Tema-Argief

06/08/2017
6 Augustus 2017

🌷 Net ʼn paar dae voor ons ‘Interfaith’ Spiritualiteit Konferensie op 5 Augustus! Bespreek asb by --lourita@mweb.co.za of 071.579.45.39 --🌹 Ek sit en luister na ʼn onderhoud met die bekende akteur, Ramón Estévez — met meer as 100 films en handevol TV-reekse agter sy naam — gesels hy oor sy spiritualiteit en veral oor sy ‘sense of community’ wat my op ʼn innige manier raak […]

30/07/2017
30 Julie 2017

🌷 Groot asseblief — bespreek vir ons ‘Interfaith’ Spiritualiteit Konferensie op 5 Augustus by --lourita@mweb.co.za of by 071.579.45.39 — bring asseblief vriende en familie saam! 🌹 Ons het die maand gesels oor — VERSNELLERS VAN BEWUSSYN -- en begin met intuïsie, wat vloei na intensie, wat vloei na inspirasie, wat vloei na integrasie ... en eerskomende Sondag sluit ons af met INTROSPEKSIE < waarna dit weer […]

23/07/2017
23 Julie 2017

“The Bushmen in the Kalahari Desert talk about the two ‘hungers’. There is the Great Hunger and there is the Little Hunger. The Little Hunger wants food for the belly; but the Great Hunger, the greatest hunger of all, is the hunger for meaning ... There is ultimately only one thing that makes human beings […]

16/07/2017
16 Julie 2017

🌺 Omrede komende naweek my verjaarsdag is, nooi ek almal om Sondag na die diens saam te ‘koek en tee’ om dankie te sê op ʼn gepaste manier. Sal lekker wees om jul daar te sien! Ons tema die maand gaan oor — VERSNELLERS VAN BEWUSSYN -- en het afgeskop met ʼn gesprek oor INTUÏSIE(die stem van die siel), […]

09/07/2017
9 Julie 2017

Ons tema vir die maand is — VERSNELLERS VAN DIE BEWUSSYN -- en laas Sondag het ons gesels oor INTUÏSIEen eerskomende Sondag praat ons oor INTENSIE. Teen die agtergrond van Juniemaand se gesprek oor ‘PURPOSE’ is dit duidelik dat intensie een van die leivore is na ons purpose, calling, meaningfulness! In die Spirituele Psigoterapie is die vraag oor INTENSIES een van die belangrikste vrae want […]

02/07/2017
2 Julie 2017

ʼn Week gelede het Antjie Krog die Hertzogprys vir haar bundel ‘Mede-Wete’ ontvang. In haar toespraak tydens die ontvangs daarvan sê sy, “My grootste dankie gaan egter aan die poësieliefhebbers in Afrikaans, of hulle self ook skryf, pryse toeken of onderrig gee, of net ʼn gedig lees en vir ʼn oomblik hulle oë toemaak asof hulle iets […]

25/06/2017
25 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 25_Junie_2017 Ons sluit eerskomende Sondag af met ons tema — A SENSE OF PURPOSE — en gaan die maand se gesprekke saamvat oor die verskil tussen ‘goal’ en ‘purpose’ om ʼn skuif te maak van kop na hart, van ego na siel, van vorm na inhoud, van beroep na roeping. Daar is ʼn wonderlike artikel van Zdravko Cvijetic oor “13 […]

18/06/2017
18 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 18_Junie_2017 Ons gesels hierdie maand oor die tema — A SENSE OF PURPOSE -- en het reeds verskeie antwoorde verken rondom die daaropvolgende vrae: What is your sense of calling and your sense of meaningfulness? Dit vra nie hoe oud jy is nie, wat jy al bereik het in jou lewe, wat jou ambisie of verhale van sukses is nie, […]

11/06/2017
11 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 11_Junie_2017 “What are you gonna be when you grow up?” asked Jenny. “Am I not going to be me?” replied Forrest Gump. Daar is seker nie een van ons wat nog nie die film Forrest Gump gesien het nie. Die ‘veer’ aan die begin en einde van die film wat ons herinner aan ʼn lewe wat […]

04/06/2017
4 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 4_junie_2017 Drie mans staan met bakstene en sement besig om te bou. ʼn Vreemdeling kom verby en vra vir die eerste een, “Wat doen jy?” Hy antwoord, “Ek is ʼn bouer, kan jy nie sien nie?” Die tweede een sê, “Ek verdien my brood en botter.”Waarop die derde een antwoord, “Ek bou ʼn kerk.” Wie van die drie […]

28/05/2017
28 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 28_mei_2017 Werkswinkel: Geskiedenis van die Bybel volgende Saterdag è 9am-1pm ... die Nuwe Testament — van Jesus tot Konstantyn 325AC. Bevestig asseblief by my ter wille van getalle en hoeveelheid afrol-werk. Om een of ander rede is ek diep geraak deur Chris Cornell se dood die laaste week. Hy was die lead-singer van die groep “Soundgarden” wat […]

21/05/2017
21 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 21_mei_2017 Werkswinkel: Geskiedenis van die Bybel die volgende twee Saterdae è 9am-1pm ... eerskomende Saterdag doen ons die Ou Testament: van Abraham tot Jesus. Bevestig asseblief by my ter wille van getalle en hoeveelheid afrol-werk. Emosies is ʼn snaakse ding ... veral waar geloof en emosies meng. Ons het reeds gesels oor die feit dat […]

07/05/2017
7 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 7_mei_2017 ʼn Nuwe maand — met ʼn innige verlange na ʼn nuwe seisoen. Nie net vir die Herfs én vir reën nie, maar ook aan die binnekant ... a reset, a gear-change, a reboot, a change of mind, a remind to remember to react differently. Asof dié klein foton op dié blou ghoen waarop ons woon, êrens tussen die dae […]

30/04/2017
30 April 2017

Paasfees 2017 — die laaste vier weke het ons stilgestaan by die gebeure voor, tydens, en na Jesus se kruisiging. Ons het aan die hand van Johannes Evangelie die simbole en metaforiese taal ontsyfer en die mistieke betekenis ontsluit sodat die inhoud en betekenis van hierdie verhaal vandag steeds relevant is vir ons spiritualiteit. Ons sluit […]

23/04/2017
23 April 2017

Hierdie week se liturgie: 23_april_2017 Paasfees 2017 het gekom en gegaan, maar die betekenis is nog lank nie verby nie. Trouens, dis my beskeie oortuiging dat die invloed tot aan die einde van ons planeet se bestaan gevier en onthou sal word. Daar is by my geen twyfel dat die skrywer van Johannes Evangelie die hele […]

16/04/2017
16 April 2017

Hierdie week se liturgie: 16_april_2017 Paasnaweek 2017 ... is geen rede of verskoning om as net nóg ʼn langnaweek ongesiens verby te gaan nie. Dit verdien meer. Dit maak aanspraak op ons toewyding en oortuiging. Dit vra ʼn oomblik se stilte, ʼn asemteug in verwondering oor die membraan tussen lewe en dood. Dit staan stil by […]

09/04/2017
9 April 2017

Hierdie week se liturgie: 9_april_2017 “The dual substance of Christ-the yearning, so human, so superhuman, of man to attain to God, or more exactly, to return to God and identify himself with him, has always been a deep inscrutable mystery to me.  This nostalgia for God, at once so mysterious and so real, has opened […]

02/04/2017
2 April 2017

Liturgie: 2_april_2017 Met die oog op Paasfees gaan ons die vyf Sondae in April stilstaan by die inhoud en betekenis van die Paasgebeure onder die tema -- MEANINGFULNESS — en aan die hand van John Shelby Spong se boek The Fourth Gospel: Tales of a Jewish Mystic, oor die volgende onderwerpe te gesels: Gebed van Getsemane: Van verwydering na versoening […]

26/03/2017
26 Maart 2017

Liturgie: 26_maart_2017 Weet nie van jou nie maar ek is op van die hitte en bid vir winter en dat dit 11 weke en 5 dae lank sal reën. Nie net ons damme en leivore smag daarna nie, maar selfs die Berg en elke wingerd, elke dassie en tortelduif roep daarna. Dié tyd van ons […]

19/03/2017
19 Maart 2017

Liturgie: 19_maart_2017 Ons is in die Lydenstyd van die Kerklike jaar. Elke jaar, vir 46 dae, staan die Christenkerk stil by die herdenking van Jesus se lyding, sterwe, en ‘opstanding’ as ʼn tyd van introspeksie, oordenking, en toewyding. Ons probeer vir onsself die inhoud en betekenis van hierdie gebeure, 2000 jaar gelede, te verwoord om […]

12/03/2017
12 Maart 2017

Ons gesels hierdie maand oor die vraag — WAAROM NOEM ONS ONSSELF CHRISTENE? Eerskomende Sondag gaan Dr Rudi Labuschagne die gesprek lei rondom die begrip Christ-Consciousness en waarom dit nodig is om in vandag se tyd buite die beperkte definisie van ‘Christenskap’ te dink en te leef. As Paulus, en ander Bybelskrywers, verwys na “soos Christus” dan gaan dit veeleerder oor […]

05/03/2017
5 Maart 2017

Liturgie: 5_maart_2017 Ons het laas maand gesels oor LUISTER en ek het gewonder, sal ons Maart gebruik om ʼn gesprek te hê oor WAAROM NOEM ONS ONSSELF CHRISTENE? Ons het grootgeword met die vermaning dat om net te sê jy is ʼn Christen, beteken niks nie. Jy moet ʼn persoonlike getuienis hê dat jy Jesus “aangeneem het as jou persoonlike […]

26/02/2017
26 Februarie 2017

Skrywers is towenaars! Hulle hengel gedagtes met letters en woorde en drup dit met ink op papier. Met die lees daarvan vind iets plaas tussen kop en hart en in uitsonderlike gevalle tussen hart en siel. Fiksie is selde my gunsteling leesstof behalwe as ek daarmee vereenselwig — soos Paulo Coelho se ‘By the river Piedra […]

19/02/2017
19 Februarie 2017

Liturgie: 19_februarie_2017 Evelyn Glennie is gebore in 1965 in Skotland. Haar pa was ʼn trekklavierspeler in ʼn groep op die dorp wat gereeld bymekaar gekom het om tradisionele musiek te speel. Hy het haar as ʼn klein dogtertjie geleer om mondfluitjie en klarinet te speel. Haar liefde en belangstelling in musiek sou haar vat na […]

12/02/2017
12 Februarie 2017

Liturgie: 12_februarie_2017 WERKSWINKEL OOR VERHOUDINGE: Saterdag 18 Feb 9am-1pm bespreek asap by lourita@mweb.co.za Elke Sondag om 10 uur, kom ons bymekaar in die Kapel. Ons sit in sirkels, almal dieselfde hoogte ... geen hiërargie en niemand meer belangrik as die ander. Ons begin met stilte en luister na mooi musiek. Ons deel stories; ons verskil soms […]

05/02/2017
5 Februarie 2017

Liturgie: 5_februarie_2017 Baie mense sal dink dat my werk is om te ‘praat’ — I talk for a living — maar eintlik is my wêreld ʼn leefruimte van ‘luister’ ... na mense se stories, hul vreugdes en verdriet, hul drome en teleurstellings, hul twyfel en optimisme, hul verlore en gevind ... en wanneer hierdie stemme […]

29/01/2017
29 Januarie 2017

Liturgie: 29_januarie_2017 Ons sluit die maand se tema oor die gedigte as wysheidsliteratuur in die Bybel af met ʼn gesprek oor die digbundel wat in Hebreeus bekendstaan as ‘Kohelet’ wat letterlik vertaal kan word met — ‘die een wat sinne bymekaarmaak’ of te wel: prediker of openbare spreker. Die Amerikaanse skrywer, Thomas Wolfe wat in die begin […]

22/01/2017
22 Januarie 2017

Liturgie: 22_januarie_2017 Soos laas week gesê, kan Job opgesom word as ‘Hearing the Breath of God’ en Psalms as ‘Answering the Breath of God’ en die ‘Lied van Liedere’ (Hooglied) as ‘Breathing the Breath of God’ ... dan is die boek spreuke, ‘Acknowledge the Breath of God’ — waarvan die Hebreeuse woord ‘Michlê’ meer is as net die woord ‘Spreuke’ want dit is […]

15/01/2017
15 Januarie 2017

Liturgie: 15_januarie_2017 Ons gesels in Januarie oor poësie in die Bybel en het reeds na die aangrypende boek Job (God se gesprek met die mens) en laas Sondag na Psalms (die mens se antwoord op God) gekyk en eerskomende Sondag gaan ons blaai deur die boek ‘Hooglied’ of soos dit in Hebreeuse Bybel bekendstaan as ‘Lied van Liedere’ [shir […]

08/01/2017
8 Januarie 2017

Liturgie: 8_januarie_2017 Die advertensie guru, David Ogilvy het gesê: “Talent, I believe, is most likely to be found among nonconformists, dissenters, and rebels.” Dawid, Plato, Joan of Arc, Mozart, Beethoven, Churchill, Robin Williams, Jim Carey, Robert Downey, Jr. en vele ander — extraordinary people that some might call, have mental problems but they managed to allow […]

01/01/2017
1 Januarie 2017

Liturgie: 1_januarie_2017 David Bowie, Prince, Leonard Cohen, George Michael ... net vier van die baie name in die musiekindustrie wat ons dié jaar verloor het. Name waarmee ons grootgeword het, wie se musiek ons goed ken. Name wat ʼn hele generasie se musikale talent verteenwoordig het. Is daar iemand wat nie in die 80s ook […]

25/12/2016
25 Desember 2016

Liturgie: 25_desember_2016 ... die jaar is verby en Sondag vier ons Kersfees op die laaste Sondag van 2016. Dit voel soos gister toe ons die jaar begin het met Mozart en die herinnering dat ons almal ʼn Amadeus (Beloved of God) is. Ons het die jaar begin met footprint, footsteps, and footpaths en gevra, “Waarheen is jy […]

18/12/2016
18 Desember 2016

Liturgie: 18_desember_2016 Alan Watts was ʼn Britse filosoof en skrywer wat op ʼn unieke wyse dit reggekry het om die Oosterse filosofie verstaanbaar te maak vir ʼn Westerse gehoor. In een van sy mees bekende toesprake sê hy die volgende — “What do you desire? What makes you itch? What sort of a situation would you […]

04/12/2016
4 Desember 2016

Liturgie: 4_desember_2016 Die laaste maand van 2016 — hoe sal ons dié jaar opsom? Of dit halfleeg of halfvol is, het dit soos elke ander jaar gependel tussen ontmoet en groet, tussen hallo en koebaai, tussen vreugde en spanning ... maak nie saak wat die jaar vir jou gegee en beteken het nie, een ding […]

01/12/2016
11 Desember 2016

As ʼn mens die kapel instap is daar ʼn pragtige ‘Afrika’ Madonna-met-kind wat die simbool van Maria en Jesus is. Met Kersfees vier ons die geboorte van Jesus en daarmee saam ons eie ‘wedergeboorte’ — maar wie was die jong meisie met die naam Maria wat die moeder van Jesus sou word? As sy vandag […]

27/11/2016
27 November 2016

Liturgie: 27_november_2016 Soos ʼn plaat wat vashaak, is daar ʼn paar onderwerpe wat hulself oor en oor vir my herhaal ... die belangrikheid van stiltetyd, die dissipline van gebed, die waarde van dankbaarheid, die meriete van vergiffenis, die sin van geloof, die betekenis van hoop, die kwaliteit van liefde. Miskien hakkel ek met dié temas […]

20/11/2016
20 November 2016

Liturgie: 20_november_2016 Verstommend hoeveel in een week kan gebeur wat die onderwerp van elke gesprek in ʼn ander rigting stuur — Trump word president van VSA en Molefe word MD van ʼn shebeen in Saxonworld; die Springbokke verloor (wéér) en die Proteas gee die Kangeroes die loesing van hul lewe; Zuma vra parlement dat hy […]

06/11/2016
6 November 2016

Liturgie: Stel jouself voor — vir die volgende week is die koerantopskrifte: Ons dank God vir elke dokter en verpleegpersoneel wat die laaste week 87 431 mense wêreldwyd die hoop van genesing vir kanker gegee het! Of die nuusberigte wat begin met: Die afgelope maand het 7482 mense wat honger gaan slaap kos gekry deur vrywillige instansies! Stel jou ʼn […]

30/10/2016
30 Oktober 2016

“Rome was not built in a day” lui die spreekwoord ... met die intrapslag by die Piazza del Popolo wat die ou poort in die Noorde van Rome was, besef jy dat hierdie stad, wat bekend staan as ‘The Eternal City’, sy naam te danke het aan ʼn millennia van geslagte. Oral staan daar Egiptiese obeliske […]

13/10/2016
13 November 2016

Liturgie: 13_november_2016 Toe ons kinders was, het ons ouers vir ons klere gekoop wat te groot is en gesê, “Jy sal in dit groei” — die tyd wat dit gevat het om ‘in dit te groei’ was gewoonlik veel langer as die rukkie wat dit wel gepas het soos dit moet omdat kinders net só […]

02/10/2016
2 Oktober 2016

“Every person needs to take one day away.  A day in which one consciously separates the past from the future.  Jobs, family, employers, and friends can exist one day without any one of us, and if our egos permit us to confess, they could exist eternally in our absence.  Each person deserves a day away […]

25/09/2016
25 September 2016

Liturgie: 25_september_2016 Vir ʼn maand reeds gesels ons oor LENTE as die seisoen van TRANSFORMASIE en het ons etlike beginsels bespreek wat hierdie vernuwing/verandering in gedagtes (emosies) en hart (gevoelens) behels en dit op ʼn eenvoudige manier gedoen sodat ons dit prakties ook aan ons kinders en kleinkinders kan oordra. Ons het gekyk na die betekenis van […]

18/09/2016
18 September 2016

Liturgie: 18_september_2016 Kom ons begin vandag met ʼn storie -- “Once upon a time there was a snowflake. Its name was Sara. Sara the Snowflake had a brother named Sam. Sam the Snowflake. Sara and Sam both lived a good life — but they feared for the day that they would die, melting away into the […]

11/09/2016
11 September 2016

Liturgie: 11_september_2016 George Gurdjieff (1866-1949) — mystic, philosopher, spiritual teacher, and composer — na ʼn uitgebreide reis deur Asië skryf hy in een van sy dokumente dat die mensdom in ʼn onsekere fase van ontwikkeling is en dat die “wysheid” van die Ooste en die “energie” van die Weste met mekaar versoen moet word. Hy […]

04/09/2016
4 September 2016

September — die seisoen van transformasie en vernuwing in die verandering van seisoene — die sakrament van Lente waarna Frances Burnett verwys in haar boek ‘The Secret Garden’ as sy vra, “Is the spring coming?” he said. “What is it like?”... “It is the sun shining on the rain and the rain falling on the sunshine...” — […]

28/08/2016
28 Augustus 2016

Liturgie: 28_augustus_2016 Breyten skryf êrens, “Kom ons praat oor dit wat ons nie sê nie en noem dit verswygings” — vir ʼn maand lank gesels ons oor — GESPREKKE MET MYSELF — en het ons al stil gestaan by verskillende aspekte van hierdie interne dialoog. Eerskomende Sondag sluit ons die gesprek af en gaan gesels oor alles wat ons nie sê […]

21/08/2016
21 Augustus 2016

Liturgie: In die maand wat ons gesels oor — CONVERSATIONS WITH MYSELF — gaan ons Sondag gesels oor GESPREKKE OOR GOD. Daar is by my geen twyfel dat almal van ons meer as dikwels besig is met ʼn interne dialoog wat vra: bestaan God, wie is God, waar is God, hoe is God betrokke in my lewe? Vir […]

14/08/2016
14 Augustus 2016

Liturgie: 14_augustus_2016 ​​Laat ons praat oor dit wat ons nie sê nie ... Vroegoggend is daar altyd musiek in my huis. Elke dag moet begin met die mooi, en omdat ek nie ʼn oggend-mens is nie is dit belangrik om die eerste lig vir ʼn rukkie langer te hou tot dit gemaklik asem in alles […]

07/08/2016
7 Augustus 2016

Liturgie: 7_augustus_2016 Stemdag in Suid Afrika. Miljoene mense sal vandag hul demokratiese reg uitoefen deur in ʼn tou te gaan staan en ʼn kruisie te maak agter ʼn naam wat hul voel sal ʼn verskil maak in ons dag-tot-dag lewe. ʼn Voorreg waarvoor bloed gestort is om vir alle mense in dié land hierdie basiese […]

31/07/2016
31 Julie 2016

Liturgie: 31_julie_2016 Ons het dié maand gesels oor LIEFDE IS ‘N WERKWOORD — en verskillende aspekte verken oor wat liefde beteken, hoe dit manifesteer waar ons liefde kies bo vrees. Uit verskillende hoeke het ons mekaar herinner dat God is LIEFDE en daarom gaan ons eerskomende Sondag afsluit met GOD IS ‘N WERKWOORD en spesifiek stilstaan by dié Liefde […]

24/07/2016
24 Julie 2016

Liturgie: 24_julie_2016 Vroegoggend met die eerste winterlig staan ek op die stoep en kyk oor die bewolkte stadsligte. Elke liggie het ʼn mensestorie met ʼn hele verhaal van drome, wense, hoop, liefde, seer, en bang. Kollektief dra ons mekaar se stories, mekaar se verdriet, mekaar se lag en saam dans ons die lewensdans met oorgawe […]

17/07/2016
17 Julie 2016

Niks in die lewe is toeval nie, en die beste is verniet ... Dit leer ek al hoe meer soos die jare sy grys om my ore wys. Nog ʼn lewensjaar blaai in seisoene en soos altyd rondom jarigwording is daar ʼn tyd vir stilte en nabetragting. ʼn Soort van tyd vir dankbaarheid en waardering […]

1 6 7 8 9 10 13

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights