“A truth that’s told with bad intent
Beats all the lies you can invent.”
— William Blake, ‘Auguries of Innocence’ —
In die Brief van Jakobus word baie gepraat oor die tong en hoe die enigste spier wat nie aan been verbind is nie ook die oorsaak is van ons grootste swakheid ... disinformasie en miskommunikasie! And boy oh boy, how the coronavirus underlined this sad truth.
Die feit dat die meeste mense deesdae met hul duime reageer en sosiale media ʼn platform geword het waar mense sê wat hulle wil, soos hulle wil, wanneer en aan wie hulle wil, het die gaping tussen waarheid en wysheid net nog groter geword.
Jakobus praat van die double-mindedness van die mens wat soos ʼn golf heen en weer geslinger word. Die eerste hoofstuk van sy brief word gewy aan die vraag oor ons geduld en uithouvermoë, ons volharding en ons vasberadenheid — our tenacity and resilience! Waar hierdie waardes (deugde) ontbreek, weeg die twyfel swaarder as geloof en skree die vrese harder as die liefde.
Ons word eenvoudig oordonder met fake-news aan die eenkant en ʼn snowflake-mentality aan die anderkant wat oor alles aanstoot neem. Ons liggelowigheid (gullible) maak dat ons alles glo en niks glo nie (double-mindedness) ... vir alles staan en vir niks staan nie (double-mindedness). Nog nooit in die mens se geskiedenis het ons meer toegang tot informasie gehad, en terselfdertyd so gebrek aan kennis nie.
“We are buried beneath the weight of information, which is being confused with knowledge; quantity is being confused with abundance and wealth with happiness. We are monkeys with money and guns.” — Tom Waits
Om die waarheid van onsself vir onsself te kan sê, is die begin van wysheid. Die gawe van ʼn onderskeidingsvermoë (the gift of discernment) is ʼn reis wat elke dag van vooraf begin, en elke oggend begin met 'n gebed ... om te weet wat is reg en wat is verkeerd, wat is goed en wat is sleg, wat is sinvol en wat is nonsense, wat dra waarde by en wat stroop jou van menswaardigheid ...
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan ALMAL sonder voorbehoud en sonder verwyt.” — Jakobus 1:5
Kennis is om te weet WAT om te sê. Wysheid is om te weet WANNEER om dit te sê. Kennis leer jou hoe om glas te maak. Wysheid maak dat jy deur die venster sien. Of soos die Zen spreuk sê — “Knowledge is learning something every day. Wisdom is letting go of something every day.”
“Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.” — Jakobus 1:13-15
Dit gaan nie oor ʼn fisiese dood nie, maar oor ons emosionele, intellektuele, en spirituele dood — omrede ons eie begeertes en verwagtinge en behoeftes ons meesleur, sal ons als vir soetkoek opeet en dan kwaad word omdat ons dom is.
“My liewe broers (en susters), dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad (Gr: orgi — violent emotion / wat die siel van die denke skei) word nie. Want die woede van die mens bewerk nie die geregtigheid (Gr: dikaiosuni — state of who and what we ought to be) van God nie.” — Jakobus 1:19-20
God is nie in die besigheid van hindernisse in ons lewe plaas óf wegvat nie, God belowe nêrens ʼn pad om die slaggate van die lewe nie ... wat Hy wel belowe is om by en met ons te wees wanneer ons deur die dryfsand van teleurstelling en loopgrawe van spanning gaan. Iemand het êrens gesê: God sien nie medaljes, grade of geld nie, God sien wonde en littekens.
Woede is vuil klippe in ons drinkwater. Om te veel, te vinnig, te hard te sê, maak die waarheid troebel en die wysheid suur. Nou is die vraag: kan ons ons wonde verander in wysheid? Kan ons getrou wees aan onsself en daarom vertrou word? Kan ons vra vir – for the gift of discernment in order to heal and clean our double-mindedness?
Omring jou met mense wat intellektuele, emosionele, en spirituele waarde toevoeg. Mense wat wysheid en waarheid kweek, koester, en kultiveer.
Dit lyk vir my na vandag se gebed.
Soos altyd Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Met liefde
YouTube Video's: Gaan loer op YouTube na ons video's van Hoop en Bemoediging wat ons maak in die tyd sonder ons Sirkel-byeenkomste:
https://www.youtube.com/
Alle Neo-Spektrum byeenkomste
is opgeskort tot tyd en wyl
dit veilig is vir almal se gesondheid