Hierdie week se liturgie: 25_augustus_2013
Die Goue Reël sê – doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê! Ons het nou al gesels oor ons verhouding met ‘ander’ maar eerskomende Sondag sluit ons die gesprek oor vooroordele af deur stil te staan by die laaste gedeelte van die liefdesgebod: jy moet jou naaste liefhê soos JOUSELF. Voor ons nie gaan leer om vir onsself lief te wees nie, gaan ons nie weet wat dit is om vir ander lief te wees nie. Min mense is regtig lief vir hulself miskien omdat ons ‘liefde vir jouself’ verwar met ʼn egosentriese narsisme ten koste van ander. Dis nie liefde nie, allermins liefde vir jouself! Ons vooroordele teenoor onsself is genadeloos ... en mens hoef nie hard of ver te krap om gekonfronteer te word met emosies van nie-goed-genoeg-nie; teleurstelling; verwerping; vrees-vir-mislukking ... en so skree die ego ons tot stomheid wat mank en blind opsoek is na die liefde van ʼn ander persoon sodat ons gelief sal voel omdat ons nie lief is vir onsself nie. Hoe kan so liefde ooit hou sonder om te knak onder al die verwagtinge en verpligtinge nie?
Ons het vergeet: We close our eyes when we pray, wish, cry, kiss, and dream because love is not seen but felt by the heart … wanneer laas het jy met jou hart iets gedoen, vír jouself, mét jouself? Wanneer was die laaste keer wat jy vir jouself gevra het: wat sal verander as ek dit met liefde doen? Of is jou werksmilieu en persoonlike lewe verhewe bo hierdie Goue Reël? En dié eerlike vrae word nie gevra om ʼn skuldgevoel op te roep nie en nog minder spyt of selfverwyt, dit is vrae om die gordyne oop te maak vir die Lig en Lug wat ons lewe sal transformeer en dit ʼn hele nuwe betekenis sal gee en dit alles begin by – jou naaste soos jouself! Wat dit eintlik vra, is ʼn verandering ... iets waarmee min mense gemaklik is want verandering maak ons bang. Nee, ons sal eers wag tot iets breek en ons geen ander keuse het as om te móét verander nie (nie omdat ons wil nie) en dit like ons nog minder! Waarom moet verandering (transformasie) kom deur pyn, hartseer, verwyt, skuldgevoel en vrees as dit kan kom deur ʼn keuse te maak (te kies) om anders te reageer, anders te dink, anders op te tree?
So lees ek nou onlangs ʼn insiggewende boek raak getiteld: “The Top Five Regrets of the Dying” (deur Bronnie Ware) en hieroor gaan Sondag se uur van ‘onthou’ want Bronnie was opsoek na vervulling in haar lewe en toe begin sy werk as verpleegster van ʼn siekeboeg vir bejaardes wat nie meer hulself kon versorg nie. Haar bevinding na jare se uitvra, raad vra, en luister na wat mense in die winter van hul lewe sê oor dit waaroor hul die meeste spyt is --
1. “I wish I’d had the courage to live true to myself, not the life other expected of me”
Dit was die een selfverwyt wat uitgestaan het bo al die ander. Wanneer mens met insig (wysheid) en uitsig (waarheid) terugkyk op jou lewe is daar ʼn groot helderheid oor soveel onvervulde drome. Die meeste mense eer nie ʼn tiende van hul drome nie en gee gou op en settle vir roetine en gewoonte en blameer ‘keuses’ wat gemaak is of nie gemaak is nie in plaas daarvan om die moed te hê om te sê: this is me, with myself, true to my Self.
2. “I wish I hadn’t worked so hard”
Sy het dit veral onder mans gevind dat daar ʼn diep selfverwyt is oor die hoeveelheid ure wat verbeur is op die treadmill van werk ... werk ... werk! Sy skryf: “There is nothing wrong with loving your work and wanting to apply yourself to it. But there is so much more to life. Balance is what is important, maintaining balance.”
3. “I wish I’d had the courage to express my feelings”
Baie mense onderdruk hul gevoelens om die vrede te bewaar wat tot gevolg het dat hul “settle for a mediocre existence” en dan mekaar blameer hiervoor in plaas daarvan om verantwoordelikheid te neem vir ʼn opregte deurleefde liefde vir myself en sodoende die potensiaal ontsluit van wat ons bestem is om te wees. Die invloed wat bitterheid, wrokke, en verwyte het op ons gesondheid, is onberekenbaar!
4. “I wish I had stayed in touch with my friends”
Ons raak so vasgevang en opgeknoop in ons eie klein home movie dat ons, eers as ons verdwaal in die wildernis van ons eensaamheid tot stilstand kom, besef hoe ons ons vriendskappe verwaarloos. Dit sluit verseker ons familie in en nie net ons eie gesin en kinders nie maar ook ons ouers en hulle ouers as ons geseënd genoeg is om hulle nog naby ons te hê.
5. “I wish that I had let myself be happier”
Dis is nie ʼn verrassing dat dié een onder die top vyf is nie want dit is werklik eers as jy dood in die oë kyk dat jy besef dat happiness is a choice! Mense raak verstrik in ou patrone en gewoontes en noem dit “comfort” met ʼn familiariteit wat verstik aan alles wat ons vanselfsprekend aanvaar. Die ganse lewe kom neer op liefde óf vrees — elke emosies, elke aksie, elke reaksie. Jý kies ...! Miskien sal jy sê “maar ek is nie sterwend nie!” en daarop wil ek vra: so wat is jóú verskoning dan?
Bronnie Ware skryf “There is a fine line between compassion and a victim mentality. Compassion though is a healing force and comes from a place of kindness towards yourself. Playing the victim is a toxic waste of time that not only repels other people, but also robs the victim of ever knowing true happiness.” Vrees maak dat ons voorgee wie ons nie is nie; vrees maak dat ons inkoop in mense om ons se home movies en so begin die vooroordele. Gou daarna het ons verleer om onsself lief te hê met aanvaarding, respek, menswaardigheid en seëning!
Jy word uitgenooi om Sondag met hart en siel deel te wees van ʼn herinnering wat dit is om ten volle mens te wees en in ons (mede)menslikheid die liefde van God na mekaar te reflekteer. 10h00 Sondag is ʼn Celebration of Life!
ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Two: From forgetting who we are to remembering who we are.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“It is one of the most beautiful compensations in life… that no man can sincerely try to help another without helping himself” — Ralph Waldo Emerson