Tema-Argief

09/12/2018
Die Dans van die Lewe II

SONDAG 9 DESEMBER “You dance love, and you dance joy, and you dance dreams. And I know if I can make you smile by jumping over a couple of couches or running through a rainstorm, then I’ll be very glad to be a song and dance man.” — Gene Kelly Kyk na dié video en sien […]

02/12/2018
Die Dans van die Lewe I

SONDAG 2 DESEMBER Liturgie: 2_desember_2018 ... en hier is ons — die laaste maand van 2018 in ʼn jaar wat soos ʼn jive op ʼn wals verby is. Ons sê dit seker elke jaar, maar veel meer het die afgelope 12 maande gebeur as wat ons ooit op Nuwejaarsdag sou kon antisipeer. Ons het gewen en verloor, ons […]

25/11/2018
Die Pad Huis Toe II

SONDAG 25 NOVEMBER LITURGIE: 25_november_2018 In ons gesprekke oor die laaste paar weke weet ons dat ‘HOME’ nie ʼn plek is nie ... dit het die bakstene of ʼn dak, deure of ʼn adres nie. Soos reeds gesê, ‘HOME’ is a safe space of renewal, blossoming, expansion, love, and joy! Waar ʼn mens se broosheid en kwesbaarheid […]

04/11/2018
Die Pad Huis Toe I

SONDAG 4 NOVEMBER LITURGIE: 4_november_2018 Altyd Soekend — in die ‘Groen Koringvelde’ van Van Gogh; in die Adagio van Beethoven se Vyfde Klavierkonsert; bladsy na bladsy in Dostoyevsky se ‘Brothers Karamazov” ... en dan Tuis Kom in die strofes van Antjie Krog en Breytenbach; ʼn Philadelphia landskap van Pieter van der Westhuizen of die ‘Lang Mars’ van Kentridge […]

30/09/2018
Die Lewe voor die Dood V

30 September 2018 Liturgie: 30_september_2018 September 2018 en ʼn maand se gesprekke oor ʼn sinvolle lewe voor die dood. ʼn Maand se uitsig en insig oor die intellektuele, emosionele en spirituele relevansie van Lente as die seisoen waarin ons méér oop, meer ontvanklik, meer gereed is om geboorte te gee aan ʼn transformasie van gedagtes, gemoed, gebeure, […]

23/09/2018
Die Lewe voor die Dood IV

23 September 2018 LITURGIE: 23_september_2018 Dit is die jaar 303 na Christus -- ʼn jong Romeinse offisier, van Griekse herkoms, met die naam Georgius, word tereggestel voor die stadsmuur van Nicodemia omrede hy geweier het om sy Christen geloof te verloën. In die annale van die Christen geskiedenis staan hy bekend as George the Martyr en in volkslegende staan […]

16/09/2018
Die Lewe voor die Dood III

16 September 2018 LITURGIE: 16_september_2018 Ons is op reis met die tema — DIE LEWE VOOR DIE DOOD -- wat saamval met die seisoen van Lente wat altyd ʼn herinnering is van Nuwe Lewe. Soos reeds genoem, is dit die seisoen van herlewing, die gety van transformasie, ʼn kans om opnuut te begin, ʼn geleentheid om te groei en […]

09/09/2018
Die Lewe voor die Dood II

9 September 2018 LITURGIE: 9_september_2018 Op 9 September 1890 (eerskomende Sondag, 128 jaar gelede) is ʼn seuntjie gebore in Indiana (VSA). Op 5 jarige leeftyd is sy pa oorlede, op 16 is hy uit die skool uit, en op 17 het hy reeds vier verskillende werke gehad. Op 18 is hy getroud en ʼn jaar later was hy […]

02/09/2018
Die Lewe voor die Dood I

2 SEPTEMBER 2018 Tradisioneel is September die begin van Lente. Deesdae is dit steeds winter met verspreide Lente-buie. Die Kaap kan maklik nog sneeu kry tot einde Oktober. Een ding is wel waar van September en dit is die feit dat wanneer die maande wat eindig met -ber aanbreek, is die jaar verby. In die Kaap is […]

26/08/2018
God Moves in Mysterious Ways IV

26 Augustus 2018 LITURGIE: 26_augustus_2018 Dis ʼn week met soveel uiteenlopende emosies — iemand probeer met my kredietkaartnommer ʼn vliegtuigkaartjie en later klere koop in die UK en kaart word gekanselleer terwyl nog en nóg ʼn ‘transaction declined’ op my foon flikker; vriende wat ek goed ken besluit om na 20 jaar se huwelik te skei en […]

19/08/2018
God Moves in Mysterious Ways III

19 AUGUSTUS 2018 Met laas week se langnaweek en ʼn koue Sondag was daar min mense in ons Sirkel gewees en dan, na die tyd, kom die versoeke wat vra vir ʼn afskrif van my ‘preek’ ... Vir die wat gereeld Sondae daar is, sal weet dat ek net die Liturgie blaadjie in my hande het. Die […]

12/08/2018
God Moves in Mysterious Ways II

12 Augustus 2018 LITURGIE: 12_augustus_2018 Desmond Tutu praat van God as, “A God of Surprises” wat mooi aansluit by ons maand se tema — GOD MOVES IN MYSTERIOUS WAYS. Wanneer ons die woord ‘misterieus’ hoor in Afrikaans dan dink ons aan geheimsinnig, donker, verborge, vreemd, onverklaarbaar. Vir my beteken die woord: verwondering, verrassing, verbystering ... daardie oomblikke wat jou verstom laat […]

05/08/2018
God Moves in Mysterious Ways I

5 Augustus 2018 LITURGIE: 5_augustus_2018 ʼn Nuwe maand ... waar is die jaar so haastig heen op pad? Hoeveel nuwejaarsvoornemens kan ons aftik of hou net tot die skottelgoed van Oujaarsaand afgewas is? Hier is ons, vyf maande voor dié jaar omblaai en miskien wel tyd om vir ʼn oomblik stil te staan en te […]

29/07/2018
Die Skoenlapper-Effek V

29 JULIE 2018 Ons sluit Sondag ons maand se tema af oor — THE BUTTERFLY EFFECT — en gaan gesels oor ʼn klein woordjie wat ʼn enorme invloed kan hê op ons ganse lewe naamlik: ‘JOY’ — die bron van vreugde en blydskap. Ons het vreugde en blydskap as gevolg van JOY wat nie dieselfde is as HAPPINESS nie. Ons kan ongelukkig wees in sekere omstandighede of […]

22/07/2018
Die Skoenlapper-Effek IV

22 Julie 2018 LITURGIE: 22_julie_2018 Vir meer as twee weke reis ons met die tema — THE BUTTERFLY EFFECT -- en het reeds intensies en die tongverken as klein, onbewuste gedeeltes van ons menswees met ʼn enorme invloed om ons lewe te stuur in ʼn positiewe of negatiewe rigting. Vandag, 100 gelede is Nelson Rolihlahla Mandela gebore in Mvezo, in die Oos Kaap! Daar is […]

15/07/2018
Die Skoenlapper-Effek III

15 Julie 2018 LITURGIE: 15_julie_2018 Ek is nie meer bang om te verdwaal nie. Dit het my nog altyd op plekke uitgebring waar ek nooit sou gewees het as dit nie was dat ek verdwaal het nie. In elk geval is ‘verdwaal’ ʼn groter ontdekkingsreis as die same-old-same van uitgetrapte paaie, en het die verdwaal-voetpaaie baie meer […]

08/07/2018
Die Skoenlapper-Effek II

8 JULIE 2018 Ons gesels dié maand oor: THE BUTTERFLY EFFECT — wat ʼn verwysing is na die fenomeen waar ʼn klein dingetjie aanleiding kan gee tot iets GROOT ... positief óf negatief. So word daar gesê dat ʼn skoenlapper wat sy vlerke klap in China veroorsaak ʼn sandstorm in die Sahara. Ons het laas week ʼn […]

01/07/2018
Die Skoenlapper-Effek I

1 Julie 2018 LITURGIE: 1_julie_2018 Ons het elke jaar ons WINTER-HOOP projek waar ons vir ʼn maand lank vir MES ondersteun in die insameling van noodsaaklike behoeftes. Dit word elke jaar ruim ondersteun maar om een of ander rede is daar 70 sakke wat gevat is steeds uitstaande. Kan ons ASSEBLIEF ʼn beroep doen om dit eerskomende Sondag vir ons te […]

24/06/2018
Gesprekke met God III

24 Junie 2018 LITURGIE: 24_junie_2018 Ons jaag en word opgejaag ... van bakboord na stuurpoort, van een busyness na die ander. Nog ʼn afspraak, nog ʼn vergadering, nog ʼn ‘iets’ om te móét-doen en ʼn ‘êrens’ om te móét-wees; nog ʼn ‘iemand’ wat my moet laat beter voel dat al die gejaag wel ʼn doel het. Hoe […]

10/06/2018
Gesprekke met God II

10 Junie 2018 LITURGIE: 10_junie_2018 Ons sit ons reis voort met ons tema: GESPREKKE MET GOD. Laas week het ons begin met — GOD SE STEM IS ‘N FLUISTERING, en hierdie week gaan ons gesels oor — GOD SE STEM IS ‘N LIGSTRAAL. Dit is nie ʼn Ligstraal vir net hulle wat aan die regte geloof, regte kerk behoort […]

03/06/2018
Gesprekke met God I

3 Junie 2018 LITURGIE: 3_junie_2018 In die proses om so bietjie skoon te maak in my studeerkamer kom ek op ʼn pak fotostate af. Dit is Neale Donald Walsch se boek, ‘Conversations With God’ wat ʼn vriendin van my in Engeland vir my gestuur het omdat die boek toe nog nie in Suid Afrika beskikbaar was nie. […]

27/05/2018
Spore van Hoop IV

20 Mei 2018 LITURGIE: 20_mei_2018 Ons beweeg na die volgende fase van ons maand se tema: SPORE VAN HOOP — wat begin het met VOETE-OP-DIE-GROND na EEN-TREE-VORENTOE en eerskomende Sondag MAAK-JOU-VLERKE-OOP. Al ooit gewonder waarom ‘engele’ (as simbole van hoop) geskilder word met vlerke? In die Joodse Mistiek (Kabbalah) is die betekenis van die twee vlerke: ‘wisdom and understanding’ waarvan beide die fondasie van HOOP […]

27/05/2018
Spore van Hoop III

27 Mei 2018 LITURGIE: 27_mei_2018 Vir ʼn maand lank gesels ons oor: SPORE VAN HOOP — van wat die begrip ‘HOOP’ beteken. Ons het begin met VOETE-OP-DIE-GROND en daarna gesels oor EEN-TREE-VORENTOE en toe, MAAK-JOU-VLERKE-OOP en eerskomende Sondag sluit ons af met, VLIEG! Die Vier V’s van VOETE, VORENTOE, VLERKE en VLIEG! Ons het gepraat oor HOOP wat meer as behoeftes, drome, wense, en optimisme is. Hoop is meer verwagtend as ʼn verwagting. Hoop is […]

13/05/2018
Spore van Hoop II

13 Mei 2018 LITURGIE: 13_mei_2018 NB! ONTHOU — ons bied weer ons Geskiedenis van die Bybel werkswinkels aan op 12 en 19 Mei (van 9am tot 1pm) waar ons oor twee Saterdae die Ou en Nuwe Testament behandel om vir eens en vir altyd die agtergrond, onstaan, invloede, outeurs, tydlyn, en betekenis van die Bybelboeke in konteks te sien met […]

06/05/2018
Spore van Hoop I

6 Mei 2018 LITURGIE: 6_mei_2018 Mei 2018 — met herfs in ʼn nuwe maand maak ons seker ons leivore is oop vir die geestelikewinterreën wat voorlê, met die hoop dat dit vir 40 dae en 40 nagte fisies sal reën tot elke dam oorloop! Die laaste twee maande was ʼn intense gesprek elke Sondag. Die inhoud en betekenis van ‘transformasie’ (dood […]

29/04/2018
Die Lewe is ʼn Reis V

29 April 2018 LITURGIE: 29_april_2018 Daar is ʼn lied van Joan Osborne wat almal seker ken, ‘What If God Was One Of Us’ wat onder andere deur Alanis Morissette en deur Prince gesing word. Die eerste vers vra, “If God had a name what would it be? And would you call it to his face? If you were faced with […]

22/04/2018
Die Lewe is ʼn Reis IV

22 April 2018 LITURGIE: 22_april_2018 Ons sit ons gesprek voort oor — LIFE IS A JOURNEY -- en het begin met die stelling: to have an experience and to give an explanation of the experience are not the same thing. Byvoorbeeld: jy staan onder die Eiffel toring in Parys, jy kyk op na die spits en skielik begin dit sneeu asof die […]

15/04/2018
Die Lewe is ʼn Reis III

15 April 2018 LITURGIE: 15_april_2018 Ek is nie meer bang om te verdwaal nie. Dit het my nog altyd op plekke uitgebring waar ek nooit sou gewees het as dit nie was dat ek verdwaal het nie. In elk geval is ‘verdwaal’ ʼn groter ontdekkingsreis as die same-old-same van uitgetrapte paaie, en het die verdwaal-voetpaaie baie meer […]

08/04/2018
Die Lewe is ʼn Reis II

8 April 2018 LITURGIE: 8_april_2018 Na afgelope Sondag se ‘CELEBRATION OF LIFE’ met brood en wyn en ʼn gesprek oor TRANSFORMASIE, vat ʼn pad my na Misty Cliffs. ʼn Klein strandjie tussen Kommetjie en Scarborough wat die plek is waar ek tot in ewigheid sal rus omdat dit my wens is dat my ‘stof’ eendag daar in ʼn […]

01/04/2018
Die Lewe is ʼn Reis I

1 April 2018 LITURGIE: 1_april_2018 ... en so breek Paasnaweek aan, die hoogtepunt van elke Christen se geloof en godsdiens ... as die kerk van alle eeue eerskomende Sondag die Opstandingsdag van Jesus vier! In hierdie één sin lê 2000 jaar se dogma, teologie, geloofsoortuiging, geskiedenis, belydenis, en tradisie opgesluit. Vra ʼn mens wat dit beteken, is […]

25/03/2018
Dra Jou Kruis III

25 Maart 2018 LITURGIE: 25_maart_2018 Menseregte-Dag: In 1948 het die UN ʼn resolusie van menseregte aanvaar. Al die lande het dit onderteken, behalwe agt waaronder Suid Afrika saam met Saudi Arabië en die ou USSR. Die eerste sin van die Handves sê, “All human beings are born free and equal in dignity and rights. They are endowed with […]

18/03/2018
Dra Jou Kruis II

18 Maart 2018 LITURGIE: 18_maart_2018 Met goeie intensie neem ek laas naweek ‘af’ met die doel om iets lekker die naweek te doen ... tot groot ontnugtering word ek toe Saterdagoggend beroof terwyl ek pakkies uit die motor die huis indra. Wat ʼn ‘af-naweek’ moes wees ontaard toe in ʼn stop van alle kaarte, twee en half […]

04/03/2018
Dra Jou Kruis I

4 Maart 2018 LITURGIE: 4_maart_2018 Dit is die tyd van purper wat bekendstaan as ‘Lydingstyd’ in die Kerklike Jaar ... die heiligste maand vir elke Christen, in elke tradisie en kultuur op dié planeet. ʼn Maand om die kokon van introspeksie te spin tot ons op Paassondag geboorte gee aan die skoenlappers van ʼn Nuwe Lewe. ʼn […]

25/02/2018
Ware Identiteit IV

25 Februarie 2018 LITURGIE: 25_februarie_2018 Van laas week se epos tot vandag het ons ʼn nuwe president; ʼn baie suksesvolle SONA; en ʼn nog meer suksesvolle debat en repliek die laaste 48 uur gehad ... en dis nog nie eers einde Februarie nie! Ons het die laaste maand gesels oor — WARE IDENTITEIT -- en begin deur te […]

18/02/2018
Ware Identiteit III

18 Februarie 2018 LITURGIE: 18_februarie_2018 Ons gesels die maand oor — MY WARE IDENTITEIT -- en het laas Sondag dit onderstreep dat ons is nie ʼn ID nommer nie. Om geklassifiseer te word as man of vrou, klas en ras, is nie ons ware identiteit nie. Dit gaan oor wat onder ons vel lê en oor ʼn kollektiewe identiteit […]

11/02/2018
Ware Identiteit II

11 Februarie 2018 LITURGIE: 14_januarie_2018 Ons tema vir die maand is — MY WARE IDENTITEIT -- wat beteken ‘ware identiteit’? Is ek ʼn pa, eggenoot, vriend, onderwyser, passasier, of pasiënt? Al hierdie verwysings is relatief tot iets/iemand anders: ek is ʼn pa omdat ek ʼn kind het; ʼn eggenoot omdat ek ʼn vrou het; ʼn vriend tussen […]

04/02/2018
Ware Identiteit I

4 Februarie 2018 LITURGIE: 4_februarie_2018 ONCE IN A BLUE MOON — eenkeer per maand gaan die son en die maan op ʼn ‘date’ ... vader son en moeder maan gaan staan teenoor mekaar en baai die Aarde in hul lig. Die kinders van dié planeet raak bonkers as die son met die maan kotiljons. Des te meer as […]

28/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme IV

28 Januarie 2018 LITURGIE: 28_januarie_2018 Dit is 2018 — !! Hier gaat ons ... sonder water maar optimisties, positief, blymoedig, geesdriftig, met goeie voornemens en opregte intensies. Ons vra hierdie maand onsself af: wat het betekenis; wat het waarde; hoe gaan ons dié jaar anders doen; wat is ons bydrae; waar maak ons ʼn verskil?  In die […]

21/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme III

21 Januarie 2018 LITURGIE: 21_januarie_2018 Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... swanger aan die potensiaal om geboorte te gee aan ʼn nuwe lewe. ʼn Lewe wat anders dink, anders voel, anders reageer op elke dag se hoof- en laagwater gety. Geboorte aan ʼn spirituele transformasie waar ons spiritualiteit (ervaring en verhouding met God) […]

14/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme II

14 Januarie 2018 LITURGIE: 14_januarie_2018 “For last year's words belong to last year's language And [this] year's words await another voice. And to make an end is to make a beginning." ― T.S. Eliot Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... ʼn geleentheid om ʼn nuwe verstaan van God te kweek. ʼn Kans om […]

07/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme I

7 Januarie 2018 LITURGIE: 7_januarie_2018 Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... met ʼn geleentheid om soveel dinge anders te doen, anders op te tree, anders te reageer, en anders anders met onsself en ons ewemens om te gaan. Miskien is ek net te oud om te praat van ‘nuut’maar ek glo wel dat ons ʼn keuse het om elke aspek van ons […]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights