Tema-Argief

19/05/2013
19 Mei 2013

Hierdie week se liturgie: 19_mei_2013 Die rede waarom ʼn hond so vriendelike liefdevolle dier is, is omdat hy sy stert swaai en nie sy tong nie! Ons blaai hierdie maand deur die brief van Jakobus en nêrens word daar meer klem gelê om dit wat ons met die tong doen as juis in hierdie boek […]

12/05/2013
12 Mei 2013

Hierdie week se liturgie: 12_mei_2013 Ons gesels Mei-maand oor die boek Jakobus ...  Ons lees in die Nuwe Testament van vier mense genaamd Jakobus: ·         Jakobus, die broer van Johannes — seun van Sebedeus en Salóme. Vader Sebedeus was ʼn visser van Galilea en moeder Salóme was ook een van die vroue by die kruis […]

05/05/2013
5 Mei 2013

Goeiemore — so op ʼn vakansiedag vir ons land se miljoene werkers, is dit ook vir elkeen van ons ʼn dag waarop ons dankie sê vir ons werk, en dat ons nie net werk om ons verpligtinge na te kom nie maar ook vir werk om ʼn bydrae te maak. Ons sê dankie vir ons […]

28/04/2013
28 April 2013

Hierdie week se liturgie: 28_april_2013 Ons het die laaste paar weke geluister en gesels oor bekende musiek. Eers Leonard Cohen se “Hallelujah” en toe U2 se “I still haven’t found what I’m looking for” en laas Sondag John Lennon se “Imagine” ... elkeen in lae geskil om by ʼn interpretasie uit te kom wat vandag relevant is met die hoop dat […]

21/04/2013
21 April 2013

Hierdie week se liturgie: 21_april_2013 So met ʼn voorsmakie van die winter is dit my seisoen van kreatiwiteit. In die winter dink ek op my beste, of dink ek weer vir ʼn slag. J Ons gesels hierdie maand oor bekende songs wat ʼn diepere betekenis het om miskien ons ore te fokus op wat digters, skrywers, en musikante vir […]

14/04/2013
14 April 2013

Hierdie week se liturgie: 14_april_2013 Ons het laas Sondag lekker saamgeëet nadat ons gesels het oor Leonard Cohen se bekende “Hallelujah” en eerskomende Sondag gaan ons U2 se “I still haven’t found what I’m looking for” bespreek. Miskien is dit net ek, maar party liedere roer elke sel in my liggaam. My water word geroer deur ʼn melodie wat eenvoudig maar […]

07/04/2013
7 April 2013

Hierdie week se liturgie: 7_april_2013 Vandag se vonkpos is 'n eerste vir my ... ons kuier vir die week by my sus hulle in George en ek skryf 'n epos op 'n iPad skerm en hoop dat die plan om dit aan almal gestuur te kry, sal werk. Week na week stuur ons 'n brief om […]

31/03/2013
31 Maart 2013

Vir die eerste keer in meer as 800 jaar het ons ʼn maand met 5 Vrydae, 5 Saterdae en 5 Sondae. Die seisoene verander en dis volmaan vanaand en getrou aan die maan-kalender, vier ons Goeie Vrydag op die eerste Vrydag na die eerste volmaan na die Noordelike Halfrond se Lente dag-en-nag-ewening (equinox) wat 21 Maart is. […]

24/03/2013
24 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 24_maart_2013 Ek sit vanoggend by ʼn wonderlike vriend, en my haarkapper, en hy sê dat hy besluit het om “self-haat” op te gee vir lent. Nie meer self-veroordeling; verkleinering; verwyt; of insecurities nie. “Dit is so bevrydend” voeg hy by. Soos hy knip-knip val my eie self-twyfel; persepsies; projeksies; en opinies oor myself op die grond. Gesnoei […]

17/03/2013
17 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 17_maart_2013 Met die eerste swart rook uit die koorsteen van die Sistine Chapel is daar ʼn oorwoë begeerte om nog in my leeftyd te sien dat tussen al die (ou) mans met hul rooi rokke sal daar vroue wees wat deelneem aan die verkiesing van iemand wat die kerk kan lei […]

10/03/2013
10 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 10_maart_2013 Soms lees mens ʼn vers wat al ʼn duisend keer gelees is en dan, op ʼn dag, lees mens dit weer en die lig gaan aan: Matteus 5:14-16 — “Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ’n […]

03/03/2013
3 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 3_maart_2013 curriculum_van_waardes Dit is opmerklik hoe dit later lig word en vroeër donker. Met die verandering in die lig is daar ook ʼn ander gewaarwording dat na die somer kom die herfs ... of soos NP van Wyk Louw skryf: “die laatmiddag het room geword.” Soos die seisoene om ons verander is daar […]

24/02/2013
24 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 24_februarie_2013 Daar is seker nie ʼn enkele persoon wat nie die laaste week geruk is deur die hele Oscar Pistorius gebeure nie. Om een of ander rede het dit ʼn diep wond tot op die been oopgekloof van ʼn nasie in die algemeen maar van Afrikaners in besonder. Dit gaan oor […]

17/02/2013
17 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 17_februarie_2013 Die laaste paar dae ry ek vroegoggend Simonstad se kant toe. Soos wat ʼn mens ry, is daar ʼn duisend gedagtes in jou kop. “Mooi kar. Hou van die kleur. Wonder hoeveel kos hulle? My kar moet gaan vir ʼn diens. Sal volgende week afspraak maak. Hier is êrens ʼn kamera? […]

10/02/2013
10 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 10_februarie_2013 Vir reeds jare lank beskou ek myself as ʼn mystic. Wat beteken dit; wat is ‘mistisisme’? Fr Richard Rohr gee ʼn mooi beskrywing: Mysticism is when God’s presence becomes experiential and undoubted for a person. A mystic doesn’t say “I believe.” They say “I know. Vir my, soos seker vir die meeste mense, […]

03/02/2013
3 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 3_februarie_2013 Aan die einde van die eerste maand staan ons vir ʼn oomblik stil om blaas-blaas uitasem die lied wat ons onsself voorgeneem het aan die begin van dié jaar te fluit. Die melodie is haas vervloë en die meeste van ons sing reeds ʼn ander deuntjie. Ons hou aan vra […]

27/01/2013
27 Januarie 2013

Hierdie week se liturgie: 27_januarie_2013 Iemand vra my gister “en hoe behandel die nuwe jaar jou?” en ek dink by myself, dit sal seker eers teen Maart inskop want tot nou toe voel dit nog erg baie soos 2012. Miskien voel dit so want dis wat ek dink en toe sommer vanoggend besluit: dis tyd vir ʼn change of mind! Ons praat […]

20/01/2013
20 Januarie 2013

Wat ʼn wonderlike voorreg vanoggend om die eerste opening van die splinternuwe Meridian Pinehurst Private School te kon doen. Hulle is deel van die Curro groep en so tussen die splinternuwe moderne geboue; nuwe grasperk; nuwe onderwysers; nuwe alles sit ʼn klomp kindergesiggies en vir eenkeer het die Graad 1s met Laer- en Hoërskool iets ingemeen: ons […]

13/01/2013
13 Januarie 2013

Hierdie week se liturgie: 13_januarie_2013 Die week wat verby is, was gelaai met uiteenlopende emosies om my seun te gaan aflaai. Daar was die spanning oor die rit vanaf Kaapstad na Bloemfontein en terug omdat ons paaie hierdie vakansie weereens bewys het hoe uiters gevaarlik dit op ons paaie is. Daar was die onsekerheid oor […]

06/01/2013
6 Januarie 2013

Hierdie week se liturgie: 6_januarie_2013 Voorspoedige 2013 vir elkeen van julle – Op die eerste dag van die eerste maand van ʼn nuwe jaar verjaar elke mens op dié planeet. Sal ons die nuwe jaar begin met nuwe voornemens maar, helaas, vir ou gewoontes? Hulle sê – ʼn optimis bly wakker tot middernag om die nuwe […]

30/12/2012
30 Desember 2012

en so loop die jaar haar laaste tree en kom sit ons om die laaste epos vir 2012 te skryf. Die week tussen Kersfees en Nuwe Jaar is altyd vir my ʼn week van stilte en nadenke oor die jaar wat verby is. Dit is ʼn week waarin ʼn mens jou seëninge tel en nie jou verdriet […]

23/12/2012
23 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 23_desember_2012 Daar is seker nie ʼn mens wat nie diep geraak is deur die gebeure van laas Vrydag in Connecticut (VSA) nie veral vir ons wat nog kinders op skool het. Die een vraag wat almal vra, is: “HOEKOM?” Roerend en bewoë lees Pres Barack Obama die name van elke kind uit, maar […]

16/12/2012
16 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 16_desember_2012 Gewoonlik is dit Woensdae maar dié week gaan die epos vandag uit want ek het pas die huis in gestap na ʼn heerlike week by my sus en swaer en hul kinders op George. Wat ʼn heerlike week van bederf in ʼn gedeelte van ons land wat om elke draai […]

09/12/2012
9 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 9_desember_2012 Die briljante skrywer Chesterton skyf in sy boek ‘Orthodoxy’ — One may understand the cosmos, but never the ego; the self is more distant than any star ... ons hoor deesdae baie die woorde ‘spiritualiteit en transformasie’ maar wat beteken dit? As ‘spiritualiteit’ besmoontlik verduidelik kan word as ‘authenticity’ en transformasie as ‘volwasse selfkennis’ dan het […]

02/12/2012
2 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 2_desember_2012 Vanoggend so net na 5am word ek wakker met ʼn dors en toe ek in kombuis staan en die eerste lig breek, het ek die skuifdeure oopgemaak en die koel oggendlig voel waai deur my huis. Dit was asemrowend mooi. So met die eerste koppie koffie het ek gesit en […]

25/11/2012
25 November 2012

Hierdie week se liturgie: 25_november_2012 Almal van ons droom, maar nie almal onthou hulle drome nie. Soms kan ʼn droom jou hele dag ontstig en soms onthou ons ons drome (goeie en slegte) vir weke, maande, of ʼn leeftyd. Ons droom in prentjies en metafore, simbole en argetipes en praat selfs van ‘nagmerries’ of verwys […]

18/11/2012
18 November 2012

Hierdie week se liturgie: 18_november_2012 Ons staan gisteraand by Adam Lambert se konsert en ek dink by myself, hier is iemand wat een van derduisende was wat vir American Idols ingeskryf het en hier staan hy met selfvertroue en energie (presence) en geseënd met die talent van ʼn formidabele stem (drie oktawe met gemak). Sou hy dit […]

11/11/2012
11 November 2012

Hierdie week se liturgie: 11_november_2012 So stadig maar seker lyk dit of somer uiteindelik gearriveer het. Dit son kom al hoe vroeër op en elke dag word dit later donker. Binnekort is dit Kersfees en dan Nuwe Jaar en gaan ons 2013 in met ʼn handvol voornemens en ʼn hart vol wense. Vir baie mense […]

04/11/2012
4 November 2012

Hierdie week se liturgie: 4_november_2012 Reeds vir ʼn maand gesels ons oor ʼn verhouding met onsself (hart, lyf, kop, siel), ons ewemens (kinders, ouers, vriende, werknemer/gewers en vreemdelinge) en met God (spiritualiteit, liefhê, vergiffenis, versoening, lewe). Laas Sondag het ons gepraat oor die (spesiale) verhouding tussen jou en die een met wie jy ʼn emosionele, intellektuele, finansiële, seksuele en spirituele band/pand deel. Baie […]

28/10/2012
28 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 28_oktober_2012 Ons gesels hierdie maand oor ‘die verhoudinge waarin ons staan’ en byname dan ons verhouding met onsself (hart, lyf, kop, siel), ons ewemens (kinders, ouers, vriende, werknemer/gewers en vreemdelinge) en met God (spiritualiteit, liefhê, vergiffenis, versoening, Lewe). Elke faset van ons lewe is ʼn verhouding, selfs met die struktuur, natuur en ons kultuur. Daar is egter één verhouding waarna […]

21/10/2012
21 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 21_oktober_2012 Ek is die laaste week aangegryp deur die verhaal van ʼn 14 jarige meisie in Pakistan wat geskiet is en uiters kritiek om haar lewe veg in ʼn hospitaal omdat sy vir iets staan, naamlik — “I have the right of education, I have the right to play. I have the […]

14/10/2012
14 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 14_oktober_2012 Eerstens, baie dankie vir laas Sondag! Na die lang winter met soveel reën en koue elke Sondag was dit heerlik om weer die kapel so vol mense te sien. Die hele atmosfeer is aanvoelbaar ‘anders’ as daar soveel mense is. Kom ons doen dit hierdie komende Sondag weer! Ons gesels hierdie maand […]

07/10/2012
7 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 7_oktober_2012 Vanoggend wonder ek, terwyl dit reën in die stad, of ek die verwarmers moet bêre en die warmkomberse moet afhaal want ek het so vermoede dit hou die winter hier! 😉 Dit is nou maar eenmaal die mens – solank as wat ons in die winter is, is dit winter […]

30/09/2012
30 September 2012

Hierdie week se liturgie: 30_september_2012 Miskien is die inleiding van vandag se epos ietwat langer as gewoonlik maar ek wil graag begin met ʼn aanhaling wat die essensie is vir eerskomende Sondag se gesprek – “There are many signs that God is a dead letter (if not actually dead), and one sign that he has […]

23/09/2012
23 September 2012

Hierdie week se liturgie: 23_september_2012 C S Lewis sê: “You don't have a soul. You are a Soul. You have a body.” — Vir die laaste maand verken ons die betekenis van die begrip SIEL en hoe ons dit vandag verstaan. In Genesis 2:7 staan daar (direk vertaal): “En Hy het geblaas in die neus, die asem van die lewe […]

16/09/2012
16 September 2012

Hierdie week se liturgie: 16_september_2012 Eerskomende Sondag is Neo-Spektrum ʼn jaar oud! Dit was ʼn jaar met baie seëninge en ondersteuning. Dit was ʼn jaar met insig en uitsig maar veral ʼn jaar met diep besinning oor die sinvolheid van ons spiritualiteit en beoefening daarvan. Elke Sondag was daar ʼn warm toegeneentheid in ons wysheidsirkel (ja, […]

09/09/2012
9 September 2012

Hierdie week se liturgie: 9_september_2012 Eerstens baie dankie vir laas Sondag, dit het ieder en elk na liggaam en siel gevoed. Soos Sheila Cussons in een van haar gedigte dit beskryf, “wanneer brood en speeksel meng, maak U verbasend sin” Ons gesels hierdie maand oor “DIE SIEL VAN DIE MENS” – Die Engelse woord ‘soul’ kom […]

02/09/2012
2 September 2012

Hierdie week se liturgie: 2_september_2012 So twee Sondae gelede, aan die einde van die gesprek, maak ek die opmerking “Ek glo nie meer nie ...” – skielik ontdooi almal en met verbasing (byna verbystering) word gevra: Wat glo jy nie meer nie? Bedoel jy soos in God? Jy is dan die leermeester, hoe kan jy sê jy […]

26/08/2012
26 Augustus 2012

Die winter het beslis dié jaar besluit om te oorwinter! Daar is TWEE stukkies goeie voor-lente nuus: 1. Van eerskomende Sondag is daar ʼn gasverwarmer in die kapel — koud kry kan dus buite bly ;-)) 2. Eerskomende Sondag lei Dr Rudi Labuschagne die diens vir ons. Hier is ʼn kort voorsmakie van waaroor die inhoud gaan: Volgens die […]

19/08/2012
19 Augustus 2012

Hierdie week se liturgie: 19_augustus_2012 Goeiemôre – Ons gesels hierdie maand oor die tema: Die God van gister is dieselfde God as vandag is dieselfde God van môre! Ons verstaan en belewing daarvan verander; ons verklaring en vertolking daarvan is anders as ʼn jaar of duisend gelede; ons insig en interpretasie daarvan is verryk deur die wetenskap, […]

12/08/2012
12 Augustus 2012

Hierdie week se liturgie: 12_augustus_2012 Die hele land is ʼn yskas terwyl jakkals elke dag met wolf trou in die Kaap – dan storm dit, dan reën dit terwyl die son skyn, dan wind-ruk-son-skyn-storm-reën dit net om die volgende oomblik te gaan lê asof niks gebeur het nie. Toe dit gister begin sneeu in Bloemfontein […]

05/08/2012
5 Augustus 2012

Hierdie week se liturgie: 5_augustus_2012 ʼn Nuwe maand, ʼn nuwe begin – Ons is in die middel van Olimpiese Spele en ek moet sê, ek is nie regtig ʼn TV persoon nie maar ek sit vasgenael voor die TV om te kyk hoe atlete van oor die hele wêreld met elegansie, krag en jare se […]

29/07/2012
29 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 29_julie_2012 Goeiemore, so in beseringstyd van Julie – Hulle sê: dit is een van die koudste winters in die Kaap in dekades. Ek weet nie van ander winters nie, al wat ek weet is dat ek kry koud en dis nie die koud was soseer pla nie maar dis die aanhoudend koud […]

22/07/2012
22 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 22_julie_2012 Eerstens, BAIE dankie vir al die goeie wense laas Sondag met my verjaarsdag. Elke epos, sms en boodskap is gebêre om my te herinner: ʼn mens is nooit alleen nie en dat ons hier is om lewe te ervaar en te beleef in die volheid daarvan. Soos alreeds gesê, gesels […]

15/07/2012
15 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 15_julie_2012 Kyk daar is son en blou! Die winter lê koud dié jaar soos die een front na die ander front ons vanuit die see bestorm. Die tweede helfte van die jaar lê in ons skoot. Tyd vir kaskar bou want die afdraande lê om die draai en as die reën […]

08/07/2012
8 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 8_julie_2012 Die woord “spiritualiteit” word deesdae om elke hoek en draai gebruik. Tydskrifte het artikels daaroor – elkeen uit ʼn ander hoek; dominees preek die tema tot ʼn eindelose refrein met die hoop om dit vir hulself te beantwoord; sit jy die draadloos aan praat iemand oor “geestelikheid” in ʼn poging […]

01/07/2012
1 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 1_julie_2012 ʼn Koue goeiemore, Na die reën van gister en die koue van die laaste week, gaan ʼn mens se hart uit na derduisende op die Kaapse Vlakte wie se enigste besittings onder water is en waar dit snerpend koud moet wees snags. Ek en seun bondel ou truie wat nie […]

24/06/2012
24 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 24_junie_2012 Laas Sondag het Dr Rudi Labuschagne gesels oor seker die (enigste) belangrikste vraag in ʼn mens se lewe: “Wie is ek?” — ʼn mens kan die vraag uit soveel verskillende hoeke beantwoord maar op die ou einde raak al die punte aan dieselfde lyn wat ʼn sirkel is om al […]

17/06/2012
17 Junie 2012

Dr Rudi Labuschagne gesels Sondag by Neo-Spektrum 10h00 Kolping Sentrum oor die volgende tema: Die antwoord is uit op een van die mens se knellendste vrae. Van die vroegste tye af is daar drie filosofiese vrae wat die mens mee worstel: Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Waarheen is ek op pad? Sondag bespreek ons die antwoord op […]

10/06/2012
10 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 10_junie_2012 Ek kry gister ʼn sms van my seun met ʼn YouTube skakel wat sê: “Pappa móét dit kyk!” en toe gaan kyk ek en ek kyk weer en nog ʼn keer  Die verwondering oor die beelde en die vervoering oor die inhoud (woorde) het sedert gister tot nou toe […]

03/06/2012
3 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 3_junie_2012 Ons stoom die helfte van die jaar binne – half leeg, half vol ... en terwyl ek hier sit en tik, speel Joni Mitchell se “Both sides now” in die agtergrond: Something's lost but something's gained in living every day.                     […]

27/05/2012
27 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 27_mei_2012 Dit is haas onmoontlik om te glo dit is alweer Woensdag. Die laaste ruk voel dit of elke week net Woensdae het want voor ek myself kon kry, is dit tyd om weer ʼn epos te stuur oor eerskomende Sondag se tema. Al die dae tussenin verdamp in dit wat […]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights