Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme IV

28 Januarie 2018

LITURGIE: 28_januarie_2018

Dit is 2018 — !! Hier gaat ons ... sonder water maar optimisties, positief, blymoedig, geesdriftig, met goeie voornemens en opregte intensies. Ons vra hierdie maand onsself af: wat het betekenis; wat het waarde; hoe gaan ons dié jaar anders doen; wat is ons bydrae; waar maak ons ʼn verskil? 
In die Ou Testament is daar ʼn woord wat ons in Afrikaans net ken as Silo ... maar in Hebreeus is daar drie woorde: shiylo (dit wat aan God behoort); daar is shiylow (plek van vrede); en iemand is shiyloh (God se geskenk). Die naam Shiloh verwys in die Joodse Mistiek na die Messias en kom net op een plek in die Bybel voor en wel in Genesis 49:10, “Die septer sal nie weggaan van Juda, ook nie die veldheerstaf tussen sy voete nie, tot Shiloh kom, en aan hom sal die gehoorsaamheid van die volke wees.” Of dit naam, plek, of verwysing is — Shiloh simboliseer iets besonder: dit sê iets oor ons waarde en ons deug; iets van ons oorsprong en ons behoort.
Wat beteken dit vir jou as jy hoor jy is Amadeus (beloved of God); dat oral waar jy gaan en vir almal wat jy ontmoet, is jy Emmanuel (God with us); om in murg en bloed te weet dat ons is Abigail (my Father’s joy); omdat ons gedoop is as Shiloh (belongs to Him/place of peace/God’s gift)?
Vir my is hierdie vier name die vier hoekstene van ons geloof. Die vier windrigtings, vier seisoene van ons hoop. Die vier stapstene vir ons pad terug na die huis van liefde.
Daar was seker nie ʼn psigoloog in die mens se geskiedenis wat die behoefte aan self-aanvaarding en self-realiseringmeer beklemtoon en beskryf het as Carl Gustav Jung nie. Ons weet wat is self-aanvaarding maar wat is self-realisering? Jung gebruik die term om te sê dat ons nie moet weghardloop van ons skaduwees nie — after-all, we can’t— maar dat ons ons skadukant moet integreer in ons lewe. Eers wanneer ons ons donkerkant integreer, kan ons dit na die lig bring en ophou om dit te ontken of weg te steek. Selfs ACIM verwys daarna as dit vermaan om geen ‘verwydering’ te skep tussen bewussyn en onderbewussyn, tussen lig en donkerte, tussen goed en sleg nie want die hele idee van verwydering (separation) is teelaarde vir die ego wat jou bombardeer met emosies van skuldgevoel en vrees sodat die verwydering volgehou kan word. Henri Nouwen verwoord dit mooi, “To come to an inner unity, totality, and wholeness, every part of our self should be accepted and integrated.”
Die ego verstaan van self-aanvaarding en self-realisering net mooi niks. Vir die ego is jy mooi ÓF lelik; slim ÓF dom; ryk ÓF arm. Jy is goed ÓF sleg; aanvaar ÓF verwerp; jy is gered ÓF verlore. Ek kan my voorstel hoe ontstoke die dominees moes gewees het toe Jesus sê, “ek het nie gekom vir die deugsames en eerbares nie maar vir sondaars ...”Dit het my ʼn goeie halwe eeu gevat voor die pennie gedrop het dat self-aanvaarding beteken om die mooi ÉN die lelik, die slim ÉN dom, ryk ÉN arm in myself te aanvaar en dat beide pole net in my kop leef en géén betekenis het vir God nie. Dit sou jare en jare se terapie vat om op ʼn plek van self-realisering te kom waar ek besef dat net ek, en ek alleen kan myself aanvaar ÉN verwerp; myself red ÉN verloor; myself lief ÉN vrees — en dat al die kontradiksies in my kop nie van die duiwel kom nie, maar deel is van dieselfde mindfulness wat lei tot die waarheid van jouself, vir jouself, aan ander. Dat die ganse wetenskap ons leer dat kontradiksies lei ons na die realiteit — dit wat waar en eg en eerlik is.
Vertrou jy God om jou te bring na ʼn plek van vrede, wat aan God behoort, en God se geskenk is? Vir baie mense is God ʼn magtelose boelie wat nie omgee nie en vir ander is God ʼn magtige baas wat jy moet vrees omdat God jaloers, outoritêr, en regter is wat alle ongehoorsaamheid straf. Min mense sien God as ʼn beminde geliefde wat dra en verdra, fluister en luister, gee en omgee, vergewe en versoen — en dat NIKS by God afgang van my aksies en reaksies, doen en late, geite of giere nie BEHALWE — waar ek mý wil in lyn bring met die THELEMA (splendour, desire, and delight) OF GOD dan sal ek onthou ek is Amadeus, Emmanuel, Abigail, en Shiloh en dienooreenkomstig optree en reageer. Ons sal luister na die Stem van Liefde!
Die Engelse woord ‘obedience’ kom van die Latynse woord ob+audire wat beteken: to listen with great attentiveness. As ons nie luister nie word ons doof vir die Stem van Liefde. Die Latynse woord vir doof is surdus — and to become completely deaf is to be absurdus — ja, jy lees reg – om intellektueel, emosioneel, spiritueel stokdoof te wees, is om ABSURD te wees.
As ons net vandag, môre, die week, dié jaar sal leer om te luister. Te hoor hoe God jou op ʼn duisend plekke, in ʼn duisend stemme roep as My Geliefde. Op ʼn duisend maniere verseker GOD MET JOU. In alles wat gebeur en alles waarop ons reageer jou steeds noem, MY VREUGDE en ons stuur in ʼn wêreld as GOD SE GESKENK, wat aan GOD BEHOORT, om ʼn PLEK VAN VREDE te skep.
Die teologie van ‘Jesus maak jou ʼn nuwe ‘persoon’ is gewoon nie waar nie — Jesus sê, “Kom ek wys jou wie jy reeds is. Kom ek help jou onthou hoe God na jou kyk. Kom ons restoureer (self-aanvaarding) en rehabiliteer (self-realisering) dit wat absurd is.”

🌺 ACIM — Stad 19h30: 29 Januarie — en Kolping 19h30: 25 Januarie — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!)

Gedagte vir die Week:
“Courage doesn’t happen when you have all the answers. It happens when you are ready to face the questions you have been avoiding your whole life.” ― Shannon L. Alder

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights