Ons gesels Februarie oor: VRAE EN ANTWOORDE OOR GOD — daar is baie vrae wat ons as (moderne) mens het oor die bestaan en betekenis van God. Neale Donald Walsch gee ʼn pragtige beskrywing van God wat sterk met my hart resoneer — “God is an Essential Essence that permeates everything, the Prime Source of unlimited intelligence and the Prime Force of unlimited creation. God is at once both The Creator, The Created, and The Creation, a Pure Energy that impacts upon Itself. It is the seat of all Wisdom, the wellspring of all desire, the fountainhead of all power, and the origin of all reality. It is, a single word, LOVE!”
Die meeste van ons het ons grootgeword in ʼn milieu waar ʼn mens niks oor God bevraagteken nie. Waar ʼn sin begin met “Maar die Bybel sê ...” was enige argument daarna taboe. Op Universiteit is ons geleer van Situasie Etiek — dat ʼn mens onder andere nie mag steel nie maar as jou kind sterwend is van honger is daardie appel of twee wat jy steel, aanvaarbaar; mens mag nie doodmaak nie maar as iemand jou lewe bedreig, is dit okay. Ek gewonder, wie maak die reëls, en nog meer, wie maak die uitsondering op die reëls? Nog meer vrae sou knaag: glo ons uit gewoonte ... glo ons uit vrees ... glo ons vir sekuriteit ... of glo ons uit ʼn diep besef van wat liefde beteken en hoe dit deur ons manifesteer? Daarbenewens was die Godsbeeld wat aan ons voorgehou is ʼn dualisme tussen liefde en vrees; tussen vergifenis en straf; verwydering en versoening. Die paradoks van opdragte, gebooie, wette wat ons moet nakom om die guns van God te wen asof God iets nodig het van die mens. Meer en meer het ek begin wonder of ons Godsbeeld nie net ʼn projeksie is van ons eie verwagtinge en behoeftes nie. Meer en meer moes ek myself afvra: wie is hierdie God in wie ek glo? Nie een van die bokse (mantels) het gepas nie trouens, meer as dikwels het die wysgere my gevra om iets anders te gaan studeer, ʼn ander kerk te vind en as ek wil bly, moet ek my van my sondige weë bekeer. Steeds, dalk meer, het ek koersvas in die God geglo wat ek in elke aspek van my lewe ervaar as Lewe, Lig, Liefde.
Met my bevestiging as predikant in Tamboerkloof NGK het Dr Frederick Marais van Stellenbosch die verhaal van Jona gelees. Min sou ek weet hoe dié verhaal hom nog in my lewe sou reflekteer. Die verhaal speel af in die tyd van Assiriese onderdrukking ± 750BC en hierdie profeet kry opdrag om na Nineve, die hoofstad van Assirië te gaan en vir hulle te sê – “jul slegtigheid styg op tot by my” (as mens dit letterlik vertaal). Vir Jona is dit te veel gevra en hy vat ʼn boot uit die hawe van Joppe (vandag se Tel Aviv) na die teenoorgestelde rigting. Vir hom is daar ʼn baie besliste grens van hoe vêr God se liefde mag strek. Daar kom ʼn storm op en die mense op die boot vra hom wie hy is en wat hy gedoen het dat dit gebeur. Vreemd genoeg bid hul tot die Hebreër se God, en dan gooi hul hom oorboord waar ʼn vis hom sluk. Vir ‘drie-dae-en-drie-nagte’ sou hy ʼn serious gastronomic work-out hê. Daar is niks soos om ʼn paar dae in die aqua pens te sit om jou te help reflekteer oor ʼn paar goed nie J ... hy kom in Nineve aan en sy ‘preek’ is 7 woorde – “Net 10 dae en Nineve word verwoes!” Ek kan my net voorstel hoe suur Jona dié kort preek moes lewer so tussen geknelde tande en stywe lippies. Die hele stad kom tot bekering, oud en jonk trek rouklere aan, die koning vaardig ʼn dekreet uit dat niks (mens of dier) mag iets eet of drink nie. Die stad word gespaar en almal loof en prys God behalwe Jona, hy het ʼn tantrum! Hy gaan soek ʼn heuwel en daar sit hy, dikbek en nukkerig. Mens sou dink hy sou bly wees maar hy sit en brom, “Ek weet die Here is genadig en barmhartig, lankmoedig en vol liefde, but really ...??” Vir hom is dit onmoontlik om te dink dat God se liefde alles en almal insluit ... Die son bak hom flenters en dan kom daar ʼn plant op wat vir hom skaduwee gee maar toe vreet ʼn wurm die plant op. Wéér ʼn tantrum. God vra hom waarom hy so kwaad is en hy antwoord dat die son besig is om hom dood te brand, die stupid bos wat moet skadu gee, die stupid stad wat tot bekering kom, die stupid vis, die stupid job wat hy het ... maar die Here sê vir Jona, “Jy is besorg oor die komkommerplant waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het oornag opgekom en oornag is dit dood. Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, ’n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie die verskil tussen hul regter- en linkerhande ken nie, sowel as baie diere?” Stel jou voor, hondeliefde vir iemand wat ons sien as ʼn vyand? Waar trek ons die grens van “jy moet jou vyande liefhê” en sluit hierdie ‘vyande’ iemand in wat ʼn moordenaar is, iemand soos ISIS of Boko Haram, iemand wat jou bitter seergemaak het?
Met kennis, verstaan, en begrip vir die agtergrond van die tekste uit ons Heilige Boeke en ʼn intense deernis vir die milieu waarin die skrywers die woorde verstaan as ‘van God’ en dit met hul lesers gekommunikeer het, vra dit vandag ʼn groot “WHAT IF ...” — “What if ... God demands nothing, judges nothing, and punishes nothing?” Maak dit regtig saak, maak dit regtig ʼn verskil in the greater scheme of things, en gaan dit enige iets verander aan die uitkoms van die mens as spesie en die planeet se plek in die groot kosmos? Waar het die laaste 2000+ jaar se dogma dat God is demanding and commanding ons gebring behalwe vir die selfgeregtigheid waarmee ons mekaar veroordeel? Mens wonder hoe 2000 jaar se Christelike oorheersing in die Weste die pad so byster kon raak oor die gebod van LIEFDE & COMPASSION of het ons wettisisme van punishment & retribution ons harte gesmoor om die liefde van God te weerkaats? Die argument (verskoning en redes) dat sonder hierdie wette sal die wêreld gedompel word in chaos, hou gewoon nie meer water nie.
Gaan sit en kyk na die verkeer om Arc de Triomphe in Parys — daar is geen lane wat gemerk is nie, geen verkeersligte, geen tekens wat wys wie mag ry of waar om te gaan nie, geen verkeerspolisie wat die non-stop verkeer reguleer nie. Duisende mense vind hul weg om die monument elke dag in ʼn hectic mish-mash of iron and tires ... wanneer jy weet wat om te doen, wanneer jy besef wat jy doen is vir die groter vloei van energie (lees: LIEFDE), doen mense dit effortlessly spontaneous. ʼn Paar honderd meter van Arc de Triomphe is die Champs-Élysées met al sy verkeersligte en lane wat duidelik gemerk is en waar baie meer ongelukke voorkom as om die Monument-Sirkel. Ons het van God ʼn karikatuur gemaak van ons projeksies van wie is IN en wie is UIT, wie is REG en wie is VERKEERD, wat is SLEG en wat is GOED en dit doen ons al klaend, murmurerend oor die storms, visse, Nineviete in ons koppe! Kom ons verken Sondag die volgende drie stellings aan die hand van – question the prior assumptions ...
· Kom ons praat oor ‘VRYE WIL en WIL VAN GOD’ as dit kom by siekte, dood, honger, geweld.
· Ons is in liefde ontvang en gebore. Niemand is onvoldoende, onvolmaak, onvanpas vir God nie.
· Kom ons gesels oor die ‘Pearly Gates of Heaven’
en waarom die bordjie sê: ALMAL WELKOM.Dink hieroor — “Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie. Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.” (Galasiërs 3:25-28) and also “For sin shall not be master over you, for you are not under law but under grace. What then? Shall we sin because we are not under law but under grace? May it never be!” (Romeine 6:14-15) Kom deel eerskomende Sondag in ons Wysheidsirkel vir ʼn uur se liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid, en blessing!
ACIM: 5 Februarie – Kolping Groep om 19h00 –en– 9 Februarie – Stadsgroep om 19h30 — ons lees: Chapter 13: The Guiltless World p236 Hardebankboek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting
Gedagte vir die Week:
“A God of Unconditional Love is utterly incomprehensible to a species that has still not learned to love itself enough to stop destroying itself” ― Neale Donald Walsch