Liefde bó vrees III

Potgooi:

 

“There isn’t enough room in your heart for both love and fear.You must decide which one will live there.”― Chuck Spezzano —

Ons sit ons reis voort oor die transformasie van VREES na LIEFDE.

Ons hou onsself dikwels grootmoedig en sê maklik, “Ek is vir niks bang nie!” Tot ʼn mens so een of twee vrae vra oor verwerping, teleurstelling, eensaamheid, en veroordeling en skielik dop die enamel af en lê ons vrese oop en bloot vir almal om te sien.

Hoekom is dit só moeilik om te erken dat ons deurweek is van ons vrese, en hoe hierdie vrese ons aan die keel beet het en versmoor? Waarom die onbewustheid hoe hierdie vrese elke liewe verhouding waarin ons is, vertroebel?

Ons is letterlik tot die dood toe bang — bang van die môre tot die aand, week in en week uit. Eers bang vir ons ouers, en dan vir onderwysers. Bang vir die baas en bang vir kollegas. Bang vir die bure en sosiale kringe waarin ons beweeg. Bang vir die regering en wat hul doen met ons land. Bang vir die dood en bang vir die lewe. Selfs bang vir God.

Waarlik, soos ek Sondag in die Sirkel gesê het — Ignorance & Indifference are the parents of fear!

Laas week het ons ons vrees vir mislukking en vrees vir verwerping / veroordeling bespreek en vandag gaan oor ons vrees vir weerloosheid (vulnerability) en vrees vir verandering.

  1. Vrees vir Weerloosheid

Die ego sal jou aanhoudend wysmaak dat weerloosheid is swakheid; daarom kry jy waaragtig steeds ouers wat vir hul dogters sê, “Sluk jou trane,” en vir hul seuns, “Mans huil nie!”

Weerloosheid gaan om OOP te wees vir emosionele en spirituele groei. JA, ook om blootgestel te wees aan ander se veroordeling en verwerping sonder dat dit ons mank slaan. Nog minder beteken weerloosheid dat ons onvoldoende of nie goed-genoeg is nie.

Ons het baiemaal ʼn lae selfbeeld wat lei tot onsekerheid (unsure and insecure) en word so oorweldig deur ʼn vrees vir verwerping dat ons dit net eenvoudig nie waag om ons broosheid vir ander te wys wat nog te sê te deel nie.

Dit kan ook wees dat ons skaam is of skuldig voel wanneer ons ons teerheid met ander deel. Ons vertrou iemand wat voor ons staan net nie genoeg om te wys dat ons ook kwesbaar is nie.

Dit lei daartoe dat ons ʼn vrees vir intimiteit ontwikkel. Ons bou ʼn muur om ons hart en hou almal op ʼn afstand met ons vuis.

Hoe werk dit vir jou? Of bevind jy jouself gereeld in die dryfsand van bitterheid, onvergenoegdheid, en klaaglik arm aan geloof, hoop, en liefde?

  1. Vrees vir Verandering

Verandering is so deel van die lewe soos die son wat opkom en die wind wat waai.

Almal soek verandering, maar niemand wil verander nie uit vrees vir die onbekende, of vir wat dit van ons gaan verwag. Ons wil alles gemaklik hê en is bang vir die opoffering wat dit gaan vra. Daar is ʼn weerstand teen verandering en dit maak ons angstig as ons op ʼn plek kom waar ons weet dinge móét verander.

Verandering vra ook dat ons sekere goed moet laat los… en LET GO vra verantwoordelikheid. Daarom stel die meeste mense uit vir later. Weet nie waarvoor hulle wag nie en of ons dink later sal meer gerieflik wees wetende dit is onvermydelik en sal ons eerder stagneer in die same-old-same alvorens ons die bul by die horings pak en aktief dit wat ons terughou, verander.

Dit is ook so dat ʼn vrees vir verandering bring meer en meer ʼn ‘disconnect’ tussen ons en ons spirituele toewyding, en verhinder ons op ʼn reis na self-ontdekking en self-ontwikkeling te gaan.

Gaan kyk maar na jou eie lewe en as jy eerlik is, sal jy besef dat jou ‘spirituele droogte’ is omdat jy nie eerlik is met jouself en mense om jou nie. Die geestelike woestyn waarin jy jouself bevind, is meer as dikwels omdat jy weet wat jy móét doen maar uitstel. Ons kies ʼn gemaksone en leef in ʼn geut. Is dit hoe jy jou lewe verkies?

Mens kan nie deur die lewe gaan met al ons genoegens en net vreugde hê solank ons ons sin kry nie.

“Al sou die vyeboom nie bot nieen daar geen druiweaan die wingerde wees nie…... nogtans sal ek in die Here jubel.”— Habakuk 3:17-19 —

Elke vrees wat ons het, is maar ʼn vrees vir ‘commitment’ wat te doen het met emosies van onwaardigheid (unworthiness). Daarbenewens is al ons vrese eintlik net ʼn mispersepsie — dit is die illusie dat duisternis het krag en mag, en dat ons slagoffers is van ons omstandighede.

Bring jou vrese na die Lig!

Kom terug na die HIER en die NOU, want vrees kan net leef in die huis van môre. Vrees is die persepsie van 'n angstige toekoms wat gebou is op die pynlike wonde van die verlede. Dit het niks te doen met waar jy op hierdie oomblik is nie — moenie die oomblik deur jou vingers laat glip met vrese wat in elk geval nooit materialiseer nie.

Kom ons kyk Sondag na ʼn handvol maniere hoe ons ons vrese vir weerloosheid en verandering kan vervang met dapperheid en vernuwing.

Hoop om jou Sondag in ons Sirkel te sien.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“What you resist, persists.When you let go, you grow.When you forgive, you receive.”― Life Lessons 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights