Filippense — Vreugde in Aksie

Potgooi:

 

“There are those who give with joy, and that joy is their reward... and from behind their eyes God smiles upon the earth.”
— Kahlil Gibran —

Ons staan hierdie maand stil by die roerende brief van Paulus aan Filippense en het begin met wat die Engels vertaal as — The Mind of Christ.

Uit ʼn Emosionele perspektief is dit die vermoë om te verstaan met begrip en te kan onderskei tussen reg en verkeer, wat sinvol en wat onsin is.

Dit is ʼn leefwyse wat ʼn gesindheid van liefde en vriendelikheid openbaar, wat die lens word waardeur ons na die wêreld kyk.

Vanuit ʼn Spirituele perspektief beteken dit om dieper te leef, meer bewustelik, oplettend, en aandagtig sodat ons Christus se teenwoordigheid altyd en oral sal ervaar.

Soos reeds gesê, vorm dit die hoeksteen van ons GELOOF want die brief aan Filippense gaan oor GELOOF in AKSIE.

Vandag kyk ons na die tweede aspek waaroor hierdie brief gaan, naamlik: VREUGDE in AKSIE.

Geloof en Vreugde gaan hand aan hand want albei vloei uit VERTROUE en DANKBAARHEID vir God se sorg en versorg, se gee en omgee, se liefde en genade.

Emosionele blydskap is daardie warmte, opgewondenheid, en innerlike lig wat ons ervaar wanneer ons harte belyn is met ons werklike doel op aarde, wanneer ons geliefd voel, en weet wat werklik waarde en betekenis het.

Spirituele vreugde is ʼn refleksie van ons verhouding met God. Dit is dieper as emosionele vreugde, en berus op die innerlike wete dat my lewe word in Liefde vasgehou, selfs as ek seer het.

“Dit het Ek vir julle gesê, sodat my blydskap in julle kan wees, en julle blydskap volkome kan wees.” — Johannes 15:11

Hierdie vreugde is bewus hoe God se teenwoordigheid by en om en IN ons is. Ons kan laat gaan aan alles waarvan ons so desperaat in beheer van wil wees om net weer te onthou dat VREUGDE is ʼn Vrug van die Gees … and not a mood.

Wat is die verskil tussen VREUGDE en om GELUKKIG te wees?
(Between JOY and HAPPINESS)

Daar is nie ʼn spanning tussen die twee nie, en dit is nie die een of die ander nie. Dit kan gelyktydig plaasvind maar is nie dieselfde nie.

Happiness kom van buite en hang van omstandighede af. Blydskap kom van binne en is “rooted in meaning and purpose” soos Brené Brown sê.

Happiness gaan oor wat lekker is en wat ons goed laat voel maar verdamp as dinge moeilik is of as ek nie my sin kry nie. Aan die anderkant kan daar steeds ʼn gevoel van vreugde in jou hart wees, selfs as dinge nie uitwerk soos dit moet nie.

Ons blydskap hang nie van omstandighede af nie maar van ons dankbaarheid, en is geanker in ons geloof en vrede wat standvastig en konstant is. Happiness daarenteen kom en gaan soos die winde van verandering en hang gewoonlik af van wat ons kry en wat ons doen. Vreugde word gevind in wie ons IS.

Happiness soek na opwinding en stimulasie en vermy enige vorm van teleurstelling of lyding. Vreugde word gebore in stilte en self-refleksie, en verdiep as ons weerloos en hartseer voel want vreugde kom uit die siel, terwyl happiness afhang van ons sintuie wat meestal ʼn reaksie is op iets wat gebeur het.

Vreugde is ʼn keuse, ʼn lewensingesteldheid, ʼn krag wat ons dra selfs al verdamp happiness soos ʼn druppel op ʼn warm sinkplaatdak.

Maar in ʼn samelewing waar die woord ‘HAPPY’ vir alles gebruik word, weet ons nie meer hoe om ʼn lewensvreugde te hê wat nie afhang van hoeveel geld jy het, of waar jy woon, en vakansies hou nie. Min mense kan vir jou sê wat vir hulle ʼn diep blydskap bring wat oorloop in ʼn dieper vreugde.

Daarbenewens is ons sosiale media daarop gerig om die “happy” oomblikke uit te lig en niemand wil hoor as iemand trietsig voel, of miskien so klein bietjie ongelukkig is nie. Alles moet fantasties wees, alles moet buitengewoon wonderlik wees — niks mag net gewoon wees nie!

ʼn Koppie koffie en beskuit in die bed; langs die see stap met sononder en stop as die son sy kop agter die horison dip want jy glo dis die oomblik wat ons die engele sien; jou kind bel net om te sê dat jy vir hom lief is; met jou lieverd dans op ʼn plankvloer wat kraak terwyl Julio Eglesias sing “Hey!”; of vir die petroljoggie ʼn vet tip gee en sê, “Dis om iets te koop om te eet vanaand,” want om iets vir iemand anders te doen, bring ʼn deurleefde vreugde.

Miskien is ons só opsoek na happiness dat ons ons JOY in die proses verloor het. Só vasgevang in die rot-resies dat ons nie eers meer weet wat werklike vreugde in ons lewe bring nie en is ons al vir jare lank nie meer happy nie want ons is só vasgevang in roetine dat ons net met heimwee terug kan dink aan ʼn tyd toe blydskap en vreugde spontaan oorgeloop het in als wat ons is en doen.

Kom ons staan Sondag stil by hierdie bekende woorde van Paulus aan Filippense as hy skryf —

“Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.” — Filippense 4:4-7

Ek weet nie wie dit is wat gesê het — “Joy is not the absence of suffering but the presence of God,” maar ek weet ek wil daardie VREUGDE in my lewe hê.

Met liefde

 

“The root of joy is gratefulness... It is not joy that makes us grateful; it is gratitude that makes us joyful.”
― Brother David Steindl-Rast 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights