Wonderwerke - Opstanding van Lasarus

“Today, more than anything else is to invest in beauty. Because beauty is harmony which comes from chaos. But we invest in chaos because chaos is much more profitable than peace."― Vangelis —

Hierdie aanhaling kom uit een van die laaste onderhoude wat met Vangelis gevoer is. Om een of ander rede het sy dood laas week, my diep geraak.

Ons sluit eerskomende Sondag ons maand se tema af oor — Die Wonders van Wonderwerke.

Hier is ʼn paar goed om te weet oor die Evangelie van Johannes:

  • Die Nuwe Testament verhaal is 'n storie wat oor dekades ontwikkel het (an evolving narrative)  tussen 20 tot 80 jaar ná die dood van Jesus.
  • Teen die tyd wat dié Evangelie geskryf word (90AD - 110AD), is die tempel vernietig in 70AD en die Jode wat volgelinge van Jesus was, uit die sinagoges verban tussen 80 - 88AD.
  • Hierdie Evangelie is geskryf byna twee generasies na Paulus se briewe en 'n generasie na Markus (die eerste) Evangelie. Dit was nooit bedoel om biografies te wees nie maar eerder 'n interpretasie van wat die lewe, leer, en dood van Jesus beteken.
  • Die karakters wat die skrywer skep in hierdie Evangelie is nie noodwendig historiese figure nie maar ‘tekens’ en ‘simbole’ van 'n veel groter waarheid wat hy wil oordra.
  • Jesus en sy dissipels was almal Jode, maar as die skrywer praat van “die Jode” dan verwys hy na die ‘vyande van Jesus’ en feitlik elke hoofstuk plaas Jesus in konflik met die Fariseërs en Skrifgeleerdes.

Soos reeds 'n paar keer gesê, is dié boek geskryf in poësie-vorm en geweef in simboliek, metafore, mistiek, en figuurlike taal.

Die meeste lesers mis die 7x7 formule wat Johannes Evangelie gebruik —

   i. die 7 “ek is” uitsprake van Jesus   ii. die 7 “tekens” van Jesus (Johannes Evangelie praat nie van ‘wonderwerke’ nie)   iii. die 7 “getuies” wat oor Jesus getuig   iv. die 7 “bedieninge” van die Heilige Gees   v. die 7 lewensveranderende “monoloë van Jesus” (dié Evangelie het geen gelykenisse nie)   vi. die 7 “vroue” se dissipelskap en invloed op Jesus   vii. die 7 “vrae” wat Pilatus vir Jesus gevra het

Die eerste “teken” waaroor ons gesels het, is die water wat verander in die beste wyn — dit wat vir ‘die Jode’ deel was van hul reiniging-rituele word deur Jesus vernuwe tot ʼn fees waar genoeg wyn is om vandag nog van te drink.

Die tweede “teken” waaroor ons gesels het, was die blinde bedelaar wat SIEN en dit gebeur op die Shabbat waarmee die Fariseërs ʼn ernstige probleem het want as jy die Wet oortree dan is jy tot niks goeds in staat nie. Hul dreig die man wat nou kon sien en sy familie om hul uit die sinagoge te verban as hy nie sê wie die Wet oortree het nie — ook hier staan Jesus in konflik met “die Jode” as hy vir hul wil sê dat hul ‘blinde bedelaars’ is wat nie die LIEFDE van God (wil) sien nie.

Die derde “teken” wat ons verken het, was die verlamde man by die bad van Betesda. Ook hierdie verhaal speel af op die Shabbat, en nadat die kreupele weer kon loop, gaan hy weer terug na die sinagoge want dis waar hy veilig voel omdat hy nie reg is om ʼn volgeling van Jesus te word nie.

Weereens die spanning oor die verontagsaming van die Wet en Jesus wat sê dat “die Jode” met hul rituele sit en wag dat iemand die “water roer” — en selfs wanneer hulle die goedheid van God sien en ervaar, gaan hul weer terug na hul dogmatiese fiksasies.

Die vierde en laaste “teken” waaroor ons Sondag gaan praat, is die “opstanding van Lasarus” uit die dood —

Neem in ag: nie in een van Paulus se briewe word Jesus geassosieer met ‘wonderwerke’ nie, en nie een van die ander Evangelies wat voor Johannes Evangelie geskryf is, maak melding van hierdie gebeure of dat Martha en Maria ʼn broer gehad het nie.

In die konteks van hierdie Evangelie is dit duidelik dat die Lasarus storie (Johannes 11) nie ʼn persoon is nie maar ʼn ‘teken’ en ʼn ‘simbool’ wat gaan oor die ‘opstanding’ vir hulle wat glo, en ʼn voorspelling van Jesus se eie dood.

Hoor wat sê Jesus vir Martha as sy hom verkwalik dat hy nie dadelik gekom het toe hul hom laat weet het Lasarus is sterwend nie —

“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” (Johannes 11:25-26)

Verseker praat Jesus tog nie van ons fisiese lewe en letterlike dood nie?

Die ander evangelies het ook verhale van Jesus wat dooies opwek — dink aan Jaïrus se dogtertjie waar die teks byvoeg dat sy “geslaap” het en nie regtig dood was nie; dink aan die dooie wat op ʼn draagbaar uit die huis gedra word in Naïn en dan skielik regop sit terwyl hulle hom uitdra.

Johannes Evangelie gaan veel verder: Jesus wag vier dae voor hy opdaag, daar is geen misverstand dat Lasarus dood is nie. In die Joodse tradisie is geglo dat die siel van die mens vir nog drie dae om die liggaam rondhang om te sien of die liggaam nie weer lewend word nie.

Daar word vir Jesus gesê dat hul nie die klip kan wegrol nie, want die liggaam “stink” al.

Twee keer lees ons dat Jesus gehuil het. Dan gaan staan hy voor die graf en sê: “Vader, ek DANK U dat U my verhoor het.” — thankfulness releases the power of God!

Wat is die betekenis van hierdie verhaal en waarom is die sewende en laaste ‘teken’ die triomf van Johannes Evangelie? Hoe moet ons dit verstaan as ons praat oor ʼn LEWE in Christus?

Kom ons laat Johannes Evangelie dit self vertel eerskomende Sondag — “... because beauty is harmony which comes from chaos.”

Hoop om jou in ons Sirkel te sien.

Soos altyd

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“I love you not only for what you are, but for what I am when I am with you. I love you not only for what you have made of yourself, but for what you are making of me. I love you for the best part of me that you bring out.”―  Elizabeth Barrett Browning 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights