektrum het na ‘n ondersoek uiteindelik besluit om by Attie van Wyk Primêr betrokke te raak, want hulle behoeftes en uitdagings is groot. Dit het daartoe gelei dat Neo-Spektrum sedert 2015 by Attie van Wyk PS betrokke geraak het.

Verskeie ander instansies ondersteun ook die skool. Daar is ‘n verskeidenheid projekte wat deur Neo-Spektrum en hierdie instansies aangepak word. Dit sluit in die verbetering van die terrein.

Deur die hulp van Neo-Spektrum is ‘n bouplan vir die verbetering van die kantoorarea opgestel. Aanvanklik was daar nie fondse nie, maar deur ‘n skenking kon dit gebou word. Hulle betree die nuwe area in Januarie 2024.

 

Daar is groot dankbaarheid dat Neo-Spektrum ‘n leerkrag, ‘n klashulp en sportfasiliteerder se salarisse betaal. Neo-Spektrum is trots om Attie van Wyk PS op hierdie wyse te ondersteun.

Hierdie tipe ondersteuning help, maar die behoeftes by Attie van Wyk bly steeds astronomies. Bykomende hulp word steeds verlang, want die ouers (en dus ook die skool) het werklik ondersteuning nodig. ‘n Netbalbaan wat opgeknap is, is die skool se enigste sportfasiliteit.

Vir meer inligting skakel asseblief: Edward Smuts (082 788 1824 of ed56chris@gmail.com)

SONDAGBYEENKOMSTE

Om ons weeklikse "Broodjie vir die Week" per e-pos te ontvang, voltooi asseblief:

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights