20 Januarie 2013

Wat ʼn wonderlike voorreg vanoggend om die eerste opening van die splinternuwe Meridian Pinehurst Private School te kon doen. Hulle is deel van die Curro groep en so tussen die splinternuwe moderne geboue; nuwe grasperk; nuwe onderwysers; nuwe alles sit ʼn klomp kindergesiggies en vir eenkeer het die Graad 1s met Laer- en Hoërskool iets ingemeen: ons is almal hier vir die eerste keer!

Wat ʼn see van gesigte wat bang-bang nog loer of pa en ma êrens te siene is ... vir mekaar se nuwe skoolklere kyk ... en nie bang is om te sê: “ek is bang” nie want alles is vreemd en anders. Maar, almal is kinders met ʼn opgewondenheid in die oë en ʼn skaam maar trots sprankel in die stap. Ouers vee trane weg en probeer braaf lyk as hul wegry terwyl onderwysers probeer troos en moed inpraat. In die snikhete son sit kinders en luister na die verwelkoming en opening en terwyl ek daar staan en na hulle kyk, spoel die emosie van HOOP! oor my.

Elkeen van hierdie kinders verteenwoordig ʼn huis en familie. Hulle is letterlik en figuurlik klein saadjies wat ontkiem het en nou in ʼn nuwe bedding toevertrou word. Die geleentheid van so nuwe skool is om hierdie tuin te versorg en na elke plantjie, blommetjie en boompie te kyk wat nog jonk, nóg broos oorgeplant word. Soveel verwagting en vertroue van ouers maar ook van kinders. Hoe anders as ʼn bron van inspirasie vir my wat na hulle staan en kyk en in groot letters teen die blou-blou lug dit geskryf sien staan: POTENSIAAL!

Waar HOOP en POTENSIAAL bymekaarkom vind daar chemistry plaas wat ons OPPORTUNITY noem. Vanuit soveel verskillende huise kom daar klein ambassadeurs van hul families by die skool aan. Persoonlikhede verskil; elkeen met sy/haar eie karakter en eienaardighede maar met een ding ingemeen: ons wil leer – van die lewe in die algemeen maar my lewe spesifiek! En hierdie proses vind plaas in ʼn simbiose met mekaar: kinders teenoor kinders; kinders teenoor onderwysers; kinders teenoor ouers! Nie net is hulle verteenwoordigers van ouerhuise nie maar ook van vandag af van hul skool. Ons as volwassenes vergeet dit soms in ons voorbeeld en konsekwentheid teenoor ons kinders. Die Bybel praat van GETUIES as dit verwys na ambassadeurs en verteenwoordigers. ʼn Getuie is iemand wat ʼn sekere gebeure met egtheid en eerlikheid kan weergee. Dit is iemand wat dit eersterangs ervaar het en dit is iemand wat getrou aan die waarheid is. Ouers is maklik(er) getuies van hul kinders maar wat se getuie is kinders van hul ouers?

BETROUBARE GETUIES:
         WIE moet getuig? 
         WAAROM moet ons getuig?
         WAARVAN moet ons getuig?
         HOE moet ons getuig?
         WAAR moet ons getuig?

Ons vra dikwels: Waar sal my KRAG vandaan kom? Sondag is ʼn geleentheid om te kom herlaai en te onthou waar ons KRAG vandaan kom.

A course in miracles

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting. 

Gedagte vir die Week:
In a blade of grass, in every dew drop, in the mists of the mountains, in the fathomless bottom of the oceans, in the chirp of the birds, in the colours of the sunset, in the laughter of a child you witness the glory of God. (Sunita Sharma)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights