Let it Go and Let it Be

“Letting go means to come to the realization that some people are a part of your history, but not a part of your destiny.”― Steve Maraboli —

Na ʼn maand van ʼn wonderlike reis op die voetspore van Paulus gaan ons dié maand gesels oor: Let It Go and Let It Be.

Ons hoor hierdie woorde om elke hoek en draai, “LET IT GO!” maar wat beteken dit; en hoe doen ʼn mens dit?

Daar is omtrent nie ʼn enkele aspek van ons menswees wat nie van tyd tot tyd verstop raak van goed wat ons gevange hou in verlammende denkpatrone, emosionele pyn, en spirituele armoede nie.

As ʼn mens eerlik genoeg met jouself is dan weet jy wat is hierdie goed wat jou ʼn gyselaar maak van situasies, omstandighede, gewoontes, afhanklikheid, negatiewe ervarings, en ʼn lewe van spyt en selfverwyt.

Vir party is dit ʼn ‘LET GO’ aan een of ander verslawing — of dit werk, status, beheer, geld, drank, dwelms, of godsdienstigheid is.

Vir ander is dit ʼn ‘LET GO’ aan destruktiewe verhoudings, obsessiewe gedagtes of gewoontes, en soms is dit net ʼn oorweldigende gevoel van magteloosheid van waar jy op die oomblik in jou lewe is.

Een ding is verseker, almal van ons staan een of ander stadium by hierdie kruispad om te kies of ons langer gaan vasklou aan dit wat ons voor ons heilige siel weet ons terughou om die beste en mooiste weergawe van onsself te wees, en of ons dit gaan LAAT LOS om te vlieg want solank ons daaraan vasklou, gaan ons nooit die grond verlaat nie.

In ons geestelike lewe het ons groot geword met begrippe soos ‘bekering’ en ‘vergiffenis’ wat in vandag se spirituele psigoterapie niks anders is as die proses van ‘LET GO’ nie.

Die Griekse woord wat gereeld met ‘bekering’ vertaal word, is metanoia — soos Paulus daarna verwys in Romeine 12:2 — wat niks anders as, ‘change (renew) your mind’ beteken nie.

NIKS gaan verander as jy nie WIL nie — en voor jy iets WIL, moet ons gedagtes daaroor verander.

In Matteus 6 lees ons die gebed van Jesus waarin hy bid, “verlos ons van die bose ...” (deliver us from evil). Dié vertaling was nog altyd vir my vreemd want die Griekse woord wat gebruik word, is ponéros wat beteken: full of labours, hardships, heavy burdened, bringing toils and perils, bad nature or condition.

Dit het niks te doen met ‘bose’ (evil) nie, en het alles te doen met dit waaraan ons só swaar dra — en wat is daai goed? Ons skuldgevoelens en vrese; ons destruktiewe gewoontes en disfunksionele verhoudings; alles waaraan ons so krampagtig vasklou sonder om te besef hoe dit géén intellektuele, emosionele, of spirituele waarde toevoeg nie.

Kom ons kyk die volgende paar weke na die HOE ʼn mens kan LAAT LOS aan dit wat nie langer werk nie, nie langer enige doel het nie, en jou verhoed om jou potensiaal te bereik en waarde uit te leef.

  1. Maak ʼn LYS

Vat ʼn stuk papier en trek ʼn streep in die middel. Links skryf jy die WAT jy moet laat gaan en wat jou terughou. Regs skryf jy HOE jy dit gaan doen sonder om die woorde, ‘nie’, ‘geen’, of ‘moenie’ te gebruik want dit help nie jy wil iets negatief verander met ʼn negatiewe oplossing nie.

  1. NOU is die tyd

Erken dit is tyd om aan te beweeg. Laat los die skuldgevoelens en vrese want dit hou jou gevange tussen gisters en môres wat niks met NOU te doen het nie. Maak ʼn besluit en staan daarby. Vra vir hulp al is dit ook hoe moeilik vir jou om te doen ... want die mens is nie ʼn eiland nie, en kan dit nie alleen doen nie.

  1. Wees DAPPER

Dit gaan nie oor wie is sleg of skuldig, en wie verdien om gestraf te word nie. Vrees sny dieper as die swaard en onthou: dapper is ʼn aksies en bang is ʼn reaksie. Om te ‘LET GO’ gaan opoffering vra, dit gaan nie elke dag maklik wees nie maar dit is verseker moontlik. Kies die MOONTLIK — and be a Brave-Heart.

  1. Raak BEWUS

Practice mindfulness — om bewustelik en aandagtig te lewe, verskerp ʼn mens se sintuie. Jy kan van vêr sien as die ou patroon homself herhaal, en jou ore raak sensitief vir mense of omstandighede se gehakketak dat jy nie goed genoeg is, of nie sterk genoeg is om te LAAT LOS wat nie langer in diens van jou menswees is nie.

  1. Leer om te VERGEWE

Soos al so dikwels gesê — vergiffenis het NIKS te doen met wat iemand anders aan jou gedoen het nie, en het ALLES te doen met wat ons DINK oor dit wat gebeur het. Ons moet hierdie negatiewe gedagtes en verlammende emosies vergewe (LET GO) want so kom ons vry.

  • Ook hier is die Griekse woord ʼn mooi verduideliking — aphiémi beteken: to untie, let it go, let it be.

Vergiffenis beteken om nie langer 'n situasie of persoon te veroordeel nie. As ek jou nie veroordeel nie, is daar niks om te vergewe nie — en so LAAT LOS ons die goed wat om ons enkels hang, en word ons vrygelaat uit die sel waarin ons onsself toegesluit het.

Kom ons gesels eerskomende Sondag oor hierdie vyf bakens om ʼn eerste tree te gee in die proses van LETTING GO.

Neem beheer oor dit wat jy KAN verander en laat los die behoefte om goed te beheer wat geen doel dien nie, geen bydra maak nie, tot geen seën in jou lewe is nie, en verseker geen steun bied om jou tuin te laat blom met die mooiste en beste wat vir jou gegee is nie.

Mag die Lig en Liefde van God ons wys HOE.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“We can't be afraid of change. You may feel very secure in the pond that you are in, but if you never venture out of it, you will never know that there is such a thing as an ocean, a sea. Holding onto something that is good for you now, may be the very reason why you don't have something better.”
―  C. JoyBell C. 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights