Hierdie week se liturgie: 15 Maart 2020
“The beginning of love is the will to let those we love be perfectly themselves, the resolution not to twist them to fit our own image. If in loving them we do not love what they are, but only their potential likeness to ourselves, then we do not love them: we only love the reflection of ourselves we find in them” ― Thomas Merton, No Man Is an Island
Ons gesels hierdie maand oor die begrip — SOULMATES. Laas week het ons afgeskop met ʼn gesprek oor WHOLENESS en die sirkel veel wyer getrek as die eng beskouing dat ʼn Sielsgenoot net gevind kan word in een verhouding met een persoon. Wanneer ons besef dat die woord Sielsgenoot ʼn verwysing is na God in en deur my, aan elkeen wat my pad kruis of saam stap, dan kweek ons ʼn sensitiwiteit dat ʼn Sielsgenoot die kwaliteit van God’s teenwoordigheid in AL ons verhoudinge is ...
Hierdie week gaan ons nog ʼn aspek van ʼn SIELSGENOOT verken, naamlik — TRUST. Waaraan dink jy as jy die woord, VERTROUE hoor? Eerbaarheid, betroubaarheid, geloofwaardigheid ... belief, confidence, certainty, reliance ...?
Elkeen van ons gaan ten minste een keer in jou lewe deur ʼn ernstige breek in vertroue. Ons het dagboeke vol van dié herinneringe. Min van ons is egter eerlik genoeg om te erken dat almal van ons het al êrens iemand se vertroue gebreek. Die verneuk is nie soseer ʼn derde-party nie, maar waar jy nie meer ʼn veilige hawe is vir jou sielsgenoot, veral nie in sy/haar weerloosheid nie. Die breek in vertroue gaan grotendeels oor die ontnugtering, that I cannot be me with you (anymore)! Of soos iemand nou onlangs sê — “I’m not divorcing you, I’m divorcing the person that I have become ...”
Prof. Frances Frei (Harvard Business School) teken ʼn driehoek met punte wat vertroue skep, instandhou, en help om te herstel. Dit is — [E] = empathy + [L] = logic + [A] = authenticity
Die mees algemene wobble in ons vertroue is die feit dat ons nie glo iemand luister, verstaan, identifiseer, en het empatie met ons gevoelens nie. Ons verloor ons vertroue as ons voel iemand hoor nie. As jy vertroue wil herstel, is dit tyd om jou sentimentele simpatie te vervang met eerlike en geloofwaardige empatie. As jy nie die verskil ken tussen simpatie en empatie nie, lees enige van Brené Brown se boeke of kyk hierna:
Wanneer logika deur ʼn wobble gaan in jou kommunikasie, is dit nie lank voor vertroue aan skerwe lê nie. Los die veralgemening, en vermy die onheilige drie-eenheid van ‘ALLES, ALTYD, en ALMAL’ ... want onder die beste van omstandighede weet die meeste mense nie om te redeneer sonder om te verkleineer of te verneder nie. Soms weet mens nie of daar enige salf te smeer is aan ʼn gebrek aan common sense nie. Vertroue word nie gekoester as ons nét reageer nie, en wanneer persepsies en projeksies elke gesprek oordonder nie. Nee, vind ʼn manier van kommunikeer waar julle mekaar hoor, want dit kultiveer vertroue.
Die moeilikste van die drie wobbles is die vraag hoe om ‘authentic’ te wees in wie jy is in elke aksie en reaksie. Dis makliker gesê as gedaan as ons hoor, “Just be you ...” want ons het enersyds nie ʼn idee wat dit beteken nie, en andersyds laai dit ʼn spul skuldgevoelens op ons skouers omdat ons grootgemaak is met die idee dat dit gaan oor iemand anders se gevoelens, iemand anders se behoeftes, iemand anders se ‘being true’ en enige fokus op jouself is selfsugtig. Dit raak nog meer kompleks as ‘my being true’ verskil van mense om jou en jy voel jy die hele tyd ʼn kompromie moet maak net om nie verwerp te voel/word nie. Hier is die vraag: if you can’t tell the truth about yourself to yourself, how can you tell that truth to someone else ... and if you can’t live within your own truth, how will you ever know the truth of someone else?
Frances Fei sê, “Here’s my advice, wear whatever makes you feel fabulous. Pay less attention to what you think people want to hear from you and far more attention to what your authentic self needs to say. And to the leaders of big corporations, make sure that your organisations are safe, welcome spaces for people to show up as themselves.”
VERTROUE is iets wat met vrymoedigheid bespreek kan word. Daar is ʼn groot verskil tussen ‘feeling unsure’ and ‘feeling insecure’ en ons moet ʼn manier vind om dit vir mekaar te kan sê. Vertroue is om vir mekaar vere te gee vir ons vlerke. Vertroue is om jou vlerke te sprei en die vryheid te hê om te kan vlieg. C. JoyBell C. verwoord dit mooi, “I have come to accept the feeling of not knowing where I am going. And I have trained myself to love it. Because it is only when we are suspended in mid-air with no landing in sight, that we force our wings to unravel and alas begin our flight. And as we fly, we still may not know where we are going to. But the miracle is in the unfolding of the wings. You may not know where you're going, but you know that so long as you spread your wings, the winds will carry you.”
In my beskeie ervaring is dit onmoontlik om te praat oor ʼn vertroue in God as ek my medemens nie vertrou nie. Hoe kan ons praat oor eerbaarheid, betroubaarheid, of geloofwaardigheid as ek nie vertroue in myself het nie — nie my geloof, hoop, of liefde nie ...?
Kom ons gesels eerskomende Sondag oor vertroue in myself, my ewemens, en uiteindelik ook in God ... because that’s what soulmates do!
Hoop om jou in ons Sirkel te sien.
Soos altyd Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Met liefde
Naskrif: Lees weer Thomas Merton se aanhaling uit 'No Man Is an Island' hierbo.
Prof. Frances Frei:
.
“Keep your promises and be consistent.
Be the kind of person others can trust.”
― Roy T. Bennett ―
.
Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 23 Maart @ 19h30
Kolping: Donderdag 12 Maart @ 19h30