Tema-Argief

29/12/2013
29 Desember 2013

Hierdie week se liturgie: 29_desember_2013 Dan, soos almal teen dié tyd weet, het ons in Desember ons EMMER-PROJEK waar ons emmers volmaak met noodsaaklikhede vir ʼn familie wat hierdie Kersfees dit nodig het. Baie BAIE dankie aan elkeen wat ʼn emmer geneem het en oorloop terug gebring het — ander het sommer sakke en bokse vol gebring […]

22/12/2013
22 Desember 2013

Hierdie week se liturgie: 22_desember_2013 Eerstens, ʼn GROOT dankie vir almal wat emmers geneem het vir ons EMMER-PROJEK ... die eerste twee ‘charities’ kom eerskomende Sondag die emmers haal en die emmers wat daarna in kom, sal aan die derde ‘charity’ gegee word. GROOT asseblief bring eerskomende Sondag julle emmers saam!  Dan wil ons ook net herinner aan ons KERSDIENS op 25 […]

15/12/2013
15 Desember 2013

Hierdie week se liturgie: 15_desember_2013 Dit is geen gewone week nie ... elke nuuskanaal, elke koerant, elke radiostasie, elke tydskrif loop oor aan hulde aan Madiba. Voetbalwedstryde kom vir ʼn minuut tot stilstand; aandelebeurse begin met twee minute stilte; internasionale onderhandelinge oor Sirië en ander knelpunte op ons planeet roep ʼn paar minute stilte voor […]

08/12/2013
8 Desember 2013

Hierdie week se liturgie: 8_desember_2013 Dit is met ʼn swaar hart wat ek terugry vanaf Hanlie (van der Merwe) se roudiens ... die verkeer is bumper-teen-bumber en ek luister na musiek in die motor. Leona Lewis sing haar weergawe van “Ave Maria” en ek dink aan ʼn tyd toe ek nie die lied kon speel […]

01/12/2013
1 Desember 2013

Hierdie week se liturgie: 1_desember_2013 Die jaar loop in sy laaste maand ... oral is Kersversierings en kan jy “bargains” koop teen ʼn 300% profyt. Miskien is dit juis vanweë hierdie jaarlikse retoriek dat die mens sy passie vir ʼn seisoen van welwillendheid verloor het. Wat beteken Kersfees vir jou? Wat maak hierdie jaar se Kersfees anders as […]

24/11/2013
24 November 2013

Hierdie week se liturgie: 24_november_2013 Ons gesels hierdie maand oor die tema: THE GIFT OF LIFE ― na aanleiding van die woorde van Jesus uit Johannes 10:10 “Ek het gekom sodat julle lewe kan hê, en dit in oorvloed!” Ons het reeds deur wonderlike lewenslesse geblaai en die afgelope paar Sondae was ʼn heerlike reis om van mekaar te leer oor […]

17/11/2013
17 November 2013

Hierdie week se liturgie: 17_november_2013 Ons gesels hierdie maand oor die tema: THE GIFT OF LIFE ― in herinnering aan die woorde van Jesus uit Johannes 10:10 “Ek het gekom sodat julle lewe kan hê, en dit in oorvloed!” Vir die laaste twee Sondae het ons sekere lewensbeginsels en lesse onderstreep wat ons padkos is vir hierdie ontdekkingsreis wat ons noem ‘LEWE’ […]

10/11/2013
10 November 2013

Hierdie week se liturgie: 10_november_2013 Al ooit opgemerk dat Rolls Roys het geen advertensies nie? Die rede is, hul weet dat die ‘kwaliteit’ van hul produk bring kliënte. Hulle hoef nie te adverteer nie. As ʼn mens weet wat jou waarde is, hoef jy nie mense te smeek om van jou te hou en jou […]

03/11/2013
3 November 2013

Hierdie week se liturgie: 3_november_2013 ♥♥ Eerstens net twee uitnodigings: Saterdag van 9h00 — 13h00 bied ek weer ʼn werkswinkel aan wat die hele ‘Geskiedenis van die Bybel’ vertel en verduidelik op ʼn tydlyn. Vir eens en altyd is daar ʼn duidelike perspektief om dit in konteks te sien en te onderskei tussen wat is Histories Feitlik en wat is Histories […]

27/10/2013
27 Oktober 2013

Hierdie week se liturgie: 27_oktober_2013 Die Webster Dictionary definieer ‘SPIRIT’ as volg: the force within a person that is believed to give the body life, energy, and power; an animating or vital principle held to give life to physical organisms; the breath of life.  Hoe dikwels sê ons vir onsself: “my kop sê ‘ja’ maar my hart sê ‘nee’,” of “Daar […]

20/10/2013
20 Oktober 2013

Hierdie week se liturgie: 20_oktober_2013 Reeds vir twee Sondae het ons die verband tussen Spirituele Intelligensie (SQ) en die ‘Koninkryk van God’ verken. Ons het stilgestaan by wat Intellektuele Intelligensie (IQ – linkerbrein) en Emosionele Intelligensie (EQ – regterbrein) met die EGO ingemeen het en hoe ons Spirituele Intelligensie nodig het om ons plek in dié lewe te vind. […]

13/10/2013
13 Oktober 2013

Hierdie week se liturgie: 13_oktober_2013 Wonder jy ook soms – wat is die sin van die lewe in die algemeen en die sin van my lewe spesifiek? As mens terugkyk oor die laaste jaar of dekade van ʼn mens se lewe, is daar van tyd tot tyd ʼn stock-take van waar staan ʼn mens; wat gee sin; […]

06/10/2013
6 Oktober 2013

Hierdie week se liturgie: 6_oktober_2013 Saam met Louis Leipoldt sing ek vanoggend -- Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo Met drie maande oor […]

29/09/2013
29 September 2013

Hierdie week se liturgie: 29_september_2013 Ek en my seun sit gisteraand in ʼn diep gesprek oor Spiritualiteit versus Godsdienstigheid ... ons praat oor die wonderlikste ding denkbaar, naamlik ‘liefhê’ en wonder hoe en waar het ons dit verruil vir ʼn wêreld van vrees? Ons praat oor God as Lig, wat ons ervaar as Lewe, en […]

22/09/2013
22 September 2013

Hierdie week se liturgie: 22_september_2013 Drie jaar gelede, op die aand van 17 September 2010, het my hart gaan staan en na ʼn nag van angs en bitter baie pyn is ek die vroeë oggendure van 18 September in die teater gestoot vir ʼn noodoperasie met die vertroue dat die dood omlyn kon word met nuwe are. […]

15/09/2013
15 September 2013

Hierdie week se liturgie: 15_september_2013 Voor ons met vandag se nuusbrief begin, net eers twee of drie belangrike datums om te onderstreep: ·         Eerskomende Saterdag 14 September 09h00 is ek gasspreker by ʼn Damesoggend ten bate van die Alta du Toit Sentrum by die Barnyard (Willowbridge). Dit is ʼn heerlike oggend met musiek en gesprek deur ander kunstenaars en […]

08/09/2013
8 September 2013

Hierdie week se liturgie: 8_september_2013 Ons gesels die maand oor “THE POWER OF INTENTION” -- daar is by baie mense ʼn mistasting oor wat intensies werklik is en word altedikwels verwar met wat ons wil. Die meeste van ons is in elk geval meer besorg oor wat ons nie wil nie as wat ons wil. Daarmee saam doen min mense wat hulle […]

01/09/2013
1 September 2013

Hierdie week se liturgie: 1_september_2013 Laat my toe om te begin met ʼn GROOT dankie! Die laaste nege maande was ʼn geboorte in al die beddings van Neo-Spektrum waarvan die groei in getalle elke Sondag hartverblydend is ... maar ook die toewyding, gesindheid, verantwoordelikheidsin en entoesiasme van almal wat ons tuin Sondae of ACIM groepe […]

25/08/2013
25 Augustus 2013

Hierdie week se liturgie: 25_augustus_2013 Die Goue Reël sê – doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê! Ons het nou al gesels oor ons verhouding met ‘ander’ maar eerskomende Sondag sluit ons die gesprek oor vooroordele af deur stil te staan by die laaste gedeelte van die liefdesgebod: jy moet jou naaste liefhê soos JOUSELF. Voor ons nie gaan leer om […]

18/08/2013
18 Augustus 2013

Hierdie week se liturgie: 18_augustus_2013 Daar word gesê dat as alle insekte vandag uitsterf sal alle lewe soos ons dit ken op hierdie planeet binne 50 jaar nie meer bestaan nie maar, as die mens vandag wegsterf sal alle ander lewe binne die volgende 50 jaar floreer! In ʼn maand waar ons stilstaan by die Goue […]

11/08/2013
11 Augustus 2013

Hierdie week se liturgie: 11_augustus_2013 “Wat is die siel?” vra mense dikwels, wat anders as deurleefde denke. Die siel wil aanhou droom en nie omskryf word nie. ʼn Sielvolle persoon word beskryf met attributes soos: opreg, openhartig (wat ʼn mooi woord: oop hart), eerlik en iemand wat herinneringe los wat liefdevol diep in ons geheue lê. Ons […]

04/08/2013
4 Augustus 2013

Hierdie week se liturgie: 4_aug_2013 ʼn Gesprek in die kerk oor BEING GAY was en is nog altyd kontroversieel. Daarom pleit ek sedert my eerste bediensingsjare dat die gesprek in die kerk moet gaan oor ‘inklusiwiteit’ want as ons vir onsself uitgemaak het wat die bord “ALMAL WELKOM” beteken, hoef ons nie eers ʼn gesprek te hê […]

28/07/2013
28 Julie 2013

Hierdie week se liturgie: 28_julie_2013 Ons het die laaste paar Sondae gereis deur die Tien Gebooie van Exodus 20 en na elkeen afsonderlik gekyk en waarom dit vandag nog net so van toepassing is in ons verhouding met God en ons verhouding met ons ewemens, en hoe beide alles te doen het met ons verhouding […]

21/07/2013
21 Julie 2013

Hierdie week se liturgie: 21_julie_2013 eerstens ʼn groot dankie vir elkeen se bydrae tot ʼn onvergeetlike verjaarsdag ... dit was letterlik vyf dae se bederf en al die goeie wense is in my knapsak vir my reis vorentoe! Ons begin weer eerskomende Donderdagaand 7pm by Kolping met ACIM en ons gaan hierdie blok Marianne Williamson se boek “The […]

14/07/2013
14 Julie 2013

Hierdie week se liturgie: 14_julie_2013 Die eerste sin van dié week se epos het nou al ʼn paar keer begin, gestol, uitgevee en weer begin. Soms wil mens praat oor dit wat jy nie sê nie en dit verswygings noem. Ek het nie skoene vir my woorde nie en ek staan kaalvoet ... ʼn skoenmaker sonder skoene. […]

07/07/2013
7 Julie 2013

Hierdie week se liturgie: 7_julie_2013 Een van die wonderlikste voordele van ʼn iPad is dat ʼn mens met die Kindle App direk van Amazon boeke te koop. Een van die grootste nadele van ʼn iPad is dat ʼn mens met die Kindle App direk van Amazon boeke kan koop ;-)) Dis nét te maklik! Nooit het ek gedink dat […]

30/06/2013
30 Junie 2013

Hierdie week se liturgie: 30_junie_2013 Ek het so bietjie tred verloor met al die datums en nie laas week gesien dat dit eerskomende Sondag die laaste Sondag van Junie is en derhalwe eet ons weer heerlik saam op 7 Julie na die diens. Ons het hierdie maand gereis met die tema Selfwaarde en Selfrespek as Spirituele dissipline! Ons het begin […]

23/06/2013
23 Junie 2013

Hierdie week se liturgie: 23_junie_2013 Ons het laas Saterdag heerlik gekuier rondom die ontwerp Spiritualiteit vir Kinders – en kon gedagtes ruil oor ons kinders en ons as ouers (en grootouers) se leiding aan kinders om ʼn sinvolle, relevante, deurleefde ervaring met God te hê wat ʼn verskil maak in hul dag tot dag se lewe. Hoop […]

16/06/2013
16 Junie 2013

Hierdie week se liturgie: 16_junie_2013 Soos ek die laaste paar dae sit en blaai deur Internet artikels en YouTube videos in voorbereiding op ons werkswinkel Saterdag oor “Kinders en Geloof” val dit my op hoe die [NB!] langs elke nota wat ek maak al hoe groter raak asof dit wat ek wil sê oor ons kinders ʼn […]

09/06/2013
9 Junie 2013

Hierdie week se liturgie: 9_junie_2013 — tussen ysreën en bibberkoue soek ek sokkies en handskoene vir die maand se tema terwyl ek blaai deur alles wat ons al gedoen het die laaste twee jaar en tot die stilte van my hart moet ek erken dat elkeen is my eie soeke na sokkies en handskoene onder die sambreel […]

02/06/2013
2 Junie 2013

Hierdie week se liturgie: 2_junie_2013 Na aanleiding van laas Sondag se gesprek oor gebed het ek gedink: kom ons bespreek die ‘Onse Vader Gebed’ eerskomende Sondag. Seker die bekendste gebed wat daar is. Ons ken dit en daar is seker nog enkeles van ons wat dit van tyd tot tyd, woord vir woord hardop bid. Gebed is nie ʼn […]

26/05/2013
26 Mei 2013

Hierdie week se liturgie: 26_mei_2013 Waarna smag die mens deur alle eeue heen die meeste: ons wil voel ons behoort; ons wil voel ons lewe het sin; ons wil vrykom van beperkinge; ons wil God se teenwoordigheid voel en ervaar as ons bron van energie en bestaan. Hieroor kan ons Sondag gesels! Die drie goed wat ʼn […]

19/05/2013
19 Mei 2013

Hierdie week se liturgie: 19_mei_2013 Die rede waarom ʼn hond so vriendelike liefdevolle dier is, is omdat hy sy stert swaai en nie sy tong nie! Ons blaai hierdie maand deur die brief van Jakobus en nêrens word daar meer klem gelê om dit wat ons met die tong doen as juis in hierdie boek […]

12/05/2013
12 Mei 2013

Hierdie week se liturgie: 12_mei_2013 Ons gesels Mei-maand oor die boek Jakobus ...  Ons lees in die Nuwe Testament van vier mense genaamd Jakobus: ·         Jakobus, die broer van Johannes — seun van Sebedeus en Salóme. Vader Sebedeus was ʼn visser van Galilea en moeder Salóme was ook een van die vroue by die kruis […]

05/05/2013
5 Mei 2013

Goeiemore — so op ʼn vakansiedag vir ons land se miljoene werkers, is dit ook vir elkeen van ons ʼn dag waarop ons dankie sê vir ons werk, en dat ons nie net werk om ons verpligtinge na te kom nie maar ook vir werk om ʼn bydrae te maak. Ons sê dankie vir ons […]

28/04/2013
28 April 2013

Hierdie week se liturgie: 28_april_2013 Ons het die laaste paar weke geluister en gesels oor bekende musiek. Eers Leonard Cohen se “Hallelujah” en toe U2 se “I still haven’t found what I’m looking for” en laas Sondag John Lennon se “Imagine” ... elkeen in lae geskil om by ʼn interpretasie uit te kom wat vandag relevant is met die hoop dat […]

21/04/2013
21 April 2013

Hierdie week se liturgie: 21_april_2013 So met ʼn voorsmakie van die winter is dit my seisoen van kreatiwiteit. In die winter dink ek op my beste, of dink ek weer vir ʼn slag. J Ons gesels hierdie maand oor bekende songs wat ʼn diepere betekenis het om miskien ons ore te fokus op wat digters, skrywers, en musikante vir […]

14/04/2013
14 April 2013

Hierdie week se liturgie: 14_april_2013 Ons het laas Sondag lekker saamgeëet nadat ons gesels het oor Leonard Cohen se bekende “Hallelujah” en eerskomende Sondag gaan ons U2 se “I still haven’t found what I’m looking for” bespreek. Miskien is dit net ek, maar party liedere roer elke sel in my liggaam. My water word geroer deur ʼn melodie wat eenvoudig maar […]

07/04/2013
7 April 2013

Hierdie week se liturgie: 7_april_2013 Vandag se vonkpos is 'n eerste vir my ... ons kuier vir die week by my sus hulle in George en ek skryf 'n epos op 'n iPad skerm en hoop dat die plan om dit aan almal gestuur te kry, sal werk. Week na week stuur ons 'n brief om […]

31/03/2013
31 Maart 2013

Vir die eerste keer in meer as 800 jaar het ons ʼn maand met 5 Vrydae, 5 Saterdae en 5 Sondae. Die seisoene verander en dis volmaan vanaand en getrou aan die maan-kalender, vier ons Goeie Vrydag op die eerste Vrydag na die eerste volmaan na die Noordelike Halfrond se Lente dag-en-nag-ewening (equinox) wat 21 Maart is. […]

24/03/2013
24 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 24_maart_2013 Ek sit vanoggend by ʼn wonderlike vriend, en my haarkapper, en hy sê dat hy besluit het om “self-haat” op te gee vir lent. Nie meer self-veroordeling; verkleinering; verwyt; of insecurities nie. “Dit is so bevrydend” voeg hy by. Soos hy knip-knip val my eie self-twyfel; persepsies; projeksies; en opinies oor myself op die grond. Gesnoei […]

17/03/2013
17 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 17_maart_2013 Met die eerste swart rook uit die koorsteen van die Sistine Chapel is daar ʼn oorwoë begeerte om nog in my leeftyd te sien dat tussen al die (ou) mans met hul rooi rokke sal daar vroue wees wat deelneem aan die verkiesing van iemand wat die kerk kan lei […]

10/03/2013
10 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 10_maart_2013 Soms lees mens ʼn vers wat al ʼn duisend keer gelees is en dan, op ʼn dag, lees mens dit weer en die lig gaan aan: Matteus 5:14-16 — “Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ’n […]

03/03/2013
3 Maart 2013

Hierdie week se liturgie: 3_maart_2013 curriculum_van_waardes Dit is opmerklik hoe dit later lig word en vroeër donker. Met die verandering in die lig is daar ook ʼn ander gewaarwording dat na die somer kom die herfs ... of soos NP van Wyk Louw skryf: “die laatmiddag het room geword.” Soos die seisoene om ons verander is daar […]

24/02/2013
24 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 24_februarie_2013 Daar is seker nie ʼn enkele persoon wat nie die laaste week geruk is deur die hele Oscar Pistorius gebeure nie. Om een of ander rede het dit ʼn diep wond tot op die been oopgekloof van ʼn nasie in die algemeen maar van Afrikaners in besonder. Dit gaan oor […]

17/02/2013
17 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 17_februarie_2013 Die laaste paar dae ry ek vroegoggend Simonstad se kant toe. Soos wat ʼn mens ry, is daar ʼn duisend gedagtes in jou kop. “Mooi kar. Hou van die kleur. Wonder hoeveel kos hulle? My kar moet gaan vir ʼn diens. Sal volgende week afspraak maak. Hier is êrens ʼn kamera? […]

10/02/2013
10 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 10_februarie_2013 Vir reeds jare lank beskou ek myself as ʼn mystic. Wat beteken dit; wat is ‘mistisisme’? Fr Richard Rohr gee ʼn mooi beskrywing: Mysticism is when God’s presence becomes experiential and undoubted for a person. A mystic doesn’t say “I believe.” They say “I know. Vir my, soos seker vir die meeste mense, […]

03/02/2013
3 Februarie 2013

Hierdie week se liturgie: 3_februarie_2013 Aan die einde van die eerste maand staan ons vir ʼn oomblik stil om blaas-blaas uitasem die lied wat ons onsself voorgeneem het aan die begin van dié jaar te fluit. Die melodie is haas vervloë en die meeste van ons sing reeds ʼn ander deuntjie. Ons hou aan vra […]

27/01/2013
27 Januarie 2013

Hierdie week se liturgie: 27_januarie_2013 Iemand vra my gister “en hoe behandel die nuwe jaar jou?” en ek dink by myself, dit sal seker eers teen Maart inskop want tot nou toe voel dit nog erg baie soos 2012. Miskien voel dit so want dis wat ek dink en toe sommer vanoggend besluit: dis tyd vir ʼn change of mind! Ons praat […]

20/01/2013
20 Januarie 2013

Wat ʼn wonderlike voorreg vanoggend om die eerste opening van die splinternuwe Meridian Pinehurst Private School te kon doen. Hulle is deel van die Curro groep en so tussen die splinternuwe moderne geboue; nuwe grasperk; nuwe onderwysers; nuwe alles sit ʼn klomp kindergesiggies en vir eenkeer het die Graad 1s met Laer- en Hoërskool iets ingemeen: ons […]

13/01/2013
13 Januarie 2013

Hierdie week se liturgie: 13_januarie_2013 Die week wat verby is, was gelaai met uiteenlopende emosies om my seun te gaan aflaai. Daar was die spanning oor die rit vanaf Kaapstad na Bloemfontein en terug omdat ons paaie hierdie vakansie weereens bewys het hoe uiters gevaarlik dit op ons paaie is. Daar was die onsekerheid oor […]

06/01/2013
6 Januarie 2013

Hierdie week se liturgie: 6_januarie_2013 Voorspoedige 2013 vir elkeen van julle – Op die eerste dag van die eerste maand van ʼn nuwe jaar verjaar elke mens op dié planeet. Sal ons die nuwe jaar begin met nuwe voornemens maar, helaas, vir ou gewoontes? Hulle sê – ʼn optimis bly wakker tot middernag om die nuwe […]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights