Laai hierdie week se liturgie af: 30 Junie 2019
[O, give us this day our daily BREATH]
Aan die einde van die boek ‘The Shack’ (deur William Young) vra Mackenzie, die hoofkarakter, vir Jesus as hy ʼn near-death-experience het: “Don't all roads in life lead to you?” Dan antwoord Jesus, “No. But I will take all and every road to get to you.”
Dit is wat Liefde doen. Dis hoe Liefde werk.
Iemand stuur ʼn boodskap via Facebook en vra, “How can you call yourself a Christian and believe the things you do?” Ná ʼn paar keer se begin om te verduidelik en verdedig, besluit ek om net een sin te stuur: “It seems you have a problem with God loving us unconditionally.” Dit was nie 30 sekondes later nie toe die blou liggie flikker, “You make a mockery of God’s righteousness?” — whao! 'a mockery’ ...? en ek vra, “Why are you SO afraid that God is love, and only love and that nothing will ever separate us from the love of God (Rom 8:38-39)?” Drie dae en drie nagte later, geen antwoord nie.
Maak dit God minder God as ek glo God is nie in die ‘reward-and-punishment business’ nie? Plaas dit my buite die dampkring van God se liefde as ek van harte oortuig is dat God nie oordeel oor mensgemaakte sisteme wat ʼn wolk wil skuif tussen ons en God nie? Maak dit van God ʼn ‘bespotting’ as ek kies vir ʼn God se Liefde wat sonder voorwaardes en verpligtinge, alles en almal insluit?
ONS idee van liefde kom met verwagtinge. ONS dink liefde is iets wat jy kry (beloon) en iets wat jy kan verloor (straf). God isn’t like that. Not even a tiny little bit.
Ons twyfel nie in die Liefde van God nie, ons twyfel wel of God se liefde genoeg is ... is God se liefde genoeg vir my? Ons twyfel nie of God se liefde kan nie, ons twyfel wel of God se liefde wil... wil God se liefde genoeg wees vir my? As ons lank genoeg hoor vir wie God eintlik lief is en wie buite die liefde val en waarom ek (soos ek is) moet bedel vir God se liefde, dan gee ons op en gaan soek ons liefde op ʼn ander plek — soms in die lyf van ʼn ander, die ambisie van sukses, die mag van finansiële sekuriteit, in die obsessiewe najaag vir erkenning.
Waarlik, dit lyk vir my makliker om ʼn verslaafde te bring tot nugterheid, ʼn onbeskaafde te kry om sy geweld te stop, en ʼn lafaard tot ʼn heldedaad as om ʼn Christen te oortuig dat God liefde, net liefde, liefde genoeg is — en dat daar niks is wat ons kan doen om hierdie liefde ʼn druppel meer of minder te maak nie!
... and that is what grace is all about because GRACE IS THE ACCEPTANCE OF THE LOVE OF GOD.
Met dít in ons gedagtes en om ons hart geweef, gaan ons Sondag ons maand se tema afsluit oor — DIE LIEFDE VAN GOD.
Ons het gesels oor die waarheid dat liefde is Liefde is LIEFDE en maak nie saak wat die manifestasie of demonstrasie daarvan is nie dat liefde is die hart van God. Ons het die waarheid verken dat die liefde van God is genoeg — dit loop nie leeg nie, word nie gegee en dan weerhou nie, daar is nie witbroodjies en reëls met ʼn agenda nie ... dit is onvoorwaardelik en allesinsluitend. Soms vergeet ons dit as ons in ons eie ego-denke verdwaal of ons doel mis en die pad kwyt raak. Wat vertaal kan word met ‘sonde’ bring die gevoel dat die Liefde nie teenwoordig is nie, voel dit of ons gestraf word en God sy liefde weerhou, maar dit is gewoon nie waar nie. Al wat gebeur, is dat ons ons hande voor ons oë sit en dan skree, “EK IS BLIND!” tot iemand liefdevol ons hande wegvat en ons weer die Lig sien.
Elke Sondag was ook ʼn herinnering van die opdrag om mekaar lief te hê. Dit is nie ʼn ydele “dink aan hulle wat minderbevoorreg is” gebed nie maar ʼn aktiewe oproep om ons moue op te rol en iets daadwerklik te doen vir hulle wat “minderbevoorreg” is. Dit is ʼn opdrag om nie iemand te soek wat sy/haar liefde aan jou moet bewys nie, maar ʼn opdrag om iemand te wees wat die liefde van God deur hom/haar wys.
Ons het na die gelykenisse van die Barmhartige Samaritaan, die Goeie Herder, en Pêrel van Onskatbare Waarde gekyk en toe na die SEWE “Ek is ...” uitsprake van Jesus. In dit alles het ons gehoor, gesien, en gevoel dat die opdrag van God is om mekaar lief te hê sonder om enige iets terug te verwag ... sonder om iemand te versmoor met opdragte, reëls, gebooie, wette, en voorskrifte oor wat en hoe die Liefde van God geboorte gee aan die liefde van die Mens vir God.
Ons weet dat onvoorwaardelike liefde is meer eg, meer waar, meer outentiek, meer eerlik, meer radikaal — as vrees, wat altyd verwar, verneder, verneuk, verwerp, vervals, en verdeel.
Kom word saam met ons stil vir ʼn uur as ons met kerse en mooi musiek eerbetoon aan die Liefde en dan onsself oopmaak vir die Liefde om in en deur ons te vloei sodat ons met verwondering onsself kan toewy om met elke intensie, elke sintuig, elke droom, en elke aksie en reaksie die Liefde van God toelaat om ons lewe te verryk, te verander, en te vernuwe ... want hoor wat sê hy, "I will take all and every road to get to you!"
Met liefde
Terblanche
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
STAD: 8 Julie 2019 @ 19:30
KOLPING: 11 Julie 2019 @ 19:30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]