“One day when you wake up, you will find that you have become a forest.
You have grown roots and found strength in them that no one thought you had.
You have become stronger and more beautiful, full of life-giving qualities.
You have learned to take all the negativity around you
and turn it into oxygen for easy breathing.
A host of wild creatures live inside you and you call them stories.
A variety of beautiful birds rest inside your mind and you call them memories.
You have become an incredible self-sustaining thing of epic proportions.
And you should be so proud of yourself, of how far you have come
from the seeds of who you used to be.”
― Nikita Gill —
Eers het ons gepraat van die abnormale, en toe van die nuwe-normaal, en nou het die abnormale nuwe-normaal die normaal geword. Bykans tien maande later het maskers, afstand hou, en ontsmettingsmiddels ʼn gewoonte geraak. Ons leef daarmee saam asof dit stofsuig, snork, en stopsels is.
In die afwesigheid van ons Sondae-byeenkomste hou ons kontak met ʼn weeklikse e-pos van hoop en bemoediging en elke twee weke ʼn YouTube-video. Ons aanvaar die reëls en regulasies, en besef miskien nou vir die eerste keer die erns van die saak … want die laaste 10 dae is 7 mense wat ek geken het, dood aan Covid. Glo my, as dit nie vir lockdown is nie, sal ons ʼn miljoen mense voor die winter begrawe.
Oor en oor die laaste 285 dae vra ons onsself: wat is die les te leer uit hierdie pandemie? Hoe gaan ons sinvol maar ook verantwoordelik hiermee om? Hoe raak dit ons spiritualiteit en sal dit ʼn verdieping in my verhouding met myself, my ewemens, en met God bring?
Die mens is nou maar eenmaal ʼn wese wat met sy paradokse en dualismes saamleef. Ons pendel tussen bo en onder, in en uit, goed en sleg, sin en onsin, hoop en wanhoop — aan die een kant is ons in staat tot soveel mooi en goed, maar aan die ander kant is ons ook in staat tot verwoesting en geweld.
We have the ability for love, beauty, grace, tenderness, and compassion but also a shadow-side that has the capability for destruction, contempt, violence, war, and greed.
ʼn Vriend het eenmaal, toe ek nog ʼn jong student was, vir my gesê, “Almal van ons lieg, almal van ons steel, en almal van ons bedrieg … dis die werklikheid.” Ek kon/wou hom nie glo nie, want in my jeuglike voortvarendheid was daar nog nie die vermoë om ʼn leivoor van ʼn loopgraaf, ʼn oase van ʼn moeras te onderskei nie. Met tyd, wat wysheid bring, sou ek leer hoe om om hierdie slaggate te navigeer.
My geloof sou my bewus maak om aandagtig te leef, my hoop het my geleer om meer sensitief te wees, en my liefde sou die stukkies stukkend heelmaak.
Ja, daardie slaggate kom steeds oor my pad, maar my spiritualiteit (konneksie, verhouding, interaksie met dit wat ek ervaar en beskryf as ‘God’) het ʼn insig gebring wat na Covid-19 kyk met moed en selfs seëninge, met welwillendheid en erbarming.
God is nie die een wat pandemies stuur en/of wegvat nie. God is nie die een wat dryfsand en slagysters op ons pad stuur om ons geloof te toets, ons hoop te meet, en ons liefde te weeg nie. God is die wisselwerking tussen harmonie en balans … God is die gravitasie van ons vreugde en vrede wat nie van omstandighede afhang nie. God is die energie van ons medemenslikheid, sagmoedigheid, en omgee. God is die liefde waarmee ons mekaar liefhet.
Hierin lê my inspirasie. Hierin vind ek my berusting. Soos Petrus skryf in sy brief — “Now, the God of all grace, the one having called you to the eternal glory of Him in Christ Jesus, although you have suffered a little while, He himself will prepare you, He will support and strengthen you and lay His foundation on you.” (1 Petrus 5:10 Greek translation)
Hierdie pandemie sál verbygaan. Sal alles weer dieselfde wees soos voor 2020? Ek twyfel. Sal ons iets geleer het die laaste jaar? Ek hoop so.
In die woorde van Laura Kelly Fanucci wil ek met my hele hart glo dat ons dié waarheid ons eie sal maak —
“When this is over,
may we never again take for granted
a handshake with a stranger
conversations with neighbours
a crowded theatre
Friday night out
the taste of Communion
a routine check-up
the school rush each morning
coffee with a friend
the stadium roaring
each deep breath
a boring Tuesday
life itself.
When this end,
may we find that we have become
more like the people we wanted to be,
we were called to be,
we hoped to be.
And may we stay that way –
better for each other because of the worst.”
Met liefde, nét liefde, liefde genoeg. Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
'n Paar belangrike skakels om te besoek: Ons Somerfees en foto's, ons Sirkelflitse en Jaarprogram vir 2021, asook ons YouTube video's met nuwe Episode 40
“I never lose.
I either win, or learn.”
― Nelson Mandela ―
Ons Sondae Sirkel is voorlopig opgeskort
volgens reëls en regulasies van Vlak 3
Ons hou julle op hoogte
wanneer ons weer hervat