23 Maart 2014

23/03/2014

Hierdie week se liturgie: 23_maart_2014

In ʼn lied van Amanda Strydom sing sy, “Vat my hoop, vat my bloed, vat my laaste druppel moed, ek sal staan ... Ek sal staan, jy kan maar lag, ek sal staan, stuur maar die nag, maar ek sal staan.” — dit laat my altyd dink hoe dikwels ons die tydelike verwar met die permanente. Die oomblikke waar negatiewe emosies ons oorrompel, verval ons in woorde soos “altyd”, “alles” en “almal” asof dit enigsins realiteit is. Ons neem baiemaal besluite uit vrees vir iets wat moontlik kan gebeur in plaas van, soos Wiz Khalifa dit stel, — Never make permanent decisions on temporary feelings. Wat dit eintlik sê, moenie dat tydelike emosies (reaksies) dit wat mooi en goed, liefde en vrede is, versper nie.
In die maand waarin ons gesels oor HAPPINESS staan ons eerskomende Sondag stil by die verband tussen SERENITY & HAPPINESS. Meer as ooit het die mens ʼn helderheid van verstand en ʼn kalmte van hart nodig, en dis wat die woord ‘serenity’ beteken. Aan die eenkant sê ons, moenie permanente besluite neem in ʼn tydelike storm nie – maar vergeet dat ook dít is ʼn keuse. HAPPINESS ʼn keuse. Nee, ons kan nie altyd kies wat gebeur nie maar ons kan kies hoe ons daarop reageer. Kom ons gesels eerskomende Sondag in ons Wysheidsirkel oor – Finding Serenity in a Season of StressHoe kan helderheid van verstand en kalmte van hart help om ʼn brug te bou tussen wat is en hoe ons graag wil hê dit moet wees?
Daar is geen waarborge of beloftes om ʼn situasie van spanning met die klap van ʼn middelvinger op ʼn duim te verander in Valhalla (paradys) nie maar daar is ʼn paar praktiese wenke om ons te inspireer en motiveer om anders te dink oor dit wat ons roof van die gevoel van vrede, vreugde, om gelukkig te wees. Al wat dit vra, is ʼn bereidwilligheid om vir ʼn oomblik stil te staan sonder om alewig iets te móét doen, en net vir oomblik (of twee) te asem ... breathing the beauty of a choice that happiness remains within our reach.
Serenity is a choice. Al wat dit vra, is om bewus te wees van ʼn groter perspektief om goed in konteks te sien en sodoende ons gedagtes te kultiveer dat vandag se seer en spanning is die begin van ʼn transformasie en metamorfose, ʼn wedergeboorte wat ons ganse omstandighede inkleur met die Lig van liefde, blydskap en ʼn sin van vrede en oorvloed.
Elizabeth Kübler-Ross (skrywer van menigte top-verkoper boeke oor bereavement counselling) skryf in een van haar bekendste boeke, ‘Life Lessons’ die volgende --
“Life hands us lessons, universal truths teaching us the basics about love, fear, time, power, loss, happiness, relationships and authenticity. We are not unhappy today because of the complexities of life. We are unhappy because we miss its underlying simplicities. When we face the worst that can happen in any situation we grow. When circumstances are at their worst, we can find our best. When we find the true meaning of these lessons, we also find happy meaningful lives. Not perfect, but authentic. You undoubtedly have faults, but they are not you. You may have a disease, but you are not your diagnosis. You may be rich, but you are not your credit rating. You are not your resume, your neighbourhood, your grades, your mistakes, your body, your roles or titles. All these things are not you because they are changeable. There is a part of you that is indefinable and changeless, that does not get lost or change with age, disease, or circumstances. There is an authenticity that you were born with, have lived with, and will die with. You are simply, and wonderfully, you.”
Dit is nie soetsappige woorde met ʼn soort van ‘feel-good’ stropie nie ... dit ís so dat ons kan kies of ons omstandighede ons beheer en regeer, en of ons ʼn conscious besluit ons meer bewus kan maak van wat gebeur het, lê in die verledetyd en dit is onnodig om daardie skuldgevoel die hele tyd saam te dra oor wat kon gewees het asook die vrees dat in die toekoms kan dieselfde weer gebeur. Sodoende besef (besluit) ons dat die lewe beheer my nie soos ʼn slagoffers van omstandighede nie maar met die helderheid van verstand en kalmte van hart stap ons tree vir tree om weer onsself te vind. Byvoorbeeld — dis maklik om in negatiewe situasies ons slagoffer verhale uit te speel al het vandag se gebeure niks te doen met situasies in die verlede nie. Die eerste stap na serenity is om dit te (h)erken dat ons besig is om ʼn ou manuskrip uit te speel in ʼn nuwe situasie en om daarna te kyk sonder veroordeling en verwyte. Om te sê, “ek voel magteloos ... en weet nie of ek ‘kan’ nie” is ʼn truuk van die ego wat eintlik sê, “ek sál nie want ek wíl nie!” Moet dan nie kla as die gevoel van ongelukkigheid nog ʼn tydlank sluimer en struikel nie.
Daarom kan ons Sondag stilstaan by drie vrae: (1) Who do I give my power to, and am I willing to claim it back? (2) Do I judge my worth by the standards of other’s opinions or can I transcend judgements, old stories and cultural conditioning? (3) Am I willing to make the journey that could transform my life as I have known it?
Miskien is die grootste gawe van SERENITY die feit om te besef, ons is nie alleen nie. Dat ons slegs HAPPINESS ervaar waar ons dit deel. Kom ons kyk of ons in die belofte van Jesus, onsself herken ... “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Matteus 11:28-30)
>>>> DAAR IS GEEN ACIM EERSKOMENDE DONDERDAGAAND VANWEË LANGNAWEEK ... volgende Donderdag 27 Maart sluit ons die kwartaal af by Kolping en ons vat dié kwartaal se lesse saam.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Don't underestimate the power of humour and the ability to laugh at yourself to deliver peace and serenity.” ― Charles F. Glassman

Ons eers Algemene Vergadering van Neo-Spektrum as NPO vind plaas op 13 April 2014 direk na ons oggenddiens. Meer inligting daaroor word eersdaags gestuur. Almal is uiteraard welkom by die vergadering alhoewel volgens wet slegs lede stemreg het op die vergadering. Indien jy ʼn lid wil word van ons amptelike struktuur kan jy ʼn epos stuur aan Riaan Neethling wat die nodige vorms vir jou sal aanstuur — riaan.neethling@gmail.com 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights