Tema-Argief

30/12/2012
30 Desember 2012

en so loop die jaar haar laaste tree en kom sit ons om die laaste epos vir 2012 te skryf. Die week tussen Kersfees en Nuwe Jaar is altyd vir my ʼn week van stilte en nadenke oor die jaar wat verby is. Dit is ʼn week waarin ʼn mens jou seëninge tel en nie jou verdriet […]

23/12/2012
23 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 23_desember_2012 Daar is seker nie ʼn mens wat nie diep geraak is deur die gebeure van laas Vrydag in Connecticut (VSA) nie veral vir ons wat nog kinders op skool het. Die een vraag wat almal vra, is: “HOEKOM?” Roerend en bewoë lees Pres Barack Obama die name van elke kind uit, maar […]

16/12/2012
16 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 16_desember_2012 Gewoonlik is dit Woensdae maar dié week gaan die epos vandag uit want ek het pas die huis in gestap na ʼn heerlike week by my sus en swaer en hul kinders op George. Wat ʼn heerlike week van bederf in ʼn gedeelte van ons land wat om elke draai […]

09/12/2012
9 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 9_desember_2012 Die briljante skrywer Chesterton skyf in sy boek ‘Orthodoxy’ — One may understand the cosmos, but never the ego; the self is more distant than any star ... ons hoor deesdae baie die woorde ‘spiritualiteit en transformasie’ maar wat beteken dit? As ‘spiritualiteit’ besmoontlik verduidelik kan word as ‘authenticity’ en transformasie as ‘volwasse selfkennis’ dan het […]

02/12/2012
2 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 2_desember_2012 Vanoggend so net na 5am word ek wakker met ʼn dors en toe ek in kombuis staan en die eerste lig breek, het ek die skuifdeure oopgemaak en die koel oggendlig voel waai deur my huis. Dit was asemrowend mooi. So met die eerste koppie koffie het ek gesit en […]

25/11/2012
25 November 2012

Hierdie week se liturgie: 25_november_2012 Almal van ons droom, maar nie almal onthou hulle drome nie. Soms kan ʼn droom jou hele dag ontstig en soms onthou ons ons drome (goeie en slegte) vir weke, maande, of ʼn leeftyd. Ons droom in prentjies en metafore, simbole en argetipes en praat selfs van ‘nagmerries’ of verwys […]

18/11/2012
18 November 2012

Hierdie week se liturgie: 18_november_2012 Ons staan gisteraand by Adam Lambert se konsert en ek dink by myself, hier is iemand wat een van derduisende was wat vir American Idols ingeskryf het en hier staan hy met selfvertroue en energie (presence) en geseënd met die talent van ʼn formidabele stem (drie oktawe met gemak). Sou hy dit […]

11/11/2012
11 November 2012

Hierdie week se liturgie: 11_november_2012 So stadig maar seker lyk dit of somer uiteindelik gearriveer het. Dit son kom al hoe vroeër op en elke dag word dit later donker. Binnekort is dit Kersfees en dan Nuwe Jaar en gaan ons 2013 in met ʼn handvol voornemens en ʼn hart vol wense. Vir baie mense […]

04/11/2012
4 November 2012

Hierdie week se liturgie: 4_november_2012 Reeds vir ʼn maand gesels ons oor ʼn verhouding met onsself (hart, lyf, kop, siel), ons ewemens (kinders, ouers, vriende, werknemer/gewers en vreemdelinge) en met God (spiritualiteit, liefhê, vergiffenis, versoening, lewe). Laas Sondag het ons gepraat oor die (spesiale) verhouding tussen jou en die een met wie jy ʼn emosionele, intellektuele, finansiële, seksuele en spirituele band/pand deel. Baie […]

28/10/2012
28 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 28_oktober_2012 Ons gesels hierdie maand oor ‘die verhoudinge waarin ons staan’ en byname dan ons verhouding met onsself (hart, lyf, kop, siel), ons ewemens (kinders, ouers, vriende, werknemer/gewers en vreemdelinge) en met God (spiritualiteit, liefhê, vergiffenis, versoening, Lewe). Elke faset van ons lewe is ʼn verhouding, selfs met die struktuur, natuur en ons kultuur. Daar is egter één verhouding waarna […]

21/10/2012
21 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 21_oktober_2012 Ek is die laaste week aangegryp deur die verhaal van ʼn 14 jarige meisie in Pakistan wat geskiet is en uiters kritiek om haar lewe veg in ʼn hospitaal omdat sy vir iets staan, naamlik — “I have the right of education, I have the right to play. I have the […]

14/10/2012
14 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 14_oktober_2012 Eerstens, baie dankie vir laas Sondag! Na die lang winter met soveel reën en koue elke Sondag was dit heerlik om weer die kapel so vol mense te sien. Die hele atmosfeer is aanvoelbaar ‘anders’ as daar soveel mense is. Kom ons doen dit hierdie komende Sondag weer! Ons gesels hierdie maand […]

07/10/2012
7 Oktober 2012

Hierdie week se liturgie: 7_oktober_2012 Vanoggend wonder ek, terwyl dit reën in die stad, of ek die verwarmers moet bêre en die warmkomberse moet afhaal want ek het so vermoede dit hou die winter hier! 😉 Dit is nou maar eenmaal die mens – solank as wat ons in die winter is, is dit winter […]

30/09/2012
30 September 2012

Hierdie week se liturgie: 30_september_2012 Miskien is die inleiding van vandag se epos ietwat langer as gewoonlik maar ek wil graag begin met ʼn aanhaling wat die essensie is vir eerskomende Sondag se gesprek – “There are many signs that God is a dead letter (if not actually dead), and one sign that he has […]

23/09/2012
23 September 2012

Hierdie week se liturgie: 23_september_2012 C S Lewis sê: “You don't have a soul. You are a Soul. You have a body.” — Vir die laaste maand verken ons die betekenis van die begrip SIEL en hoe ons dit vandag verstaan. In Genesis 2:7 staan daar (direk vertaal): “En Hy het geblaas in die neus, die asem van die lewe […]

16/09/2012
16 September 2012

Hierdie week se liturgie: 16_september_2012 Eerskomende Sondag is Neo-Spektrum ʼn jaar oud! Dit was ʼn jaar met baie seëninge en ondersteuning. Dit was ʼn jaar met insig en uitsig maar veral ʼn jaar met diep besinning oor die sinvolheid van ons spiritualiteit en beoefening daarvan. Elke Sondag was daar ʼn warm toegeneentheid in ons wysheidsirkel (ja, […]

09/09/2012
9 September 2012

Hierdie week se liturgie: 9_september_2012 Eerstens baie dankie vir laas Sondag, dit het ieder en elk na liggaam en siel gevoed. Soos Sheila Cussons in een van haar gedigte dit beskryf, “wanneer brood en speeksel meng, maak U verbasend sin” Ons gesels hierdie maand oor “DIE SIEL VAN DIE MENS” – Die Engelse woord ‘soul’ kom […]

02/09/2012
2 September 2012

Hierdie week se liturgie: 2_september_2012 So twee Sondae gelede, aan die einde van die gesprek, maak ek die opmerking “Ek glo nie meer nie ...” – skielik ontdooi almal en met verbasing (byna verbystering) word gevra: Wat glo jy nie meer nie? Bedoel jy soos in God? Jy is dan die leermeester, hoe kan jy sê jy […]

26/08/2012
26 Augustus 2012

Die winter het beslis dié jaar besluit om te oorwinter! Daar is TWEE stukkies goeie voor-lente nuus: 1. Van eerskomende Sondag is daar ʼn gasverwarmer in die kapel — koud kry kan dus buite bly ;-)) 2. Eerskomende Sondag lei Dr Rudi Labuschagne die diens vir ons. Hier is ʼn kort voorsmakie van waaroor die inhoud gaan: Volgens die […]

19/08/2012
19 Augustus 2012

Hierdie week se liturgie: 19_augustus_2012 Goeiemôre – Ons gesels hierdie maand oor die tema: Die God van gister is dieselfde God as vandag is dieselfde God van môre! Ons verstaan en belewing daarvan verander; ons verklaring en vertolking daarvan is anders as ʼn jaar of duisend gelede; ons insig en interpretasie daarvan is verryk deur die wetenskap, […]

12/08/2012
12 Augustus 2012

Hierdie week se liturgie: 12_augustus_2012 Die hele land is ʼn yskas terwyl jakkals elke dag met wolf trou in die Kaap – dan storm dit, dan reën dit terwyl die son skyn, dan wind-ruk-son-skyn-storm-reën dit net om die volgende oomblik te gaan lê asof niks gebeur het nie. Toe dit gister begin sneeu in Bloemfontein […]

05/08/2012
5 Augustus 2012

Hierdie week se liturgie: 5_augustus_2012 ʼn Nuwe maand, ʼn nuwe begin – Ons is in die middel van Olimpiese Spele en ek moet sê, ek is nie regtig ʼn TV persoon nie maar ek sit vasgenael voor die TV om te kyk hoe atlete van oor die hele wêreld met elegansie, krag en jare se […]

29/07/2012
29 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 29_julie_2012 Goeiemore, so in beseringstyd van Julie – Hulle sê: dit is een van die koudste winters in die Kaap in dekades. Ek weet nie van ander winters nie, al wat ek weet is dat ek kry koud en dis nie die koud was soseer pla nie maar dis die aanhoudend koud […]

22/07/2012
22 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 22_julie_2012 Eerstens, BAIE dankie vir al die goeie wense laas Sondag met my verjaarsdag. Elke epos, sms en boodskap is gebêre om my te herinner: ʼn mens is nooit alleen nie en dat ons hier is om lewe te ervaar en te beleef in die volheid daarvan. Soos alreeds gesê, gesels […]

15/07/2012
15 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 15_julie_2012 Kyk daar is son en blou! Die winter lê koud dié jaar soos die een front na die ander front ons vanuit die see bestorm. Die tweede helfte van die jaar lê in ons skoot. Tyd vir kaskar bou want die afdraande lê om die draai en as die reën […]

08/07/2012
8 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 8_julie_2012 Die woord “spiritualiteit” word deesdae om elke hoek en draai gebruik. Tydskrifte het artikels daaroor – elkeen uit ʼn ander hoek; dominees preek die tema tot ʼn eindelose refrein met die hoop om dit vir hulself te beantwoord; sit jy die draadloos aan praat iemand oor “geestelikheid” in ʼn poging […]

01/07/2012
1 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 1_julie_2012 ʼn Koue goeiemore, Na die reën van gister en die koue van die laaste week, gaan ʼn mens se hart uit na derduisende op die Kaapse Vlakte wie se enigste besittings onder water is en waar dit snerpend koud moet wees snags. Ek en seun bondel ou truie wat nie […]

24/06/2012
24 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 24_junie_2012 Laas Sondag het Dr Rudi Labuschagne gesels oor seker die (enigste) belangrikste vraag in ʼn mens se lewe: “Wie is ek?” — ʼn mens kan die vraag uit soveel verskillende hoeke beantwoord maar op die ou einde raak al die punte aan dieselfde lyn wat ʼn sirkel is om al […]

17/06/2012
17 Junie 2012

Dr Rudi Labuschagne gesels Sondag by Neo-Spektrum 10h00 Kolping Sentrum oor die volgende tema: Die antwoord is uit op een van die mens se knellendste vrae. Van die vroegste tye af is daar drie filosofiese vrae wat die mens mee worstel: Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Waarheen is ek op pad? Sondag bespreek ons die antwoord op […]

10/06/2012
10 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 10_junie_2012 Ek kry gister ʼn sms van my seun met ʼn YouTube skakel wat sê: “Pappa móét dit kyk!” en toe gaan kyk ek en ek kyk weer en nog ʼn keer  Die verwondering oor die beelde en die vervoering oor die inhoud (woorde) het sedert gister tot nou toe […]

03/06/2012
3 Junie 2012

Hierdie week se liturgie: 3_junie_2012 Ons stoom die helfte van die jaar binne – half leeg, half vol ... en terwyl ek hier sit en tik, speel Joni Mitchell se “Both sides now” in die agtergrond: Something's lost but something's gained in living every day.                     […]

27/05/2012
27 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 27_mei_2012 Dit is haas onmoontlik om te glo dit is alweer Woensdag. Die laaste ruk voel dit of elke week net Woensdae het want voor ek myself kon kry, is dit tyd om weer ʼn epos te stuur oor eerskomende Sondag se tema. Al die dae tussenin verdamp in dit wat […]

20/05/2012
20 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 20_mei_2012 As daar een aspek van menswees is wat die meeste verander, is dit verandering self. Die enigste dilemma is dat die mens nie kan byhou met al die verandering nie want hoe verander jy jouself? Dis maklik om wysvingerig verandering op te eis of wysneuserig verandering uit te wys maar […]

13/05/2012
13 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 13_mei_2012 Daar is op Sosiale Media blaaie van tyd tot tyd enorme debatte oor die bestaan van God. Die “God” van die Bybel wat moord en slawerny; vrees en straf beveel en as raamwerk gebruik word om felle kritiek uit te spreek asof ons steeds in ʼn Ou Testamentiese wêreld leef. […]

06/05/2012
6 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 6_mei_2012 En skielik is dit Mei. Ek lê gisteraand en soek iets in ʼn ou dagboek en kom af op dié aanhaling wat ek êrens afgeskryf het uit die Zohar (van die Kabbalah): “Follow the Light back to before before and after. Back to nothing and nowhere, and find me there […]

29/04/2012
29 April 2012

Hierdie week se liturgie: 29_april_2012 Vir die laaste maand het ons elke Sondag gesels oor wonderwerke. Ons het gekyk en gesien, geluister en gehoor, (h)erken en verken wat ons verstaan en beleef as wonderwerke sonder om dit te wil verklaar of te verduidelik. Een ding het telkemale uitgestaan en dit is die feit dat in […]

22/04/2012
22 April 2012

Hierdie week se liturgie: 22_april_2012 Soos wat ek sit en voorberei vir A Course in Miracles (ACIM) en deur ʼn magdom artikels lees en deur boeke blaai, besef ek hoe verlydelik is woorde. Ons lees dit, dink dit, praat dit en skryf dit om informasie bymekaar te maak en oor te dra en soos wat […]

15/04/2012
15 April 2012

Hierdie week se liturgie: 15_april_2012 Ons gesels hierdie maand oor ‘WONDERWERKE’ en hoe om dit elke dag in elke opsig van ons lewe te ervaar. Ons almal het van tyd tot tyd ʼn verwagting dat ʼn wonderwerk in ons lewe sal plaasvind, hetsy dit is met iets wat ons wil hê of vra om te […]

08/04/2012
8 April 2012

Hierdie week se liturgie: 8_april_2012 So op die vooraand van die Volmaan op Goeie Vrydag en met Paasfees op Sondag, is dit vir baie mense seker net nóg ʼn langnaweek. Vir die meeste Christene is dit die allerheiligste naweek. Wat Yom Kippur (dag van versoening) vir die Jode is, is Paasfees vir Christene. Dit is die fees van […]

01/04/2012
1 April 2012

Hierdie week se liturgie: 1_april_2012 Eintlik moet ek sê “goeienaand” want dis êrens voor middernag (as die lang arm op die korte lê en vandag word gister) as ek hier sit en skryf ... dis windstil en ʼn perfekte herfsaand. Dis sulke aande wat ek op die stoep staan en oor die stad kyk na […]

25/03/2012
25 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 25_maart_2012 Alhoewel Menseregtedag wêreldwyd op 10 Desember gevier word, is dit in Suid Afrika op 21 Maart as ʼn herinnering van die Sharpeville Menseslagting op 21 Maart 1960. Dit is ʼn dag wat in bloed geskryf staan dat ALMAL in hierdie land die reg het om menswaardig behandel te word. Dit […]

18/03/2012
18 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 18_maart_2012 Dit was voorwaar ʼn week wat die hele konsep van GEDULD tot die uiterste beproef (én verdroef) het. Vier dae sonder Internet; ure en ure aanhou vir Telkom; van die een persoon na die ander deurgesit te word met niemand wat weet wat die probleem is en wanneer dit opgelos […]

11/03/2012
11 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 11_maart_2012 Dagsê — Sondag sak derduisende fietsryers op Kaapstad toe. Met dissipline hard geoefen vir die Argus. Baie ure, sweet en moeite ingesit om kompeterend die resies te voltooi. Mens kan nie anders as om te wonder hoe die wêreld in die algemeen en ons land in besonder sou lyk as […]

04/03/2012
4 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 4_mrt_2012 Goeiemore op hierdie skrikkeldag —  Op die laaste dag van Februarie is ons in die ekstra dag van ʼn jaar met 366 dae. Dis ʼn bonus! Skrikkeljaar het altyd ʼn klomp verrassings wat saam met ʼn jaar kom wat ʼn ekstra dag het: daar is natuurlik die Olimpiese Spele en […]

26/02/2012
26 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 26_feb_2012 So tussen die dae wat later lig word en saans wat vroeër skadu’s trek met ʼn koeligheid in die aandlug lê daar ʼn belofte van ʼn nuwe seisoen in die sirkelgang van lewe, sterf, wedergeboorte wat haar ewigdurende siklus loop. Vir die mens is dit net nóg ʼn seisoen wat […]

19/02/2012
19 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 19_feb_2012 Daar is die laaste week so koel bries in die lug asof die natuur wil sê: ʼn nuwe seisoen is op pad. Elke dag word dit later lig en vroeër donker. Die lig hierdie tyd van die jaar is ook sagter en dit is asof skemer vir langer oor die […]

12/02/2012
12 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 12_feb_2012 Goeiemore aan almal — Eerstens, baie dankie vir ʼn wonderlike byeenkoms laas Sondag! Met soveel mense wat gelyk asem was die atmosfeer aanvoelbaar ‘heilig’ omdat elkeen daar ʼn koelteboom was in die son ☼ Ons son. Daai ster wat een van biljoene sterre in die heelal is. Ons sug miskien […]

05/02/2012
5 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 5_feb_2012 Goeiemore aan almal — Die mens is nou maar eenmaal ʼn eienaardige wese. Ons glo ons het ʼn ‘vrye wil’ maar weet nie wat ons wil nie en as ons weet wat, weet ons nie hoe nie, en selfs al weet ons hoe, doen ons nie wat ons sê nie. […]

29/01/2012
29 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 29_jan_2012 Voorwaar ʼn GOEIE-dag aan elkeen — ... vandag is hierdie pa sommer in ʼn uitbundige bui want die Graad 8 seuns in die koshuis op Grey het hul fone gisteraand teruggekry en kon ons met mekaar praat. Dit is darem net só verligting om jou kind se stem te hoor en hoor […]

22/01/2012
22 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 22_jan_2012 Dis ʼn bietjie vroeër as gewoonlik — ... maar ʼn goeiemiddag aan almal. Die rede vir die vroeë skrywe is omrede ek vanmiddag die langpad vat Bloemfontein toe om my seun af te sien waar hy begin met Hoërskool. Dis met trots maar ook ʼn swaar seer hart dat ons […]

15/01/2012
15 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 15_jan_2012 Feitlik elke week word daar geblaai deur ‘quotes’ in boeke en internet opsoek na ʼn aanhaling of twee wat ʼn idee of konsep verwoord. Daagliks word lyne in artikels en boeke langs my bed onderstreep en gemerk met verskeie simbole, elkeen met hul eie betekenis ... byvoorbeeld, musieknote ♪♫ beteken: lees meer […]

08/01/2012
8 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 8_jan_2012 Die nuwe jaar is hier – sommer so, só sommer só! ʼn Nuwe jaar propvol geleenthede en die potensiaal om nuwe spore op die strand te trap en groter sandkastele te bou. Dit te waag om ons eie spore te trap waar ons voorheen versigtig liefs in ander (bekende) spore […]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights