Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme II

14 Januarie 2018

LITURGIE: 14_januarie_2018

“For last year's words belong to last year's language
And [this] year's words await another voice.
And to make an end is to make a beginning."
― T.S. Eliot
Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... ʼn geleentheid om ʼn nuwe verstaan van God te kweek. ʼn Kans om die ou vorme en definisies van God te laat gaan en plek te maak vir ʼn nuwe ervaring met God — ʼn verhouding met God waar ons onthou: jy is my geliefde seun en dogter in wie Ek ʼn welbehae het ... en ons daarop antwoord met geloof, hoop, en liefde dat elke aksie en reaksie is ʼn herinnering dat ‘God-met-ons’ leef in en deur en by ons!
Die evangelie (wat beteken: goeie nuus) is: God is nie vêr nie, leef nie op ʼn afstand nie ... dis nie ʼn God om voor lig te loop en te vrees of vermy nie; ʼn nuwe bewussyn dat God nie straf, veroordeel, jaloers, of afgunstig is nie ... maar dat God, soos Hendri Nouwen dit stel, “a God that is moved by our pains, and participates in the fullness of human struggle ... God is a compassionate God.” — en dit is die eerste betekenis van die woorde, God-met-ons. Die tweede betekenis van Emmanuel (God-met-ons) is dat daar ʼn intieme verhouding is met die Goddelike wat in en deur ons beweeg — nie net wanneer ons dit onthou en ervaar nie, maar selfs as ons dit vergeet of verwerp. Nie net in ons dans en lag en omhelsing nie, maar ook in ons rou en pyn en hartseer. Dít is wat alomteenwoordig, almagtig, alwetend beteken — nie ʼn God in die hemel êrens in die heelal nie, maar hemel in ons; nie ʼn God wat net naby is as ons bid en lofprys of kerk en Christen nie maar ʼn God wat so deel is van ons as ons asemhaling.
Vir die kunstenaar is hy die Skilder. Vir die argitek is hy die Hoeksteen. Vir die bakker is hy die Brood van die Lewe. Vir die bankier is hy die Skat in die hemel. Vir die bioloog is hy die Lewe. Vir die bouer is hy die Fondasie en vir die argitek is hy die Hoeksteen. Vir die dokter is hy die Groot Geneesheer. Vir die onderwyser, die Leermeester. Vir die boer is hy die Saaier en Goeie Herder. Vir die bloemiste is hy die Roos van Saron en Lelie van die veld. Vir die geoloog is hy die Rots van alle tye. Vir die wynboer is hy die Wynstok. Vir die regter is hy die Regverdige en Ware Getuie. Vir die juwelier is hy die Pêrel van Onskatbare Waarde. Vir die joernalis is hy die Goeie Nuus. Vir die filosoof is hy die Waarheid. Vir die staatsman is hy die Koning van alle Nasies. Vir die student is hy Wysheid. Vir die akteur is hy die groot Regisseur. Vir Neo-Spektrum is God die middelpunt wat oral is en waarvan die omtrek onpeilbaar en allesinsluitende is.
... en DÍT is wie en wat Jesus simboliseer!
God in ons en ons in God en dat niks ons van die liefde van God kan skei nie. Daar waar ons met hart, siel, en verstand weet, “die Woord het vlees geword en het in ons kom woon!” Miskien is dit wat C.S. Lewis bedoel met, “The more we let God take us over, the more truly ourselves we become ...” Hoe meer God-met-ons gestalte in ons lewe kry, hoe meer sal ons Christ-like word en wees. Dit is my diepste oortuiging dat ons in ons essensie, in die kern van ons menswees, soos-Christus gebore is met die doel en betekenis om vir die wêreld die Weg, die Waarheid, en die Lewe te word sodat almal wat ons pad kruis, die gesig van God sal sien en sodoende in die Koninkryk van liefde, vreugde, en vrede sal leef.
God-met-ons beteken — ek is nie ʼn gevangene van my verlede nie en dat elke dag ʼn geleentheid is om te skep en te ontdek in die volheid van hierdie avontuur wat ons noem ‘LEWE’. God-met-ons is ʼn herinnering — dat my emosies is nie ek nie en dat dit net ʼn reaksie is op ʼn bepaalde gebeure in die verlede en dat ek altyd ʼn keuse het of ek gaan reageer met vrees of met liefde, met skuldgevoelens of met vergiffenis. God-met-ons beteken dat ons keuses van gister sê niks van ons besluit van vandag nie, en dat ons toekoms nie dieselfde paaie hoef te vat as gister nie ... dat ons altyd weer nuut kan begin en dinge anders doen. Of hoef nie eers apologie te maak teenoor God nie, of te pleit vir genade en liefde nie. Ons hoef nie te verdedig of verduidelik nie — just remember, you have never left home -- al voel dit of ons ligjare weg is van God, is God so naby soos een asemteug in en deel van elke aspek van ons menswees soos ʼn asemteug uit.
Kom ons vind ʼn nuwe taal, ʼn nuwe woordeskat om oor God-met-ons te praat. Elke nuwe oggend is nie net ʼn let go aan die nag nie maar ʼn vergewe van gister. Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... ʼn geleentheid vir ʼn nuwe simfonie, ʼn nuwe skildery, ʼn nuwe gedig met die titel: Emmanuel (God met ons!).“Wees stil in die teenwoordigheid van God en wag geduldig op Hom.” (Psalm 37:7) — is ons mantra vir vandag!
🌺 ACIM — Stad 19h30: 15 Januarie — en Kolping 19h30: 25 Januarie — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)

Gedagte vir die Week:
“Don't let the mist of circumstances block your imagination and stop you from making new beginnings.” ― Balroop Singh

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights