28 April 2013

Hierdie week se liturgie: 28_april_2013

Ons het die laaste paar weke geluister en gesels oor bekende musiek. Eers Leonard Cohen se “Hallelujah” en toe U2 se I still haven’t found what I’m looking for” en laas Sondag John Lennon se “Imagine” ... elkeen in lae geskil om by ʼn interpretasie uit te kom wat vandag relevant is met die hoop dat ons meer sensitief na liedere sal luister wat soos ʼn skilder vir ons die betekenis met woorde en note verf waarin ons onsself sien. Dis seker waar van elke lied wat in ons kop bly draai met liriek en melodie wat ons assosieer met ʼn bepaalde tydperk of gebeure in ons lewe. Eerskomende Sondag gaan ons die klok so bietjie terugdraai en kyk na die drie groot komponiste. Daar is seker nie ʼn enkele musikant wat nie beïnvloed is deur een of al drie se werk nie. ʼn Mens hoef nie musiek te kan speel of weet hoe om blad te lees om nie te weet wie hulle is en van tyd tot tyd hul erfenis te waardeer nie. Trouens jy hoef nie eers te weet wat speel nie — dis wát gebeur as jy dit hoor; hoe jy voel as jy die musiek in jou siel drup! Kom ons kyk kortliks na elkeen en wat ons daaruit kan neem vir ʼn spirituele reis:
Johann Sebastian Bach: 31 Maart 1685 – 28 Julie 1750 [65]

Geen twyfel dat hy seker die grootste van almal is nie. Hy was die fondasie van die Barok era. Sy musiek sal onthou word vir sy intellektuele diepte, tegniese vaardigheid, en beeldskone artistieke komposisies. “Harmony is next to Godliness” het hy eenmaal gesê. Min mense weet dat hy sang studeer het voor hy bekend geword het as orrelis. Hy was kapelmeester (direkteur van musiek) vir keisers en prinse; kantor van Leipzig en Royal Court Composer vir August III. Sy vakkundigheid en bekwaamheid as orrelis sou hom bekend maak deur die hele Europa maar sy faam as komponis sou eers ʼn honderd jaar na sy dood kom toe daar ʼn herlewing was van sy musiek. Daar word algemeen aanvaar dat hy oorlede is vanweë ʼn beroerte na longontsteking maar die feit dat hy toenemend blind geword het en klaarblyklik ʼn onsuksesvolle oogoperasie gehad het, was miskien psigosomaties ʼn groter rede vir sy slegte gesondheid. Aanvanklik is hy in ʼn naamlose graf begrawe vir 150 jaar waarna sy oorskot eers in geskuif was na kerkhof wat in die Tweede Wêreldoorlog vernietig en daarna is hy begrawe is in die kerk waar hy orrelis was en die meeste van sy werk geskryf het in Leipzig. Die een aanhaling van hom wat my altyd bybly is: “I play the notes as they are written, but it is God who makes the music.”
Wolfgang Amadeus Mozart: 27 Januarie 1756 – 5 Desember 1791 [35]

Hy is seker die bekenste van almal met die grootste invloed op die Klassieke era van musiek. Hy komponeer sedert hy vyf jaar oud was. Hy skryf êrens aan ʼn vriend: “Musiek is nie in die note nie maar in stilte tussen die note.” Foutloos in toonlere en tyd kon hy al die instrumente van ʼn simfonie gelyktydig noteer. Hy skryf ʼn verbysterende 600 komposisies in sy kort lewe wat feitlik elke genre van sy tyd insluit — van kamermusiek tot opera; van simfonieë tot koraalmusiek. Die September voor sy dood het hy begin siek word. Hy het aanhoudend koors gehad en gekla van pyn en naarheid. Hy sterf in Wenen en word buite die stad begrawe in ʼn massagraf (wat algemeen was vir die werkersklas). Daar word gesê dat niemand behalwe vyf komponiste sy begrafnis bygewoon het nie waaronder Salieri wat die inspirasie was vir die film “Amadeus” wat vir 53 toekennings genomineer was en 40 gewen het. Alhoewel die film op fiksie gebaseer is, bly dit ʼn vraag hoe iemand so bekend, so talentvol, gebore uit aristokrasie, met ʼn rykdom van musikale nalatenskap so (te) vroeg siek word en in eensaamheid sterf net sodat sy musiek uit die dood kon opstaan om van geslag tot geslag geken en geëer te word?
Ludwig von Beethoven: 17 Desember 1770 – 26 Maart 1827 [57]

Geen twyfel nie, seker die gevoelvolste van almal. Beethoven (15 jaar Mozart se junior) was profoundly beïnvloed deur hom. Daar word selfs beweer dat hy ʼn klavierles of twee van Mozart sou ontvang het. Sy bewondering vir Mozart (én Bach) sou duidelik in sy werke reflekteer. Hy staan bekend as die bekendste komponis tussen die Klassieke en Romantiese era van musiek. Hy studeer in Wenen onder Joseph Haydn (ook ʼn student van Mozart) en word gou bekend as begaafde pianis. In 1796, op die ouderdom van 26 het hy begin doof word. Teen 1800 het die tinnitus beide ore so ernstig geaffekteer dat hy niks anders as die ringing in sy ore kon hoor nie. Vandag is daar verskeie teorieë dat Beethoven se gehoor nie net aangetas is deur sy typhus en syphilis nie maar dat hy ook die slagoffer was van fisiese geweld deur sy pa wat hom aangerand het om ʼn tweede Mozart te wees. Die laaste 27 jaar van sy lewe sou sy woede uitbarstings, depressie en bipolêre gedrag van hom ʼn verstote vreemdeling maak maar luister ʼn mens aandagtig na die werk wat hy gekomponeer het ten tye van sy doofheid, staan daar ʼn rou eerlikheid uit wat geskryf word deur iemand waarvan elke noot klank, kleur en betekenis het. Hy skryf aan ʼn vriend kort voor sy dood — “Music is ... a higher revelation than all Wisdom and Philosophy” en dit hoor jy, voel jy, ervaar jy as sy melodieë soos asem in jou siel kom lê.
Douglas Adams skryf — “Beethoven tells you what it's like to be Beethoven and Mozart tells you what it's like to be human. Bach tells you what it's like to be the universe.” Sondag wil ek graag dat ons na klein/kort stukkies van hulle musiek luister en dit sal hoor. Ons leef in ʼn tyd waar ons alles het wat ons nodig het behalwe om te weet — wat is die betekenis van ʼn blom se geur; waar bêre ons die herinnering van ʼn sonsopkoms; hoe sê mens “ek is lief vir jou” dat die woorde vanuit jou siel resoneer?
Nie een van hierdie komponiste se invloed en bydra was erken in hulle tyd nie. Hul sterf alleen ... in naamlose grafte. Maar hul musiek staan op en weerklink deur die heelal van nou af tot aan die einde van tyd.
Kom ons verken Sondag ons spirituele blindheid, intellektuele ontkenning en emosionele doofheid. “Music is the mediator between the spiritual and the sensual life,” het Beethoven gesê. Kom ons laat die musiek praat ...

‘N MELODIE VIR VANDAG 
         Ons kyk maar ons sien nie
         Ons ken maar ons weet nie
         Ons luister maar ons hoor nie

Kom deel in ʼn uur van mooi musiek en ʼn onthou wat die melodie is wat ons elkeen in die hart dra.

Ons eet weer lekker saam op 5 Mei direk na die diens. Laat my asseblief weet hoeveel kom.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Neither a lofty degree of intelligence nor imagination nor both together go to the making of genius. Love, love, love, that is the soul of genius.” Wolfgang Amadeus Mozart

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights