Tema-Argief

10/07/2016
10 Julie 2016

Liturgie: 10_julie_2016 MES-aksie het laat weet dat die warm-goed wat hul tot dusver van ons ontvang het, maak meer as 50% van alles uit wat hul sover ontvang het vir hul Winterhoop Projek. BAIE BAIE dankie — ons doen dit nog tot einde Julie, bring gerus Sondae wat iemand ander se winter kan verwarm. Ons maak seker […]

03/07/2016
3 Julie 2016

Liturgie: 3_julie_2016 Soos ek laas Sondag staan en Paulus se bekende woorde lees aan die gemeente in Korinte, voel dit of elke lettergreep skielik betekenis kry. Vir ure daarna maal die woorde steeds deur my kop — “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie […]

26/06/2016
26 Junie 2016

Liturgie: 26_junie_2016 Net van ʼn handvol mense kan gesê word dat hy/sy werklik die geskiedenis van die mensdom verander het. Paulus is een van hulle. Wie was hierdie man wat 14 van die 27 boeke in die Nuwe Testament geskryf het? Wat was sy aspirasies, motivering, en oortuiging? Sy Hebreeuse naam was Sha’ul ha-Tarsi of soos ons […]

19/06/2016
19 Junie 2016

Liturgie: 19_junie_2016 Sedert my studentedae was daar by my ʼn fassinasie met die Evangelie van Johannes wat begin het toe ons ʼn hele aantal hoofstukke van dié boek moes leer as deel van Grieks en later die hele boek behandel het as deel van ons Nuwe Testament studies. Onder andere moes ons deur Rudolf Bultmann […]

12/06/2016
12 Junie 2016

Liturgie: 12_junie_2016 In ons gesprek oor vier karakters in die Bybel gaan ons eerskomende Sondag stilstaan by die lewe van Dawid. Wie was hierdie man en wat is die agtergrond en konteks van sy lewe? Hier is ʼn voorsmakie ... die tyd van Abraham is ± 2000BC; Moses is ± 1500BC en Dawid is ± 1000BC. […]

05/06/2016
5 Junie 2016

Liturgie: 5_junie_2016 Wie peuter met die lang en kort arm van tyd want hier is ons in die sesde maand van die jaar 2016? Ek het gedink met die Beer-poot in verbande sal dit ʼn week wees van tot verhaal kom en die stadiger pas gebruik om op te vang met my leeswerk, maar helaas […]

29/05/2016
29 Mei 2016

... en so mis ek toe laas Sondag die diens, êrens tussen 8 en 9 uur laat weet ek my dierbare pa vanuit die hospitaal dat hy die diens moet lei. ʼn Klein fratsongeluk met ʼn groot eina word ʼn geleentheid vir ʼn stampvol kapel om geseën te word met ʼn boodskap van hoop wat […]

15/05/2016
15 Mei 2016

Liturgie: 15_mei_2016 Ons gesels dié maand oor FROM GRIEF TO RELIEF — ʼn sinvolle verstaan van die ‘wonde’ wat ons dra oor die mense en dinge wat ons al moes groet hetsy aan die dood of aan die lewe. Hoeveel goed is daar wat ons glo ons het al verwerk en agter ons gesit maar kan nie verstaan […]

08/05/2016
8 Mei 2016

Liturgie: 15_mei_2016 Elke einde van die maand is daar ʼn intense “luister” wat die tema sal wees vir die volgende maand. Daar word gelees, fyn geluister na lirieke, notas maak oor iets op TV of YouTube en soms, iets wat iemand sê in ʼn gesprek. So word gedagtes versamel en dan gee dit geboorte aan iets nuut […]

01/05/2016
1 Mei 2016

FREEDOM DAY -- Laat ons nooit vergeet waar ons vandaan kom nie ... wat dit gekos het om ‘vryheid’ in hierdie mooi land van ons te hê. Die vryheid van keuse is ʼn voorreg wat ons al te dikwels vanselfsprekend aanvaar. Die vryheid om te kan woon waar ons wil, om te assosieer met wie ons […]

24/04/2016
24 April 2016

Liturgie: 24_april_2016 April is ʼn vreemde maand — nóg somer, nóg herfs wat geklits is in die voorwinter. Wanneer die seisoene verander, April se Herfs en September se Lente, kan ʼn mens aanvoel hoe mense die klits kwytraak ... verhoudinge skuur teen rotspunte, kommunikasie (of die gebrek daaraan) ruk die seile van ons bote, en goedbedoelde intensies […]

17/04/2016
17 April 2016

Vir baie mense is Herfs ʼn tyd van ontwrigting — interpersoonlike verhoudings verloor hul blare en die dae raak korter om deur die werkslading te kom. Met stremming en teensinnigheid word daar vasgehou aan die mooi herinneringe van die afgelope seisoen terwyl ons vermoeid die wintergoed uitpak asof die mens nie reg is om te […]

10/04/2016
10 April 2016

Hoe mooi is die lig van hierdie Herfsdae ... soggens talm die eerste lig vir bykans ʼn uur voor die son net voor 7 oor die Hottentots-Holland berge skuur en saans lanterfanter die goue skakerings van skemer teen Tafelberg en 12 Apostels voor die son oor die oseaan nagsê. Die jaargety van ougoud en roesrooi […]

27/03/2016
27 Maart 2016

Liturgie: 27_maart_2016 “The moon is a loyal companion. It never leaves. It's always there, watching, steadfast, knowing us in our light and dark moments, changing forever just as we do. Every day it's a different version of itself. Sometimes weak and wan, sometimes strong and full of light. The moon understands what it is to […]

20/03/2016
20 Maart 2016

Liturgie: 20_maart_2016 Die laaste paar dae krabbel ek ʼn paar gedagtes in my dagboek om idees te hengel vir vandag se epos — die uitkoms is nie altyd in ons hande nie, die uitsig is wel; as jy nie weet waarna jy soek nie gaan jy dit nooit vind nie; hoekom sê ons, “dit is moeilik” […]

13/03/2016
13 Maart 2016

Liturgie: 13_maart_2016 In die maand waar ons gesels oor OPPORTUNITIES is daar ʼn paar datums om ʼn sirkel om te trek -- 🌷 Eerskomende Saterdag 12 Maart 09h00-12h30 — Inleiding tot ACIM en tweede helfte gaan ons gesels oor agtergrond en verstaan van die Kabbalah [R150 pp] 👣 Donderdag 17 Maart 10h30 — besoek aan Attie van Wyk Laerskool waarby Neo-Spektrum aktief betrokke is. Skakel Lizanne Joubert lizannejoubert@yahoo.co.uk vir meer info. […]

06/03/2016
6 Maart 2016

​​​Sedert die begin van die jaar is dit opvallend hoe negatief ons sosiale media geraak het. Almal se emosies is op hol asof ons mekaar opsweep met agterdog en verdagmakery ter wille van ons eie vooroordele. Die Engelse het ʼn naam daarvoor — a rabble-rouser! Alles wat moontlik verkeerd kan loop, word onderstreep. In ʼn poging om van […]

28/02/2016
28 Februarie 2016

Liturgie: 28_februarie_2016 Henry David Thoreau — was ʼn Amerikaanse skrywer, digter, filosoof wat geleef het tussen 1817 en 1862. Mense soos Tolstoy, Gandhi en Zerzan was diep beïnvloed deur Thoreau. Sowat 20 jaar gelede het ʼn vriend ʼn boek in my hand gestop en gesê, “Lees dit!” en dit was die dagboek van Thoreau getitel ‘I to Myself’ en daar […]

21/02/2016
21 Februarie 2016

Liturgie: 21_februarie_2016 Vir die laaste paar weke vra ons vir onsself — wat staan geskryf op die padtekens wat jy los; waarheen lei ons voetstappe; hoe sal ons onthou word vir ons voetspore? As ek terugkyk op my lewe in al sy fasette en dimensies en waar ek nou is in my lewe en iemand sou my […]

14/02/2016
14 Februarie 2016

Liturgie: 14_februarie_2016 Waar kom die woorde vandaan wat ons praat? Waarheen gaan dit as dit klaar gesê is? Wat is dit aan woorde dat as jy die een hoor dan lag jy en ander dan frons jy? Woorde wat ʼn negatiewe konnotasie oproep en ander wat ʼn groot vet WOW om jou mondhoeke trek. Elke […]

07/02/2016
7 Februarie 2016

Hoe meer ek dink en lees oor die VOETSPORE van my eie en ander se lewe, hoe meer ek luister na die verhale van mense se VOETPAAIE hoe meer word ek bewus van die komposisies wat elkeen van ons skryf, hoe meer besef ek dat elkeen van ons is ʼn instrument in mekaar se orkes onder die begeleiding van […]

31/01/2016
31 Januarie 2016

Toe ek kind was en ons gery het van een dorp na ʼn ander, was daar sulke klein padtekens langs die pad wat gewoonlik ʼn reghoekige klip was wat wit gekalk (of dalk geverf) was waarop die afstand aangedui was na die volgende dorp. Daardie klein padteken het bekend gestaan as ʼn predikantjie ... nooit sou ek […]

24/01/2016
24 Januarie 2016

Laas Sondag het ons gesels oor Mozart se ‘voetspore’ en die herinnering dat ons almal is ʼn ‘AMADEUS’ (beloved of God) ... lees ek op die oomblik ʼn boek van Ernest Agyemang Yeboah, ‘Distinctive Footprints of Life’ waarin hy verskeie paaie verken om ons te begelei met die vraag — waarheen is jy op pad? Die res van die […]

17/01/2016
17 Januarie 2016

2016 — !! My beste en mooiste wense vir ʼn geseënde jaar. Terug in somer Kaapstad na ʼn kort ‘breek’ met ʼn hernude besef — dit is voorwaar ʼn voorreg om oorsee te kan reis. Om in ʼn klein dorpie in die Alpe te sit, omring met oorweldigende berge en asemrowende natuurskoon, is genoeg om […]

03/01/2016
3 Januarie 2016

Die jaar blaai om ... 2016 is voor die deur! Sjampanje is op die ys en ons is reg om af te tel. Elke nuwe jaar bring ʼn stukkie optimisme en dit maak nie saak hoe die afgelope jaar uitgespeel het nie daar is altyd ʼn stukkie hoop dat die jaar wat voorlê, gaan in […]

25/12/2015
25 en 27 Desember 2015

Kersfees, het steeds magiese krag ... dwarsoor die Westerse beskawing klop harte liggies-ligter in die Kersfeesseisoen. Toegeeflikheid en welwillendheid loop weer oor as ons persepsies en projeksies plek maak vir strikkies van milddadigheid. In die Kaap is die dae op sy langste en skemer luier vir ʼn uur of twee. Straatkafees skater van mense se […]

20/12/2015
20 Desember 2015

Ons tema vir dié maand is — CELEBRATION — ons het reeds gesels oor die Celebration of Commitment en Celebration of Compassion en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor die Celebration of COMMUNION. As daar een ding is wat Neo-Spektrum die laaste jaar keer op keer vir my onderstreep het, is dit ons gebondenheid; elkeen se aandeel aan ons ‘gemeenskap’; die verbintenis wat bestaan tussen mense wat […]

13/12/2015
13 Desember 2015

Desember is in volle swang, met al die binnelanders, op ons ... die bietjie paaie van Kaapstad loop oor en die toue rye by die kasregisters raak al hoe langer. “Ons gaan ‘kook’ dié Desember!” sê die eienaar van ʼn restaurant, “Die karre is dors!” sug die petroljoggie by ʼn vulstasie met ʼn plakkaat wat sê, “Unleaded SOLD OUT” – bid […]

06/12/2015
6 Desember 2015

ie jaar rol die laaste maand in ... die dae is gelaai met somer en oral word daar reggemaak vir die vakansie. Dié jaar het gegee en geneem, herinner en vergeet, verlang en onthou. As ek die jaar kan opsom in een woord is dit “GESEËND!” — inloop, oorloop, oorgenoeg. Oor bietjie meer as 3 […]

29/11/2015
29 November 2015

Waar ek grootgeword het, het ons ʼn telefoonlyn gedeel met ʼn paar mense. Elkeen het ʼn bepaalde luitoon gehad waarvoor jy moes uitluister ... byvoorbeeld, een korte en twee langes was vir die bure en drie kortes en twee langes was vir ons, behalwe natuurlik vir tante Kobie want sy het al die luie beskou […]

22/11/2015
22 November 2015

So baie het gebeur die afgelope week. Op ʼn vreemde manier het die gebeure in Beirut, Bagdad, en Parys ons diep geraak. Die mensdom se wonde, is ons wonde. Die slagoffers van geweld se vrae, is ons vrae — “Waarom word die vuur wat louter, gebruik om te verteer? Waarom word die vlam wat verlig, gebruik om te verbrand?” Refrein […]

15/11/2015
15 November 2015

Die vrae wat ons vra — hieroor gesels ons in November! Elke oomblik van die dag, ʼn duisend vrae. Sommige word in ʼn breukdeel van ʼn sekonde gemaak, “Wat sal ek aantrek? Is daar tyd vir ontbyt?” en ander so langsamerhand, “Sal ek ʼn ander pad vat werk toe ter wille van die verkeer? Sal ek alles gedoen kry […]

08/11/2015
8 November 2015

Ons tema dié maand is: LIVING THE ANSWERS en het laas week afgeskop met CHOICE, CHANGE, and CLARITY en eerskomende Sondag gaan ons die vrae verken wat intellektueel, emosioneel, en spiritueel ʼn verskil kan maak om anders te dink, anders te voel, en anders te reageer op dit wat ons lewe inkleur. Daar is volgens my net één belangrike vraag in die lewe en dit is […]

01/11/2015
1 November 2015

Op die drempel van November en die winkels het, tot my geïrriteerdheid, reeds kersversierings op en al wat nog moet volg is die geoemf-oemf ritme van kersfeesliedjies. Hierdie verregaande vergrype aan Kersfees staan my glad nie aan nie. Die vraag wat ek jaar na jaar vir myself vra, is hoe het dit gebeur dat die […]

25/10/2015
25 Oktober 2015

Ons gesels die maand oor — GOD USES ORDINARY PEOPLE IN EXTRAORDINARY WAYS — die wêreld is geskadu tussen wat gewoon en dit wat besonder/buitgewoon is en dit is ons keuse om te besluit watter een van die twee gaan ons kies. Shankar Vedanta verwoord dit mooi ... “Good people are not those who lack flaws, the brave are not those who […]

18/10/2015
18 Oktober 2015

Kom ons begin net eers met ʼn aankondiging en ʼn advertensie -- Die Spiritualiteit vir Kinders Werkswinkel wat eerskomende Saterdag aangebied sou word, word geskuif na ʼn latere datum omrede Kolping die volgende twee naweke nie beskikbaar is nie. Sodra ons ʼn datum van hulle het, sal daar epos uitgestuur word. Amanda Strydom in konsert: soos almal reeds […]

04/10/2015
4 Oktober 2015

Iets van alles ... Advertensie: Merk asseblief hierdie twee datums in jou dagboek -- 11 November 2015 (11/11 maklik om te onthou!) bring Neo-Spektrum vir AMANDA STRYDOM af Kaap toe vir ʼn heerlike konsert in die Durbanville Hoërskool Ouditorium. Dit is kos R150 pp en die kaartjies sal van eerskomende Sondag te koop wees by die Kapel. Ekself […]

27/09/2015
27 September 2015

Vir die laaste maand het ons gesels oor DIE MISTERIE VAN LEWE en reeds gesels oor -- ·        Die misterie van lewe in die algemeen en my lewe spesifiek. ·        Die misterie van geboorte en dood. ·        Die misterie van God se liefde en genade. En eerskomende Sondag gaan ons ons gesprek afsluit en gesels oor ... ·        Die misterie van […]

20/09/2015
20 September 2015

Baie keer het mense (veral my professore) al gevra, “Hoekom het jy Teologie gaan studeer?” Dikwels het ek gewonder of die Here nie dalk Geologie of Astrologie gesê het en ek net verkeerd gehoor het nie. Die eerlikste antwoord was natuurlik dat dit my nuuskierigheid en weetgierigheid was wat my gedryf het om Teologie te gaan swot. Ek wou weet van […]

13/09/2015
13 September 2015

Daar is heelwat misteries wat my eindeloos fassineer soos o.a. sien blinde mense in hul drome en wat doen kabels snags in ʼn kas want jy bêre dit mooi opgerol en as jy dit weer kry, is daar ʼn knoop in? Om nie te praat van die misterie in woorde nie soos byvoorbeeld, hoekom sink […]

06/09/2015
6 September 2015

Iemand het eenmaal gesê, as die maande wat met –ber eindig eers begin, is die jaar verby! Dit is September — die Seisoen van Hoop waar die aarde geboorte gee aan nuwe lewe in elke bloeisel wat die geloof en vertroue koester om die beste en mooiste van die aarde vir ons te oes. Ons sou kon […]

30/08/2015
30 Augustus 2015

Ons het grootgeword met Gesang 6 — “Heilig, heilig, heilig, Heer, God almagtig, groot is U troon, U is steeds met lof omring!” — om een of ander rede was die woorde net nooit sigbaar op die gemeente se gesigte nie ... met so teem stem stram almal deur die hoë note en as ons klaar is, […]

23/08/2015
23 Augustus 2015

Dit is moeilik om te glo dat ons 4 maande weg is van Kersfees ... mens wil vir jouself vra, “Hoe het dit gebeur, waar is die jaar heen?” Ons het ʼn goeie begrip oor die relatiwiteit van tyd maar goeie genugtig, kan dit net so klein bietjie stadiger as ons sing “hamba kahle” want met ʼn knipoog, een […]

16/08/2015
16 Augustus 2015

Ons is steeds besig met ons tema oor — ‘ONS SKEP ONS EIE REALITEIT’ — twee Sondae gelede sou ons verder gesels het oor die invloed van ons emosies op dit wat ons ervaar as realiteit maar ʼn pes van ʼn virus het ʼn ander ‘realiteit’ geskep ... eerskomende Sondag gaan ons egter die gesprek voortsit. Die […]

09/08/2015
9 Augustus 2015

Goeiemore -- Die vorige keer wat ek ʼn Sondagdiens gemis het omrede ek ‘siek’ is, was 19 September 2010 – twee dae na ʼn hartaanval en ʼn omlyningsoperasie die Saterdag. Dis net nie in my aard om in die bed te bly en verantwoordelikhede te mis omrede mens siek voel nie ... miskien het dit […]

02/08/2015
2 Augustus 2015

Soos ek sit en skryf, sak die sagte reën uit oor die stad as nog ʼn kouefront oor die Kaap skuif ... ons trek ʼn mus oor ons ore en knoop ʼn serp om die nek. Miskien is dit ʼn vreemde anomalie vir die meeste mense maar dié Beer hou van winter, altemit dalk getoor […]

26/07/2015
26 Julie 2015

Woensdae doen die asbliklorrie vroeg sy rondtes. Elke Woensdag word daar ʼn stukkie van my lewe weggegooi. Meestal plastiek (tot my skaamte) want dis waarin die meeste kossoorte en sap kom; baie papier, meestal gemorspos en spoedkaartjies (LOL); kos wat way-way-way-verby hul vervaldatum is want die ander gee ek vir my huishulp of die mans […]

19/07/2015
19 Julie 2015

Vandag is ʼn spesiale dag op my kalender ... nie net vir die deurleefde dankbaarheid om in die wonder van LEWE gebore te word nie, maar die agting en waardering vir twee ouers se liefde en ondersteuning vir meer as ʼn halwe eeu later. Vir iemand wat gebore is met nostalgie, trouens ek was 10 […]

12/07/2015
12 Julie 2015

Goeiemore — haal diep asem voor jy vandag se epos begin lees ... miskien is dit met die eerste lees so bietjie oorweldigend; miskien ʼn sin of twee te lank; dalk ietwat meer filosofies as prakties verteerbaar. Tóg is dit belangrik om dit te assimileer want die inhoud en betekenis kan moontlik jou hele lewe […]

05/07/2015
5 Julie 2015

Met die oog op ons Spiritualiteit Konferensie gaan ons in Julie gesels oor die tema — YOU CREATE YOUR OWN REALITY — wat is die rol van ons Spiritualiteit in die skep van ons realiteit en hoe gee dit tasbare inhoud en betekenis in ons verwesenliking? ‘A Course in Miracles’ leer ʼn belangrike beginsel deur te sê, ons […]

28/06/2015
28 Junie 2015

Wat ʼn wonderlike reis was dit sover die laaste maand in ons gesprekke oor ʼn BELYDENIS VAN GELOOF. Ons het reeds gesels oor — Belydenis is ʼn Verklaring; Belydenis is ʼn Getuienis; Belydenis is ʼn Oortuiging; en eerskomende Sondag sluit ons af en gaan gesels oor Belydenis is ʼn Bereidwilligheid. Vir te lank was ons opgesluit in die denkpatroon dat […]

21/06/2015
21 Junie 2015

Wanneer dit so koud en nat is en die Kaapse stormweer kletter teen my ruite, gaan my hart uit na ons mense op die Kaapse vlakte ... na elkeen wat vandag en elke aand in ʼn sinkdak huis probeer om hitte te skep met ʼn vuur en die min wat hulle het probeer beskerm teen […]

1 7 8 9 10 11 13

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights