Hierdie week se liturgie: 5_feb_2012
Goeiemore aan almal —
Die mens is nou maar eenmaal ʼn eienaardige wese. Ons glo ons het ʼn ‘vrye wil’ maar weet nie wat ons wil nie en as ons weet wat, weet ons nie hoe nie, en selfs al weet ons hoe, doen ons nie wat ons sê nie. Ons noem onsself: homo sapiens (wat in Latyn beteken: mens wat dink) maar het onsself ingeboks in ʼn paradoks tussen ons ore en oë 😉
Ja, daar is baie wat ons weet en verstaan – meer as enige geslag voor ons – maar wat ons voel, wil ons met die brein verklaar. Daarom gaan dit ʼn mens se verstand te bowe (pun intended) dat ons na die maan kan gaan maar nie weet hoe om van die verstand na die hart (die spens van ons gevoelens) te gaan nie.
Mense wat alle dogmatiese geloof verwerp, noem hulself ‘vrydenkers’ sonder om noodwendig hul rug te draai op God. Dis met versigtigheid dat ek na myself sal verwys as ʼn ‘vrydenker’ omrede ʼn verduideliking of verdediging van dié definisie die geneigdheid het om serebraal om te gaan met dit wat ons voel en beleef. Die gevoel wat ons voel, is nie ondergeskik aan die verstand/rede/intellek nie want daar is gewoon net te veel goed wat ek aanvoel maar nie kan verduidelik nie; beleef en ervaar wat ek nie verstaan nie. Nee, liefde is nie ʼn DO-IT-YOURSELF projek nie! Vertroue (geloof) is nie ʼn MIND-OVER-MATTER metodiek nie! My gewaarwording, belewenis, ondervinding, ervaringe kan nie altyd verwoord of verklaar word nie.
Nou is die vraag: waar vind die intellek (rede) en gevoel mekaar want om te dink dat God net ervaar kan word as ons God verstaan, is ʼn denkfout.
Kom ons verken Sondag die betekenis van “GOD in MENSWEES” sonder om te verval in definisies. Kom ons deel ons GEVOEL oor “God” en skuif vrydenkend na vrymakend:
OM GOD TE BELEEF/ERVAAR VANUIT ONS MENSWEES
LIEFDE – is ʼn taal wat die verstand nie verstaan nie
VREUGDE – is ʼn besef wat die brein nie begryp nie
VREDE – is ʼn begrip wat die rede nie betekenis kan gee nie
net soos
TRANE – is die woorde wat die hart nie kan sê nie
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
En onthou jy kan elke vorige Sondag se liturgie aflaai (download) onder TEMA ARGIEF.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum. Bring gerus jou vriende en familie saam om deel te neem in ons wysheidsirkel.
Kom deel Sondag vir ʼn uur jóú gevoel met ons.
GESPREKSGROEPE: Johannes-Groep: 16 Februarie --- Helderberg-Groep: 19 Februarie --- Gay-Groep: 29 Februarie
Ons beplan ʼn inleidende kursus in ACIM (A Course in Miracles) en bevestig die datums en plek binne die volgende week.
Kontak my asseblief indien jy belangstel en graag wil inskakel (jy kan antwoord op dié epos of my skakel by 083.460.45.45)
Gedagte vir die Week:
“You can close your eyes to the things you do not want to see, but you cannot close your heart to the things you do not want to feel.”