“If you are not present in the present,
then there is no presence.”
― Fr. Richard Rohr —
Eerstens wil ek opreg dankie sê vir al die verjaarsdagboodskappe en -wense. Dit is hartverwarmend dat soveel mense die moeite doen om ʼn boodskap te stuur wat ʼn mens oorrompel met almal se liefde en omgee.
Hierdie maand se tema is: Die Skoenlapper Effek … en kan in kort opgesom word deur ʼn verwysing daarna op die Internet —
“Basically, the butterfly effect is a chaos theory, attributed to a guy named Edward Lorenz. Here’s the cliffs-notes version: A butterfly flaps its wings in Brazil, and it sets off a tornado in Texas. It means the smallest moments of the past, even the ones that don’t have anything to do with us, affect our future, and our future selves.”
Ons almal kan getuig van sulke oomblikke in ons lewe. ʼn Keuse wat gemaak is vir iets goed of beter, net om ná ʼn tyd te besef dat miskien was dit goed en beter maar nie die beste nie. ÓF om ʼn sekere besluit uit te stel vir ʼn later wat nooit sou kom nie.
Ons ken die uitdrukking, hindsight is perfect vision — wat beteken: as ʼn mens terugkyk, is dit maklik om te weet wat moes en kon. Retrospektief sien ons goed in konteks … is dit makliker om te weet wat ons anders kon doen, of nie moes gedoen het nie.
Om die beste in die oomblik te sien, die proses in die proses te vang, is ʼn gawe wat die meeste van ons nog nie bemeester het nie. Die planmatigheid van oorsaak-en-gevolg waarop die ganse skepping berus, is ʼn beginsel wat ons nog nie tuisgebring het nie.
Ja, ons sien die ‘gevolg’, maar die verantwoordelikheid van die ‘oorsaak’ bly ons ontwyk. Ons voel in ʼn mate in beheer van ons ‘aksies’, maar het weinig indien enige beheer op my ‘reaksies’ … en voel meestal of ons ‘reaksies’ iets is wat mét my gebeur.
In die Bybel lees ons die verhaal van Jona (in Hebreeus beteken sy naam: Duif) wat ʼn opdrag van God kry om na Nineve te gaan. Jona wil nie, want Nineve se mense is nie ‘ons mense’ nie, hulle glo nie ‘soos ons’ nie, en as God enigsins wil, moet Hy eerder ‘na ons’ omsien.
Nineve was destyds naby vandag se Mosul in Irak op die oos-bank van die Tigris-rivier. Jona gaan na die hawe van Jaffa (vandag se Tel-Aviv) om ʼn boot te vat na Tarshish (nie te verwar met Tarsus waar Paulus vandaan kom nie). Vandag word algemeen aanvaar dat Tarshish sou later Carthage (uitspraak: Karthish) word, wat vandag Tunis is in Tunisië.
Dit is presies die teenoorgestelde rigting van Nineve. Op pad daarheen is daar ʼn groot storm. Jona sê vir die seevaarders dat hy die oorsaak van die storm is. Eers glo hulle hom nie, maar toe die storm al hoe erger word, stem hulle in om, soos Jona versoek, hom oorboord te gooi. Die storm bedaar.
Dan lees ons dat ʼn ‘groot vis’ (alhoewel die kinderbybel ʼn walvis teken, sê die Bybel dit nêrens nie) het hom ingesluk. Vir drie dae en drie nagte is Jona in die maag van die vis. Hy het berou oor wat hy gedoen het, en as die vis hom uitspoeg, besluit hy om wel na Nineve te gaan.
Ek sal wat wil gee om sy 'preek' te lees, want daar staan dat die hele stad (koning ingesluit) hulself verootmoedig en bekeer het. Jona gooi ʼn tantrum en gaan sit op ʼn bult om te sien of God die stad vernietig. Die son bak genadeloos en dan lees ons hoe God ʼn plant laat groei wat vir Jona skaduwee gee, en toe ʼn wurm wat die plant opvreet.
Jona is briesend, God vra hom of hy enige rede het om kwaad te wees waarop Jona sê dat hy so kwaad is dat hy wil doodgaan. God vra hom toe of hy nie eerder besorg moet wees oor ʼn stad met 120 000 mense wat nie hul regterhand van hul linkerhand ken nie?
Daar word nie vertel wat van Jona geword het nie, maar ons almal kan identifiseer met hierdie verhaal. Hoe dikwels wéét ons wat ons móét doen, maar vir een of ander rede WIL ons nie. Ons het tiental verskonings dat ons te besig is, dat dit nie geleë is nie, dat daar niks in is vir my nie.
Dis eers nadat ons in die donker binnegoed van ons omstandighede beland het, en die ‘groot vis’ ons opbring en uitspoeg op ʼn strand, en ons die laaste vis-kwyl van ons gesig afvee dat ons besluit om te doen wat ons móét doen.
Steeds dikbek omdat ek nie my sin kry nie, is dit vir ons onmoontlik om te sien hoe ʼn enkele besluit tot ʼn hele ander resultaat kan lei. Ons is so gefikseerd op die haar van ʼn kwas in die skildery dat ons nie kan terugstaan om die groter prentjie te sien nie. Ons mis die betekenis, ons mis die landskap, ons mis die meesterstuk.
Die laaste woord behoort aan Daniell Koepke uit haar wonderlike boek, ‘Daring to Take Up Space’ —
“If I’ve learned anything from life, it’s that sometimes, the darkest times can bring us to the brightest places.
I’ve learned that the most toxic people can teach us the most important lessons; that our most painful struggles can grant us the most necessary growth; and that the most heart-breaking losses of friendship and love can make room for the most wonderful people.
I’ve learned that what seems like a curse in the moment can actually be a blessing, and that what seems like the end of the road is actually just the discovery that we are meant to travel down a different path.
I’ve learned that no matter how difficult things seem, there is always hope.
And I’ve learned that no matter how powerless we feel or how horrible things seem, we can’t give up.
We have to keep going. Even when it’s scary, even when all of our strength seems gone, we have to keep picking ourselves back up and moving forward, because whatever we’re battling in the moment, it will pass, and we will make it through. We’ve made it this far. We can make it through whatever comes next.”
Ek wens vir jou ʼn dag, ʼn week, ʼn seisoen waarin ons sal besef hoe die kleinste gebaar van liefdevolheid, mededeelsaamheid, en bereidwilligheid ʼn totaal ander uitkoms in die lewe van ander en jou lewe spesifiek kan hê.
Your move chief!
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
NS: Ons sê steeds BAIE dankie vir almal se positiewe reaksie op ons versoek om ons finansieel te ondersteun. Dit word met GROOT waardering ontvang. As jy dit oorweeg om ons te help, is Neo-Spektrum se inligting onderaan beskikbaar, of klik hier.
“The only way that we can live, is if we grow. The only way that we can grow is if we change. The only way that we can change is if we learn. The only way we can learn is if we are exposed. And the only way that we can become exposed is if we throw ourselves out into the open. Do it. Throw yourself.”
― C. JoyBell C. ―
Voorlopig weer opgeskort weens Covid reels.
-andersins-
Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville
Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek