Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme I

7 Januarie 2018

LITURGIE: 7_januarie_2018

Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... met ʼn geleentheid om soveel dinge anders te doen, anders op te tree, anders te reageer, en anders anders met onsself en ons ewemens om te gaan. Miskien is ek net te oud om te praat van ‘nuut’maar ek glo wel dat ons ʼn keuse het om elke aspek van ons menswees anders te ervaar om sodoende te floreer in ÁL ons verhoudinge (met onsself, ons familie, elke vreemde, die natuur, ons werk, ons kultuur, en bowenal ons verhouding met God).
Elke nuwe jaar bring ʼn geleentheid om ons voornemens en intensies te skoei met hoop en optimisme. Ons (wil) glo dat dit die allerbeste jaar ooit sal wees. Dat dit met ons en almal vir wie ons lief is, goed sal gaan. Dat ons geseënd sal wees met gesondheid en gelukkig sal wees in ons beroep en daarom is elke ‘Voorspoedige Nuwe Jaar’ eintlik ʼn refleksie van ons diepste verwagting en behoefte vir ons eie lewe.
Gereeld word ons herinner om vir elke dag, elke uur, elke minuut te leef. Elke oomblik te sien as ʼn geboorte van iets nuut, die geleentheid vir ʼn nuwe begin. Stel jou voor ons lewensingesteldheid is om bewus te wees van ʼn Stem wat elke oomblik van die dag vir jou fluister, “Ek het ʼn geskenk vir jou en kan nie wag dat jy sien wat dit is nie!” Miskien sal ons ʼn radikaal ander uitkyk hê op die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek. Die probleem is, of miskien moet ons dit ʼn ‘tekortkoming’ noem, elke jaar word ons verlede al hoe meer en al hoe langer. Die ego maak dit sy besigheid om dit ook in ons oor te fluister, “you’ve seen it all, done it all, got the t-shirt, dvd, and credit card slip ... be realistic and (just) try to survive this year!” Selfs die ou Prediker, soos laas week genoem, sug in sy verdriet dat niks nuut is onder die son nie.
As ons na hierdie jakkalsies luister wat ons wingerd verniel dan gaan 2018 inderdaad net nóg ʼn jaar wees en sal jou lewe so eentonig wees soos die twee arms van ʼn horlosie wat om en om swaai sonder om ooit êrens uit te kom. So, die eerste ding wat ons dié jaar moet doen is om die jakkalsies terug te stuur na hul jakkalsgat en die ego jou gedagtes en hart verbied. Make a serious gear-change in your attitude and for once in your life find out what is your purpose, what is meaningful, where can you contribute, and get rid of all the non-sense (aka BS)!
Die laaste paar dae het ek lank en hard gesit en dink oor wat wil ek hierdie jaar ANDERS doen ...? Bo en behalwe die goed wat in elk geval moet gebeur soos eet gesond, kry meer oefening, leef gebalanseerd, maak meer tyd vir vriende en familie et cetera, et cetera, het ek op drie goed besluit waaraan ek my onverdeelde aandag en toewyding gaan gee:

    1. Om meer OOP te wees vir God. Ek gaan nie meer ‘besigheidsure’ hê vir God nie. Dit gaan nie meer net my uur stiltetyd in die oggend, nóg ʼn gespreksgroep, nóg ʼn berading, nóg ʼn werkswinkel, nóg ʼn uur Sirkel wees nie. Dit gaan “gans oop vir U oop” (Sheila Cussons) wees. Toe ek vanoggend die woorde lees, “Dit is my geliefde seun in wie ek ʼn welbehae het ...” (Matteus 3:17) het ek besef dit is woorde vir elkeen van ons en wat dit beteken om ʼn ‘GELIEFDE van God’ (Amadeus) genoem te word. Hiermee saam gaan ek my leesprogram verskerp en nóg meer tyd toewy aan lees — in die woorde van Henri Nouwen, “Spiritual reading is not only reading about spiritual people or spiritual things. It is also reading spiritually, that is, in a spiritual way! Reading in a spiritual way is reading with a desire to let God come closer to us ... the purpose of spiritual reading is not to master knowledge or information but to let God's Spirit master us. Strange as it may sound, spiritual reading means to let ourselves be read by God! Spiritual reading is reading with an inner attentiveness to the movement of God's Spirit in our outer and inner lives.”
    2. Om meer OOP te wees vir my medemens. Uiteraard van my werk word baie tyd gespandeer tussen, en met mense. In baie gevalle is dit ook so dat ek ʼn stukkie van myself moet gee en agter los. Oor jare het dit al tweede natuur geword om die reël van ‘afstand-en-nabyheid’ toe te pas — so dan so dat dit moeilik is om tussen die twee te onderskei. Wat wel my intensie is vir dié jaar is om elke mens wat oor my pad kom te SIEN ... sien die persoon wat by die kasregister werk, sien die persoon wat vir jou koffie skink, sien die persoon wat jou petrol ingooi, sien die persoon wat deur my voordeur stap. Acknowledge them, show them respect.
    3. Om meer OOP te wees vir myself. Te same met bogenoemde twee punte gaan ek ook hierdie jaar meer tyd vir myself met my Self spandeer. Dit beteken dat daar meer tyd geskep gaan word vir ‘stilte’ en ‘afsondering’ en wie dit wil interpreteer as ‘afsydig’ of ‘afwysing’ het miskien nodig om self oop-te-maak vir hierdie geskenk. Daar moet ʼn groter harmonie kom tussen kop, hart, siel, en lyf — ja, as vlees en bloed mens moet daar ook ʼn opening wees vir goed wat dalk niks te doen het met die wêreld as leraar nie. Nee ek beplan nie om seisoenkaartjies vir Nuweland te koop of om kaal te dans in Adderley Straat nie maar ek gaan 2018 ook andersbegin doen as dit kom by inspirasie en kreatiwiteit buite die dampkring van die geestelike.

Gedagte vir die Week:
“I think happiness is a combination of pleasure, connection and meaningfulness.” — C. JoyBell C. 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights