LITURGIE: 13_mei_2018
NB! ONTHOU — ons bied weer ons Geskiedenis van die Bybel werkswinkels aan op 12 en 19 Mei (van 9am tot 1pm) waar ons oor twee Saterdae die Ou en Nuwe Testament behandel om vir eens en vir altyd die agtergrond, onstaan, invloede, outeurs, tydlyn, en betekenis van die Bybelboeke in konteks te sien met die hoop om ʼn nuwe perspektief te plaas op dit wat ons beskou as ons Heilige Boeke en hoe om dit te lees in 2018? Bespreek vroegtydig by Lourita — lolitakiddies@gmail.com en hoop om almal daar te sien!
Ons tema vir die maand is — SPORE VAN HOOP -- en het laas week afgeskop met die eerste ding wat hoop beteken en hoe ons dit moet verstaan: Ons sê van ʼn vrou wat swanger is dat sy ‘VERWAG’ ... sy het nie ʼn verwagting om swanger te wees nie, ewemin het sy ʼn optimisme om swanger te word want sy ÍS swanger. Dit is wat HOOP beteken! Hoop is nie ʼn verwagting nie, hoop is nie ʼn optimisme nie, hoop is om swanger te wees met geloof, liefde, vreugde, vrede, compassion, kindness, grace,gemoedsrus, vergiffenis, harmonie, en God se teenwoordigheid. Die tweede ding wat ons toe bespreek het, is dat hoop nie van BUITE kom nie maar van BINNE. Dit lê nie in die regte werk, die regte huis, die regte man/vrou, ʼn vriendekring, finansiële sekuriteit, die regte kerk, of in grense van moraliteit nie. Die heilige, Goddelike swangerskap is BINNE-IN jou. Iets wat in en deur jou plaasvind maar wat nie van jou is nie.
Deepak Chopra verwoord dit mooi in sy boek ‘How to know God’ — “Every woman who falls pregnant is making a personal decision and yet submitting to a tremendous force of nature. On the one hand, she exerts free will; on the other hand, she is caught up in an unchangeable flow of events. Once she has a fertilized egg inside her womb, nature takes over; producing a child is something YOU DO — and at the same time it is something that is happening TO YOU.”
As ons eers verstaan dat HOOP is veel meer as ʼn wens, ʼn droom, ʼn aspirasie, ʼn begeerte, of ʼn verlange dan sal ons toelaat dat die saad van geloof ons skoot bereik om ons te bevrug met hoop wat geboorte sal gee aan liefde! In hierdie swangerskap is daar vier fases: die eerste een het ons mee begin laas Sondag en dit is die feit dat HOOP het nodig dat jy met albei voete op die grond sal staan. ʼn Voël sonder voete kan nie vlieg nie net soos ʼn vliegtuig sonder wiele nie kan opstyg nie. Ons het nodig om te weet waar ons voete die grond raak want ons kan nie met hoop omgaan asof dit ʼn ‘pie in the sky’ is nie. Hoop is nie spirituele magic nie en ook nie ʼn sentimentele pleister op ʼn wond nie. Dis om die Lewe in ons te voel groei. Dis om akuut bewus te wees van elke beweging, elke asemhaling, elke pols van geboorte gee ...
HOPE — what a powerful force! Dis om die Lig te vang met albei hande en dan voor jou gesig te hou sodat jy die pad kan vind terug ‘huis’ toe wat my bring by die tweede fase vir eerskomende Sondag: HOOP het nodig dat jy ʼn tree vorentoe sal gee! Hoop is die voete wat staan en die tree vorentoe voor ons vlieg. Hoop laat jou vorentoe val. Don’t fall down, fall forward. In daardie een klein tree lê die potensiaal om jou vlerke oop te maak waarby ons volgende week sal uitkom. Hoop vat jou altyd vorentoe. Hoop maak van ons ʼn beter mens en omdat daar hoop is, gee ons almal om ons hoop. Daarom is daar niks, en dit is belangrik, niks meer belangrik as jy voel jy verloor hoop, om hoop te gaan gee aan iemand anders. As jy ʼn behoefte het aan vrede, gaan maak vrede. As jy verlang na liefde, gaan wees die liefde waarna jy hunker. As jy ʼn behoefte het aan hoop, gaan gee hoop vir ander.
Almal van ons het al jou voete van jou bed op die grond gesit en gewonder, hoe op Gods aarde kom ek deur hierdie dag? Die lewe is soms ongenaakbaar hard. Spanning en onsekerheid trek jou skouers krom en oorweldig jou. Ons almal ken dae en nagte waar hartseer, rou, en verdriet jou hart uit jou borskas hark — maar dan het HOOP weer deur die spleet gebreek en geboorte gegee aan ʼn innerlike krag wat hierdie emosionele pyn lig gee en verlig. Net omdat iemand jou verwerp het, beteken dit nie dat jy jouself moet verwerp nie. Net omdat iemand/iets jou seergemaak het, beteken dit nie jy moet jouself in die dryfsand van emosionele pyn gooi nie.
Elke swangerskap (hoop) is heilig. Dit vind vreugde in die hartseerste plekke. Dit sien die skoonheid in selfs ʼn leuenaar. Die maak nie goed wat maklik is, moeilik nie en laat die vloei van Lewe toe om sonder moeite die windmeul in jou hart te draai vir water wat Lewe gee. Hope respects strength, not power! Hoop hoor, hoop voel, en bowenal — hoop sien en dit kyk nooit, NOOIT, weg nie.
Langs my bed lê twee digbundels van Ellen Bass, ‘The Human Line’ en ‘Like a Beggar’ — die laaste woord behoort aan haar:
“The Thing Is –
to love life, to love it even
when you have no stomach for it
and everything you've held dear
crumbles like burnt paper in your hands,
your throat filled with the silt of it.
When grief sits with you, its tropical heat
thickening the air, heavy as water
more fit for gills than lungs;
when grief weights you like your own flesh
only more of it, an obesity of grief,
you think, How can a body withstand this?
Then you hold life like a face
between your palms, a plain face,
no charming smile, no violet eyes,
and you say, yes, I will take you
I will love you, again.”
ACIM — Stad 19h30: êrens weer in Mei — en Kolping 19h30: 17 Mei
— Lessons 59-61 --
(the most profound and beautiful three lessons until now)
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“There is a crack in everything. That’s how the light gets in.”
― Leonard Cohen ―