Isolasie en Transformasie XII

1 Julie 2020

• • • “You can talk with someone for years, everyday, and still, it won't mean as much as what you can have when you sit in front of someone, not saying a word, yet you feel that person with your heart, you feel like you have known the person for forever.... connections are made with the heart, not the tongue.” ― C. JoyBell C.

Om te kan luister en werklik te hoor. Om te luister, en nie te dink wat of hoe jy gaan reageer nie. Miskien nog meer belangrik — om te hoor wat nie gesê word nie.

Daar word vertel: ʼn jongman het eenmaal na Sokrates gekom en gevra om in die kuns van spraakonderrig te word. “Ek begeer om ook met soveel wysheid as u te praat. Ek wil die vaardigheid van debat aanleer, en ... en ...” Sokrates het sy hand opgetel en dit voor die jongman se mond geplaas en gesê: “Ek gaan jou ʼn dubbel fooi moet vra, want eers sal ek jou moet leer om stil te bly, voor ek jou sal kan leer om iets te sê!”

Elke dispuut, vergissing, en aanname, groot of klein, in jou gesin, vriendekring, of by die werk begin met swak kommunikasie. Iemand luister nie! As jy my vra wat 25 jaar se berading aan couples in gemeen het, is dit die feit dat ons mekaar nie hoor nie. Ons kan WhatsApp, SMS, FB messenger, Zoom, Skype, and Voice Note, maar het nie meer die basiese vaardigheid om voor iemand te sit en te kommunikeer nie — i.e. om te hoor wat iemand anders sê, en seker te maak daardie persoon hoor jou nie.

Goeie, suksesvolle kommunikasie is ʼn vaardigheid wat jy kan aanleer. Dis soos fietsry of tik. As jy bereid is om daaraan te werk, sal dit die kwaliteit van elke aspek van jou lewe verbeter. Maar soos Sokrates sê, gaan ons eers moet leer om stil te bly. Om te luister. Werklik te luister sodat ons sal hoor, sodat ons sal verstaan.

Om te leer wat beteken stilbly en wat beteken luister, begin by ʼn goeie gesonde interne dialoog waar ons intens bewus word van ons gedagtes, die warboel woorde in ons koppe, en hoe om ook na onsself te kan luister. Vra jouself: is hierdie gedagtes sinvol; het dit betekenis; wat wil ek regtig sê; hoe gaan ek dit oordra?

Ons almal ken die akroniem — T.H.I.N.K. before you speak: is it True, is it Helpful, is it Inspiring, is it Necessary, is it Kind ...?

  • Kommunikasie begin met intensie ... wat wil jy sê; waarom wil jy dit sê; hoe gaan jy dit sê?
  • Dan begin kommunikasie in ons gedagtes ... betekenis (ervarings) wat woorde soek
  • Dan begin kommunikasie in ons emosies ... al die aksies en reaksies wat ons wil verwoord
  • Daarna kom lê kommunikasies in ons lyftaal ... ons gebare, ons intuïsie, veral ons oë
  • En pas daarna begin kommunikasie eers met woorde ... wat meer as dikwels die begin is van alle misverstand

• • • “Listen with curiosity. Speak with honesty. Act with integrity. The greatest problem with communication is we don’t listen to understand. We listen to reply.” ― Roy T. Bennett

Goeie kommunikasie (om seker te maak jy luister, en seker te maak jy word gehoor) dra by tot ons lewenskwaliteit siende dat dit die een aspek van ons menswees is wat ons 24/7 doen ... selfs in ons drome. Die kwaliteit van ons kommunikasie is nêrens duideliker sigbaar (hoorbaar!) as in ons konflik nie. Daar waar ons iemand verneder, want ek is kwaad. Daar waar ons só hard praat dat niemand jou hoor nie. Daar waar alle menswaardigheid (dignity) by die agterdeur en alle medemenslikheid (humanity) by die voordeur uitstorm, of my stil-stuipe net ʼn vorm van boelie geword het.

Waarom is hierdie ‘gesprek’ belangrik ...? Want ek voel dit raak direk die ‘kommunikasie’ tussen ons en God. Ons hoor lankal nie meer nie. Ons praat en roep, bid en bewoord, maar luister nie meer nie. Ons gesprekke met God is gelaai met vooropgestelde idees ... geraam in geparfumeerde teologiese fiksasies oor wat is die regte, en verkeerde manier van met God praat. Die meeste van ons gebede het gewoon te veel woorde en te min stilte. En selfs as ons oor God praat, dan het ons woorde ʼn onderstroom.

Soos al dikwels gesê — God is die hele tyd, in ʼn duisend stemme op ʼn duisend plekke op ʼn duisend maniere met ons in gesprek. HOOR ons dit?

Is ons gesprekke met God ʼn projeksie (ego) of ʼn refleksie (siel)? Wat bedoel ek hiermee ... is ons woorde gelaai met behoeftes, verwagtinge, en vereistes of kom dit, soos dit altyd moet, uit ʼn plek van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing?

Twee dae terug sê ʼn man, “Ek bly al jare lank stil om die vrede te bewaar ...” en net gister sê ʼn vrou, “Ek praat maar met God, want my man hoor my al jare lank nie ...”

Dit breek my hart om so iets te hoor. Vir beide het ek aangebied om te help om ʼn brief te skryf. Met hand, in ink, op papier waarin hulle vir hul vrou en man kan sê, “Ek wil hê dat jy my hoor ... regtig hoor ... want ek het só nodig om gehoor te word.”

Die hele lewe, elke oomblik van my hartklop, is ʼn interaksie, ʼn konneksie — laat dit begin in ons gesprek én stilte met God; laat dit oorloop na elke dialoog met myself én met jou; en laat dit saans tot rus kom in ons oordenking én aandgebed.

Dis genoeg vir vandag!
Met liefde

YouTube Video's: Gaan loer op YouTube na ons video's van Hoop en Bemoediging wat ons maak in die tyd sonder ons Sirkel-byeenkomste:
https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw/videos

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“It takes two of us to discover truth:
one to utter it and one to understand it.”

― Khalil Gibran 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Ons is besig om die nodige beplanning te doen om met ons dienste en gespreksgroepe te begin.
WATCH THIS SPACE!

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights