9 Julie 2017

Ons tema vir die maand is — VERSNELLERS VAN DIE BEWUSSYN -- en laas Sondag het ons gesels oor INTUÏSIEen eerskomende Sondag praat ons oor INTENSIE. Teen die agtergrond van Juniemaand se gesprek oor ‘PURPOSE’ is dit duidelik dat intensie een van die leivore is na ons purpose, calling, meaningfulness! In die Spirituele Psigoterapie is die vraag oor INTENSIES een van die belangrikste vrae want intensies bepaal gedagtes en gedagtes bepaal ons realiteit. As jy ʼn ander realiteit wil ervaar, gaan ons ons gedagtes moet verander en om gedagtes te verander, moet daar ʼn verandering wees in ons intensies.

Intensies wat uit die ego gebore is, het motiewe en agendas. Die ego projekteer sy illusies as intensies wat met blah blah fah fah niks positief manifesteer nie. Te veel mense doen goed sonder enige idee hoekom hulle dit doen. Intensies wat gedryf word deur gewete (skuldgevoel en vrees) het baie te sê maar doen niks daaromtrent nie. ʼn Mens se intensies moet reflekteer in ons aksies. Dis veel meer as net goeie bedoelings want “intensies” het nog nooit iemand gevoed nie.

As intuïsie die taal van die siel is, dan is ‘intensie’ die taal van die hart. Elke oomblik, van jy wakker word tot jy weer jou oë toemaak, is gevul met duisende klein fotone (intensies) wat elk hul eie energie dra en vrystel. Saam maak hierdie klein ligspatsels ʼn ligstraal wat die fotosintese is vir plante, die verwarming in ʼn koue winter, die aurora ligte om die pole. Die lig, wat maak dat ons sien, is wat ons bedoel met consciousness. Intensies gaan óf ons consciousnessverfyn, óf verdoof.

Dis interessant hoe baie mense consciousness verwar met conscience ... gewete het te doen met moraliteit, integriteit, beginsels en die etiek van ons menswees. Consciousness is moeilik om te vertaal in Afrikaans want dit is meer as ‘bewustheid’ of ‘bewus wees’ — dit is ʼn diep ken en verstaan; dit is ʼn wéét wat nie vanuit die verstand kom nie, trouens die energie van consciousness kom geheel en al van ʼn ander bron wat al goed nagevors en bewys is. Conscience(gewete) gee konteks terwyl consciousness vir ons betekenis gee. Dis my beskeie mening dat georganiseerde godsdiens te veel klem lê op conscience (gewete) en glad nie weet wat beteken dit om ons consciousness te koester en te kultiveer nie. Vir die meeste Christene is consciousness so wollerige, airy-fairy, new-age, Oosterse begrip wat eintlik niks beteken nie. Gewete sit als wat (vir MÝ) reg en goed is op ʼn rytjie en maak die reëls oor wat aanvaarbaar en ontoelaatbaar is. Consciousness wys jou HOE.

Lag ek toe ek gister vir iemand vra, “What will change if you do this with love?” en die antwoord, “Been there — done that. Been there several more times, because apparently I never learn!” Miskien is die dilemma van ʼn gewete, dit wil eerder reg as gelukkig wees. Wat is jou intensie met die werk wat jy doen; jou huwelik; die huis wat jy wil koop; die vakansie waarop jy wil gaan; die belegging wat jy wil maak; die ‘nuwe, ander, beter’ lewe waarna jy verlang?
Gewete gaan jou nie stop om te doen wat jy WÍL doen nie — daarvoor is die brein (ego) veels te uitgeslape en sal jou bestorm met ʼn duisend redes en verskonings om enige iets te regverdig. Al wat die gewete gaan doen, is om sekere te maak jy geniet dit nie. (LOL) Ek sê weer: gewete (positief en negatief) lê in die brein — intensies lê in die hart as daai innerlike lig van God wat jou lei en stuur in elke aksie en reaksie, keuse en besluit. Maak geen fout nie — ons het ʼn verfynde ‘gewete’ nodig vir goed ontwikkelde intensies. Maar gewete kan nie gebore word uit vrees; grootgemaak met neurose en paranoia; geklee met die mantel van veroordeling en selfgeregtigheid; of knus gehuisves word onder die dak van al ons skuldgevoelens nie.

Ons geloof, hoop, en liefde kan nie net ʼn halssnoer van intensies wees nie. Dit moet tasbaar en deurleef wees. Dit is prakties en toepasbaar. Intensies vra dat ons aktief sal luister sodat ons in handel en wandel daarop kan reageer:
Intensies vra dat ons aktief sal luister — ons gewete gee vir ons ʼn onderskeidingsvermoë; ons waardes gee vir ons oortuiging; en ons intensies bring ʼn Goddelike perspektief om die groter prentjie te sien.

Intensies vra dat ons aktief sal luister — ons gewete lei ons in wat regverdig, sagmoedig, en liefdevol is; ons waardes kom met kennis en ervaring; en ons intensies gee waarheid en waarheid maak ons vry.
Intensies vra dat ons aktief sal luister — what you think, you will become; what you despise, you will act out; what you dream, you create; what you fear, you attract; what you confess, you will manifest.

Intensies vra vir oop-tyd sodat ʼn mens sinvol kan dink oor waar jy is en waarheen jy op pad is. As Christen sal ek altyd soek na die energie van liefde in my intensies sodat dié Liefde in en deur my kan beweeg en ek my doel bereik, my roeping volbring en ʼn lewe het wat ʼn bydra maak en betekenis het. Kom ons spandeer Sondag ʼn paar oomblikke om ons intensies te fokus as ons gesels oor — (i) Die stem voor elke gedagte: van intuïsie na intensie. (ii) Die (er)ken voor ons weet: van onthou na verstaan. (iii) Die vrae voor ons antwoord: van gister-en-môre na nou. (iv) Die stilte voor ons hoor: van ervaar na floreer. (v) Die ervaar voor ons reageer: van emosies na gevoel.

Maak nie saak waar jy is en in watter seisoen jy jouself bevind nie. As ʼn mens jou intensies spits op die Stem vir God (Heilige Gees) kom daar ʼn harmonie en balans om na elke situasie te kyk met ander oë. Waar ons ons intensies weef in ons spiritualiteit (verhouding met God) kom daar insig (waarheid) en uitsig (wysheid) wat vere vir ons vlerke gee. Niemand gee op die ou einde van die dag om oor die ‘goeters’ wat ons HET nie, mense se diepste verlange is vir ʼn lewensverrykende en lewensveranderende ERVARING. ʼn Belewenis met dit wat ons ervaar en verstaan as ‘God’ — en wat ons daarmee sê, is dit: ons wil elke oomblik van die dag liefde laat in- en uitvloei in als wat ons doen en is. Niks minder. Niks meer.

“Verder broers (en susters), alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook al mag wees, daarop moet julle jul gedagtes rig.”herinner Efesiërs 4:8

ACIM — Ons kom weer bymekaar na die skoolvakansie en sal laat weet per WhatsApp.

Besoek ons Facebook ​​​​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Do not recite words just to prove to yourself and others that you know and love God; for he already put his breath and light inside you. Instead, put truth in your every word and action, and always let your conscience steer and guide you.” ― Suzy Kassem

Liturgie: 9_julie_2017

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights