24 Julie 2016

Liturgie: 24_julie_2016

Vroegoggend met die eerste winterlig staan ek op die stoep en kyk oor die bewolkte stadsligte. Elke liggie het ʼn mensestorie met ʼn hele verhaal van drome, wense, hoop, liefde, seer, en bang. Kollektief dra ons mekaar se stories, mekaar se verdriet, mekaar se lag en saam dans ons die lewensdans met oorgawe ... soms uit pas, soms ʼn two-step op ʼn tango en dan weer gemaklik in ʼn wals. ʼn Paar Hadidas vlieg verby en ek vermoed hul Ground Proximity Warning System (GPWS) is stukkend want dit klink of hul die hele tyd op alarms is! Soos dit meer en meer lig word en die liggies een vir een afgaan, smelt die stadsgeluide in die grys wat koud is en stom.

Dit is daardie ‘grys’ landskap wat ons Sondag gaan verken in ons maand se tema: LIEFDE IS ‘N WERKWOORD en stil gaan staan by die onderwerp — LIEFDE IN DRYFSAND — waar is liefde in konflik; wat is die reëls vir baklei; kan liefde harder praat as kwaad; hoe onthou mens liefde as verhoudings skeur en breek?

In die romantiese manifestasie van liefde loop ons op wolke, elke minuut van liefhê voel soos ʼn uur en ʼn week soos ʼn sekonde. Daardie fase waar mense na mekaar kyk in verwondering met pienk hartjies en skoenlappers in die maag. Elke seisoen is Lente en elke reëndruppel ʼn renaissance. Daardie dae van potensiaal en moontlikhede waarna verwys word as – liefde is blind! Seker ook die enigste tyd in enige verhouding waar mense na mekaar kyk sonder oordeel en projeksies, verwagtinge en verpligtinge. Die seisoen wat na ʼn deelgenoot verwys as die een wat jou ‘kompleet vervul’ wat eintlik nie ʼn persoon is nie maar na die liefde self ... daardie diep soek in elke mens na liefde wat sin en betekenis gee, vorm en inhoud, die herinnering aan die mooiste en beste in elkeen van ons.

In elke verhouding maak hierdie aanvanklike emosies van vervulling, voldoening, versadiging gou plek vir die skaduwees van ʼn magstryd om behoeftes en verwagtinge te vervul. Klein irritasies gee geboorte aan subtiele manipulasies en skielik is liefde nie meer so blind as ons die bril van liefhê vervang met ʼn vergrootglas om die foute en gebreke van die ander onder die kollig (op) te plaas. Die vensters van liefde word vervang met ʼn teleskoop wat agterdogtig elke mistrap en stotter koggel met aannames en voorveronderstellings. Vir baie verhoudings is hierdie dryfsand onoorkombaar en gee mense op. Die skeiding gaan gepaard met woede, hartseer, verwyte, afguns, en spytigheid. Al hierdie emosies is eintlik maar net ʼn vrees dat ons dit nie gaan maak nie. So verdwaal ons in ʼn volgende verhouding net om die patroon te herhaal tót ʼn dag waar ʼn egpaar besluit om die fase van magstryd te sien as ʼn geleentheid om te groei en om heel te word van vorige wonde wat so diep kan lê as toe ons ʼn kleuter was.

Konflik is vrees verwoord. Elke vorm van konflik se wortel lê in die vrese wat ons saamdra. Vrese vir verwerping, vernedering, mislukking, teleurstelling, verwydering. Ons almal projekteer hierdie vrese op mekaar en dit vra ʼn sensitiewe bewus-wees van wat hier aan die gang is om daardeur te beweeg en daaruit te groei. Chuck Spezzano verduidelik dit mooi in sy formidabele boek, ‘If it hurts, it isn’t love’ as hy sê, Armed with awareness and having set your relationship goad for joy and wholeness, you simply reset you goal, commit to your partner and the relationship and you will be moved forward to the next step.

Maak nie saak hoe ons enige konflik wil regverdig of verduidelik nie eintlik gaan dit oor ʼn tantrum met net één rede — ek kry nie my sin nie! Wanneer ons baklei vir verwagtinge en behoeftes, val ons aan, kritiseer, demand, moan, complain, bully, kerm en as ons vloer-moer misluk, vat ons ons speelgoed en gaan soek ʼn ander kot.

Ons dink dat bogenoemde is net van toepassing op persoonlike verhoudings/huwelike maar glo my dit manifesteer ook in konflik by die werk. Daar is altyd een of ander power-struggle in the shadowlands of egos! Al die moderne benaderings en toepassings van conflict-management is serebraal verlam omrede dit nie die spirituele psigoterapie in ag wil neem nie want dis nie ‘political correct’ om oor ‘spiritualiteit’ by die werk te praat nie. Ons ploeter eerder in die dryfsand van een of ander uitgediende SWAT toets as wat ons sal kyk na ʼn meer modern gesofistikeerde mindful-management model. Alle verhoudings is gebaseer op vennootskap en vennootskap is gebaseer op liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid, en seëning. Die Ubuntu beginsel (that we are defined by our compassion and kindness towards others) is die grondreël van Jesus se lering. Dit behoort die credo van elke gesin en elke besigheid te wees want ook dít is die enigste waarde wat nie deur mot en rot opgevreet word nie.

Wat sê die Bybel oor konflikhantering — “Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” (Efesiërs 4:31-32); “ʼn Sagte antwoord laat woede bedaar; ’n krenkende woord laat woede ontvlam.” (Spreuke 15:1); “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.” (Kolossense 3:13-15); “Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ’n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle.” (Jakobus 4:1-2); “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.” (Romeine 12:17-18); “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.” (Kolossense 4:6); “As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.” (1 Johannes 4:20)
Aan die hand van bogenoemde gaan ons Sondag na die volgende 7 punte kyk met die vraag: What will change if we do this with love? -- (i) commitment without compassion is a contradiction (ii) onderskei tussen realiteit en waarheid (iii) verkil met waardigheid en integriteit (iv) vergiffenis en vertroue gaan hand-aan-hand (v) laat los aan beheer en manipulasies (vi) niemand is in ʼn kompetisie en niks is te min nie (vii) neem verantwoordelikheid
Kom deel Sondag vir uur saam met ons. Miskien is jy geseënd om hierdie beginsels spontaan te assimileer met jou medereisigers – ons leer graag van jou wysheid. Altemit het jy al deur vele konflik in jou lewe gewerk, ons leer graag uit jou wysheid van ervaring.

🌺 ACIM — 21 Julie: Kolping 19h30 en 25 Julie: Stad 19h30
👣 6 Augustus — 9am tot 1pm — Ons Spiritualiteit Konferensie by die Sanlam Ouditorium met drie uitmuntende sprekers. Maak nou reeds ʼn aantekening daarvan en nooi vriende en familie saam. Asseblief. 💐

Besoek ons Facebook ​​

Gedagte vir die Week:

“Do you want to be happy or do you want to be right?” — ACIM

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights