Bekende Gebede — Gebed van Jesus

Sondagdiens

2 Februarie 2020

Hierdie week se liturgie: 2 Februarie 2020

Bid mense nog, of slegs in nood? Wat is die inhoud en betekenis van gebede? Is daar werklik krag in gebed en hoekom verhoor God net sekere gebede?

Dit is ʼn paar van die vrae wat ons in Februarie gaan verken. Toegegee dat ons al dikwels oor ‘GEBED’ gepraat het, maar dié maand gaan ons ʼn paar bekende gebede vat en dit ontgin om te sien waarom dit die toets-van-tyd deurstaan het en wat kan ons leer van hierdie gebede. Ons gaan kyk na die gebed van St. Franciscus van Assisi — Lord, make me an instrument of thy peace …” en na Reinhold Niebuhr se “Prayer of Serenity” en Fr Thomas Keating se “Welcoming Prayer” — saam met dit gaan ons ook kyk na “Die Here is my Herder” van Dawid in Psalm 23; en St Patrick se “Christ Be With Me”; asook bekende gebede van John Wesley onder andere: “Covenant Prayer”, and “We Bless You”; insluitende Thomas Moore se bekende gebed, “Lead Me” ...

... maar eerskomende Sondag begin ons met seker die bekendste gebed van die laaste 2000 jaar naamlik die ‘GEBED VAN JESUS’ en ons gaan na die Aramese weergawe (die taal wat Jesus gepraat het) kyk. In my beskeie mening het dit ʼn veel dieper betekenis as die weergawe wat ons ken uit Matteus 6:9-13 en die verkorte weergawe van Lukas 11:2-4.

Om mee te begin moet ons net eers die gebed van Jesus in konteks plaas van Matteus en Lukas. Dit word vandag algemeen aanvaar deur Bybelkundiges dat Paulus se briewe is geskryf tussen 54 en 64AD. Dit is met ander woorde geskryf die naaste aan die tyd wat Jesus geleef het al sou dit 20, 30 jaar ná die dood van Jesus wees. Markus is geskryf tussen 65 en 75AD toe Joodse volgelinge van Jesus dit in die tempel gevier het en daarom is Markus Evangelie meer Liturgie as Biografie van Jesus se lewe.

Matteus is geskryf toe Joodse Christene uit die sinagoges verban is tussen 85 en 88AD. Lukas Evangelie en die boek Handeling is geskryf tussen 85 en 90AD, terwyl Johannes Evangelie geskryf is rondom 100AD. Al vier Evangelies is geskryf in Grieks. ʼn Taal wat nie een van die dissipels, óf Jesus, gepraat of gelees het nie. Benewens dit, is dit duidelik dat nie Matteus of Lukas enige Hebreeus vaardig was nie waarvan die verkeerde aanhalings en vertalings van die Ou Testament in Matteus ʼn duidelike bewys is omrede die skrywer die Griekse vertaling van die Ou Testament gebruik as hy sy Evangelie skryf.

Die Hebreeuse alfabet het 22 konsonante en geen vokale nie. In die Joodse Mistiek word geglo dat God elke letter van die alfabet gevorm het. Elkeen van die 22 letters het klank, kleur, getal, en betekenis. Twee letters namekaar verander die klank, kleur, getal, en betekenis. Dit maak van die Hebreeuse taal ʼn tapisserie wat geweef is in simboliese taal en metafore, met ʼn ryk mistieke agtergrond.

Met dit gesê, kom ons lees die (foneties) Aramese teks, met die letterlike vertaling, en dan die interpretatiewe uitleg vanuit die Joodse Mistiek.

  • abwoon d'bwaschmaja — beloved Father, who is in heaven — from whom the breath of life comes, who fills all realms of sound, light and vibration
  • nethkâdasch schmag — (let) be glorified, your name — may your light be experienced in thy utmost holiest
  • tetei malkuthag — it will come, your kingdom — your heavenly domain approaches
  • nehwey tzevee-yanag — it will be, your will — let your will come true
  • eyekâna d'bwaschmâja of b'arha — as in heaven, also on earth — in the universe (all that vibrates) just as on earth (that is material and dense)
  • ablân lagma d'soonkahnân yowmâna — give to us the bread of our daily need — give us wisdom and understanding for our daily need
  • waschwok lân gavbên eyekâna daf g’hnân schwaken el'gaijabein — and forgive to us our debts, as also that we forgive those who are in debt to us — detach the fetters of faults that bind us, as we let go the guilt of others
  • oola ta’alân el'nesjona — and cause us not to enter in trial — let us not be lost in superficial things (materialism, common temptations)
  • ella patzân min bischâ — rather deliver us from the accuser — but let us be freed from that what keeps us off from our true purpose
  • metol dilagie malkutha oohaila ooteschbôgta — because it is your kingdom, your power, your glory — from You comes the all-working will, the lively strength to act, the song that beautifies all and renews itself
  • l'ahlâm almîn — (it is) forever (and) ever — in everything seen and unseen, until end of time
  • amayn — amen — this is sure, I confirm with my entire being

Hier kan jy daarna luister:

Die uitspraak varieer ietwat tussen Siries Aramees (wat vandag nog gepraat word in Sirië) en Joods Aramees, maar die video sal help met die uitspraak.

Kom ons gesels Sondag oor — (i) wat en waar is die Koninkryk van God(ii) wat is die WIL van God, hoe ken en leef ons dit, (iii) waar en wanneer raak hemel en aarde aan mekaar, (iv) wat is die simbool van brood en vergiffenis, (v) wie is die ‘aanklaer’ en wat is sonde (dysfunctional behaviour) ...?

Kom ons gee hierdie gebed weer nuwe betekenis en maak dit deel van ons daaglikse ritueel.

Ons nooi jou van harte om die volgende maand by ons aan te sluit vir ʼn sinvolle gesprek oor GEBED en jy kan jou vrae saambring en daar sal tyd wees om dit te antwoord.

Liefde en seënwense vir die res van jou week.

Met waardering

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Prayer does not change God,
but it changes him who prays.”

― Soren Kierkegaard 

.

A COURSE IN MIRACLES

Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 10 Februarie @ 19h30
Kolping: Donderdag 6 Februarie @ 19h30

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights