ie jaar rol die laaste maand in ... die dae is gelaai met somer en oral word daar reggemaak vir die vakansie. Dié jaar het gegee en geneem, herinner en vergeet, verlang en onthou. As ek die jaar kan opsom in een woord is dit “GESEËND!” — inloop, oorloop, oorgenoeg.
Oor bietjie meer as 3 weke is dit (weer) Kersfees. Elke jaar maak ʼn appèl dat ons Kersfees anders sal vier met ʼn groter toewyding aan die spirituele inhoud en betekenis van dié dag. Oor die jare het ek keer op keer gesien dat Kersfees gewoonlik uitspeel in een van twee scenario’s — dit is óf ʼn tyd van familie en kuier, lekker eet en die somerson opsoek êrens weg van die huis – óf – ʼn tyd van spanning en onsekerheid, konflik en eensaamheid. Baie mense probeer om ʼn kombo van die twee bymekaar te trek met die hoop dat as mens net lank genoeg jou asem inhou en laag genoeg duik, sal dié golf oor ons koppe rol en kan ons die nuwe jaar begin met ʼn mandjie vol vars nuwejaarsvoornemens om dit volgende jaar anders te doen.
Die religieuse storie ken ons goed ... daar is ʼn man en ʼn vrou en ʼn donkie, daar is ʼn ster en wyse manne met goud, wierook en mirre, daar is herders en engele wat sing “Vrede op Aarde!” met ʼn seuntjie in ʼn krip wat genoem sou word, Jesus van Nasaret. Wat ons nie weet nie is dat dié prentjie ʼn sosatie is van drie verskillende narratiewe deur drie verskillende outeurs wat drie generasies ná Jesus die verhaal sou verwoord in Grieks oor ʼn Joodse kind in ʼn Romeinse provinsie. Dit sou 325 jaar neem voor dié kroniek sy pad vind na die Bybel soos ons dit vandag ken en dié storie geweef sou word om die pagan feesdag op 25 Desember wat gevier is as geboortedag van feitlik al die pagan gode in die Midde Ooste.
Maar ons beur voort met goue balle aan plastiek bome en ʼn dik vader-kersfees met sy rooi -10°C winter pretpak in 40°C somer Suid Afrika want dis wat ons, en ons ouers, en hulle ouers gedoen het. Om aan die prentjie te peuter, sal daar gesê word, is om aan die essensie van die Christelike tradisie te karring trouens as daar vandag ʼn dekreet uitgevaardig word dat van nou af moet plastiek kersfeesbome vervang word met ʼn stinkhout of geelhout bonsai en mag vader-kersfees net ʼn rooi speedo en sandale draai, sal daar seker weer ʼn kommissie van ondersoek wees in die kerk om eers te moet besin oor ʼn versoeningsgesprek met diegene wat appèl aangeteken het in ʼn kersfeeskaartjie met ʼn slee in die sneeu op die voorkant en ʼn cliché Hallmark aanhaling bo aan “Happy Christmas!”
Miskien sal jy vra, “Waarom dryf jy die spot met dit wat vir ons spesiaal (lees: heilig) is?” Omdat ek wil hê ons moet weer die Christus onthou in Christmas. Omdat ek wil pleit dat Kersfees sal gaan oor meer as dekorasies, geskenke en die vasbyt omdat jy by jou ‘skoonma’ gaan wees vir Kersdag ... het jy geweet dat as jy die letters van ‘mother-in-law’ skommel dan kry jy ‘woman-Hitler’ — LOL! Miskien, dan net vir myself, gaan Kersfees oor die ‘Celebration of Life’ as die dag waarop ons ons eie geboorte vier — geboorte in ons potensiaal en moontlikhede, gebore met die vermoë om die geskiedenis van die wêreld om ons te verander. Word Kersfees die tyd waarin ons die ster word waarna mense opkyk en sal volg na die geleentheid om ons herberg oop te maak vir ʼn vreemdeling want wie weet wat dié jaar in ons stal kan gebeur as ons die herders word wat saam met die engele sing, “Gloria in excelsis Deo!” — en dit met hart, lyf, gedagtes en siel bedoel. Sal hierdie inhoud en betekenis van Kersfees dalk, net miskien, ons koppe swaai en ons harte verander om met elke Kersfees viering totaal, geheel en al, hernuwe te word om die nuwe jaar in te gaan en anders te dink, anders te reageer, anders te voel, en anders te handel en wandel in die getuienis dat ons onsself Christene noem.
Kersfees, soos met Pase, is ʼn tyd van oordenking; ʼn tyd van nabetragting oor die jaar wat verby is en geboorte gee aan ʼn nuwe jaar; ʼn tyd vir stiltetyd ... en as jy die woord ‘silent’ se letters skommel, is dit ‘listen’ ... die grooste geskenk wat Kersfees vir jou kan gee, is die herinnering dat die Seun van die Mens word Seun van God sodat ons as seuns/dogters van God weer seuns/dogters sal word vir mense om ons. God weet, die wêreld smag daarna! Die mensdom, afgewentel tot in ons naby familie en vriendekring, honger en dors na VREDE! Maar ons kan tog net sing “Vrede op Aarde” pas nadat ons gesing het, “Kom buig voor hom in aanbidding” -- of soos die Engels sê, “Oh come let us adore him!” Maar dan moet ons weet van wie ons sing en of dié persoon se lewe, lig, liefde ons inspireer om die Kers (simbool van lig) + fees (uitdrukking van dankbaarheid, waardering, erkenning) te word.
Dink ek weer aan die woorde van die briljante skrywer Nikos Kazantzakis in sy boek ‘The Last Temptation of Christ’ — “The dual substance of Christ — the yearning, so human, so superhuman, of man to attain God ... has always been a deep inscrutable mystery to me. My principle anguish and source of all my joys and sorrows from my youth onward has been the incessant, merciless battle between the spirit and the flesh ... and my soul is the arena where these two armies have clashed and met.” Daarom is, en sal Kersfees altyd vir my ʼn tyd wees van ʼn hernude commitment — wat uitdrukking kry in ons: devotion, dedication, discipline.
Die feit van die saak is dat ons elke jaar ons verjaarsdag vier op ʼn bepaalde dag terwyl ons elke jaar verby die datum leef waarop ons sal sterf. Die eerste het ʼn kring om en van die tweede een is ons onbewus en tussen die twee probeer ons ons beste ‘to make ends meet’ (pun). Die meeste van ons het ʼn selfoon en as Kersfees die metafoor van ʼn selfoon sou aanneem, het ons ʼn keuse of ons tydens load shedding ons foon gaan gebruik om te WhatsApp en Candy Crush te speel tot die battery pap is en of ons eerder die lig van die foon gaan gebruik om iets te ete voor te berei of ons te lei teen die donker trap na benede. Die lig (kers) word dan ʼn fees (celebration) waar God nie in die wêreld van ons nostalgiese ‘Stille Nag’ kom deur wit sneeu kaartjies en kleur-liggies nie maar deur ons toewyding om geboorte te gee aan ʼn HOOP dat ons die LIEFDE sal word vir die wêreld waarin ons leef.
Kom ons gesels Desember oor al die maniere waarop ons Kersfees anders kan vier as ʼn tyd van toewyding (sorg en liefde) en ons begin eerskomende Sondag met — COMMITMENT in not just giving fully, which is a powerful form of love, it is giving YOURSELF fully!
Dit is my wens dat dié Kersfees geboorte sal gee aan die herinnering — “Not a lukewarm season, but rather deeply committed to the principles we believe in. Who am we to be lazy when we have been called by God to greatness. May I not forget today the importance of the ground on which I stand.” (Marianne Williamson) — kom vier Kersfees saam ons en bring gerus vriende en familie saam vir ʼn besondere afsluiting tot ʼn uiters geseënde jaar!
KERSDIENS: Vrydag 25 Desember om 9am — kom vroeg vir sitplek.
Gedagte vir die Week:
“To embark on the journey towards your goals and dreams requires bravery. To remain on that path requires courage. The bridge that merges the two is commitment.” — Steve Maraboli