19 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 19_feb_2012

Daar is die laaste week so koel bries in die lug asof die natuur wil sê: ʼn nuwe seisoen is op pad. Elke dag word dit later lig en vroeër donker. Die lig hierdie tyd van die jaar is ook sagter en dit is asof skemer vir langer oor die hemel hang. Dit laat my verlang na Europa waar die son in die somer laat ondergaan en dit vir drie of vier ure lank skemer is.

Maar, dis asof daar ook ʼn aanvoeling in ons ‘water’ is dat seisoene besig is om te verander. Dis nou maar eenmaal so dat met die verandering van seisoene (somer na herfs en winter na lente) verval die mens in ʼn diep onsekerheid. Miskien omrede ons so ‘out-of-touch’ is met die natuur en so ‘disconnected’ is van mekaar. Selfs sielkundiges en dokters sal vir jou sê dat dié tyd van die jaar is die besigste. Feitlik al ons verhoudinge is onder spanning en uit elke antwoord vloei daar ʼn honderd vrae asof dit elke dag ook in ons gemoed later lig en vroeër donker word.

Tog is daar in baie van ons ʼn innerlike vrede dat waar ons NOU is, is net ʼn deur- en oorgang. Ons bring ons twyfel na ʼn plek aan die binnekant waar dit gemaklik kan rus sonder om vir alles antwoorde te soek. ʼn Stasie waar die spasie tussen spore nie vir ons ʼn bedreiging inhou nie en ons nie ʼn trein is wat op iemand anders se spore voortbeur nie maar waar ons ons eie spore is. Ons kronkel verby stasies en perronne; oor heuwels en deur tonnels en die reis word die bestemming. Party van ons voel soms soos ʼn stoomlokomotief en ander soos ʼn sneltrein en wat ons ingemeen het, is dat ons almal op pad is met ons eie reis. Nou is die vraag: Hoe beleef ons hierdie reis, en hoe reageer ons as daar ʼn opdraande of hoë brug voor ons verskyn? Wanneer en waar hou ons stil vir rus en die omgewing (milieu) verken sodat ons onthou wie en waar ons is? Daarom gesels ons Februarie oor die tema --

OM GOD TE BELEEF/ERVAAR VANUIT ONS MENSWEES
Jy is die kondukteur, drywer en stoker van jou lewe
Jy bepaal die spoed, stilhou en sinjale van jou lewe

MAAR
Waar gaan haal jy krag (energie) vir die reis?
Waar vind jy balans tussen reis en milieu (tyd, plek, omstandighede)?

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Onthou jy kan elke vorige Sondag se liturgie aflaai (download) onder TEMA ARGIEF.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum. Bring gerus jou vriende en familie saam om deel te neem in ons wysheidsirkel.
Kom deel jou reis Sondag met ons.

GESPREKSGROEPE: Johannes-Groep: 16 Februarie ---Helderberg-Groep: 19 Februarie --- Gay-Groep: 29 Februarie
Ons begin ons inleidende kursus in ACIM (A Course in Miracles) op 23 Februarie 19h00 by die Kolping Sentrum.
Kontak my asseblief indien jy belangstel en graag wil inskakel (jy kan antwoord op dié epos of my skakel by 083.460.45.45)

Gedagte vir die Week:
“The road of life twists and turns and no two directions are ever the same. Yet our lessons come from the journey, not the destination.” - Don Williams, Jr

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights