26 Februarie 2017

Skrywers is towenaars! Hulle hengel gedagtes met letters en woorde en drup dit met ink op papier. Met die lees daarvan vind iets plaas tussen kop en hart en in uitsonderlike gevalle tussen hart en siel. Fiksie is selde my gunsteling leesstof behalwe as ek daarmee vereenselwig — soos Paulo Coelho se ‘By the river Piedra I sat down and wept’ of Milan Kundera se ‘Laughable Laughs’ of die memoir ‘A Movable Feast’ van Ernest Hemingway. Klassieke werke soos ‘Lord of the Rings’ het oor my kop gegaan ... dink ek het verveeld geraak halfpad deur, terwyl Benjamin Hoff se ‘Tao of Pooh’ en Antoine de Saint-Exupéry se ‘The Little Prince’ nog altyd op my lys was as ʼn móét lees. As jy my vra wat is my drie (all-time favourite) boeke, sal die antwoord besmoontlik wees — Collin Wilson se ‘The Outsider’; Ken Wilber se ‘The 1-2-3 God’; en Nikos Kazantzakis se ‘The Last Temptation of Christ’ wat al drie ʼn profound invloed op my lewe gehad het.

Dieselfde geld vir die films wat ʼn invloed op my lewe gehad het waarvan Wim Wenders se ‘Der Himmel über Berlin’(Wings of Desire); Robert Zemeckis se ‘Forrest Gump’; en Krzysztof Kieślowski se ‘Trois couleurs: Bleu’ — heel bo aan die lys is. Musiek het ʼn ander taal van kommunikeer. Die lirieke lê in die melodie en die melodie in die harmonie. Saam dans hierdie trilogie op die twee bene van soulfulness (gevoelvol) en mindfulness (geestesdenke). In die wêreld van musiek  is daar ook ʼn trilogie wat vir altyd en altyd ʼn invloed en betekenis in my lewe sal hê — Beethoven se Tweede Klavierkonsert (Adagio); Derde Klavierkonsert (Largo); en die grootste van die drie, sy Vyfde Klavierkonsert (Adagio) — al drie geskryf toe hy doof was! Volgens my sal daar nooit weer musiek wees wat my so aan die hart gryp, só met my emosies roer, of my gedagtes in ʼn ruspunt versamel soos hierdie drie bewegings nie.
Waarom hierdie 3x3 met julle deel ...? Omdat die wêreld van boeke, film en musiek die fondasie van my ervaringswêreld vorm. Daar is nie ʼn dag in my lewe waar hierdie drie nie manifesteer op een of ander manier nie — of dit op Kindle, YouTube of iTunes is, elke dag word beïnvloed deur wat ek lees, sien, en hoor. My wêreld is geweef in ervaar, verstaan, en gevoel. Die boeke wat ek lees, die films wat ek sien, en die musiek waarna ek luister, bring die kop, hart, en lyf bymekaar — en hier is wat dit vir my beteken: it’s not about words but about meaning; it’s about being here instead of getting there; it’s about the infinity of internal whispers!

Ons tema vir die maand is — RESET YOUR EARS -- en ons het reeds gepraat oor die beginsels van kommunikasie; ons het ʼn gesprek gehad oor die luister en hoor in ons tweegesprekke met mense om ons; laas Sondag het ons gepraat oor die ‘Stem van God’ en hoe om op daardie frekwensie in te skakel en eerskomende Sondag gaan ons die gesprek afsluit en gesels oor die INTERNE DIALOOG waarmee ons elke dag besig is. Hoe luister ons na ons eie fluistering? Waar eindig intuïsie en begin common-sense? Hoe versoen ons die stem van religieuse sekerhede en spirituele ervaring/belewenisse? Wat om te maak met ʼn kop wat op hol raak oor alles en hoe maak ons die stemme van obsessie (intrusive thoughts) stil? Wanneer is dit die ego wat skree en kerm, en wanneer is dit die siel se sagte fluistering wat ons wink na gemoedsrus?

Soos ons gegroei het uit ons adolessensie en met meer en meer verantwoordelikhede gekonfronteer is, het ons baie gehoor, “GROW UP!” en nou dat ons volwassenes is, is daar ʼn ander stem wat roep, “WAKE UP!” — want elke dag, elke oomblik is daar gedagtes en reaksies op alles wat gebeur. Elke sintuig kom met sy eie woordeskat en die vraag is, hoor ons dit, en hoe reageer ons daarop?

Twee bejaardes staan in ʼn winkel, die oom hou die mandjie vas en die tannie laai in. Hy gee haar ʼn soen op die voorkop en vat haar hand. ʼn Lied breek deur my hart vir dié gebaar van liefde. Onbesuis, haastig swerm ʼn klomp mense by ʼn boemelaar verby wat sit met ʼn pavement-special hond langs sy beker en bordjie wat sê, “God bless you!” ʼn Jong meisiekind met baie tattoos bring ʼn bakkie water vir die stert-swaai brak en ʼn sakkie lemoene vir die Bergie. Ek stop en luister na die blaf en tandlose bedanking van medemenslikheid. Laatmiddag ry ek oor Kloofnek en die see lê spieëlglad oor die horison terwyl die son die see met goud kwas. Ek hou stil en gaan sit op die bankie langs twee kanonne en voel die waardering van ʼn duisend emosies oor die mooi wat ons soms onverhoeds verras. Bad is ʼn luuksheid met die dat ons water spaar. Staan ek onder die stort met gesig in die water en skielik dink ek aan miljoene Suid Afrikaners wat nie die voorreg het van kraanwater nie. Spontaan breek ʼn dankgebed op my lippe vir die begunstigde voorreg wat ek het en dat niemand sien hoe trane en druppels meng nie.

Hier is my uitnodiging vir vandag — luister na die klop van jou hart; word bewus van die Elektrisiteit van ʼn Krag wat in en deur jou klop en nie van jou is nie; onthou die wonder van wat dit is om te lewe en alles wat moontlik is as ons net vir so oomblik eenkant staan en uit ons eie pad kom; skryf vyf goed neer wat jou gelukkig maak en vra ʼn vriend om dit ook te doen en deel dit dan; ek nooi jou om diep in jou spens te delf na dit wat jy sê jy glo, hoop, en liefhet om daarmee na die wêreld te kyk en te luister met nuwe ore.

Want sien, boeke en films en musiek het my geleer om te luister. Regtig te luister. Al drie dwing jou tot stilstand en om dan in stilte met die woord, musiek, beeld om te gaan. Eers as dit geïnternaliseer is, kan ʼn mens daarop reageer deur dit jou eie te maak. Dit geld vir ons gesprekke met mense — bly soms stil want ons praat gewoon te veel. Dit geld in besonder in ons gesprekke met God — raak stil want ons dink gewoon te veel. Maak vir jou ʼn lysie van jou 3x3 en bring dit Sondag saam. Ek sal baie graag wil hoor wat is die boeke, films, en musiek wat jou inspireer en jou kop en hart geskuif het om anders na die wêreld te kyk, anders te dink, anders te voel, en anders te reageer. Die wêreld gee vir jou ʼn kompas en ʼn kaart, net jý sal weet of jy tuis is of nie!

🌺 ACIM — Stad 27 Februarie 19h30; Kolping 2 Maart 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“When there is complete peace of mind when the outer world is chaotic you will truly be free.” ― Matthew Donnelly

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights