11 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 11_maart_2012

Dagsê — Sondag sak derduisende fietsryers op Kaapstad toe. Met dissipline hard geoefen vir die Argus. Baie ure, sweet en moeite ingesit om kompeterend die resies te voltooi. Mens kan nie anders as om te wonder hoe die wêreld in die algemeen en ons land in besonder sou lyk as ons met dieselfde dissipline en toegewydheid ons verhouding met onsself, ons ewemens en God beoefen nie? Wie gaan verloor as al ons verskonings en redes laaste kom?

Ons het laas week afgesluit met die ‘gedagte vir die week’ wat sê:As long as you are willing to change your mind, then God will change your life — as ons maar net sal besef dat verandering (change) beteken nie beperking (control) nie. As die seisoene verander, voel die natuur nie verwyder van die seisoene nie ... die winter in ons lewe voel nie minderwaardig teenoor somer nie al sou die meeste mense die lang sonnige somersdae verkies.

Dikwels voel mens oorgelaat aan die genade van emosies asof jou emosies jou gevoel, denke en omstandighede beheer (control). Hoe om anders te reageer op wat gebeur ... vra ons dikwels? In tye wat dit donker raak om ʼn mens gryp ons angsbevange na als en almal om ʼn uitkoms (verander) te bring en as dit nie gebeur nie word hul verkwalik. As ʼn mens ingestel is op die frekwensie van die siel besef ʼn mens dat die teenoorgestelde van gebed (óf kontemplasie) is nie aksie nie maar reaksie. Ongelukkig is al die self-help-boeke net nóg ʼn ‘remote control’ en kom niks tot stilte alvorens ʼn mens nie na binne kyk nie. Om daaroor te gesels in ʼn terapiesessie gee wel konteks net soos die raad en teregwysings van vriende en vertrouelinge perspektief bring maar op die ou einde van die dag is dit in jou en my hande om ons gedagtes (aksies) en emosies (reaksies) te temper sonder om ander (iets of iemand) te wil beheer of blameer. 

Ons fokus geweldig op dit buite onsself, veral waar ons voel ons word ingedoen; te na gekom; of ons kry nie ons sin nie. Nie net teenoor ons medemens nie maar ook in ons verhouding met God. Iemand moet blameer word ... iemand moet die skuld kry en wanneer ons nie ʼn situasie of persoon kry om dit te doen nie dan doen ons dit sommer teenoor onsself. Die emosies van mislukking, teleurstelling, ontevredenheid en bitterheid word die bril waardeur ons dan na die wêreld om ons kyk. Die Engelse woord “control” het verskeie betekenisse in Afrikaans en word vertaal met: bestuur, kontrole, beteueling, beheer en beperking. Kom ons verken Sondag die moontlikheid om ons beheer van mense en omstandighede te skuif na ʼn ander nuwe manier om na alles om ons te kyk sonder om verskonings, veroordeling en redes te hê vir alles.

Let go of your (remote) control! 
Verifieer wat is feitlik en wat is opinies en persepsies
Ondersoek ons intensies, emosies en gedagtes.
Sensitiewe selfbeheersing in ons aksies/reaksies.
LET GO aan wat ons wil beheer en toelaat om ons te beheer!

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum — kom reis saam van die kop na die hart; van die hart na die siel.
Met ʼn oorloop goeie seëninge op hierdie somersdag.

Ons inleidende kursus in ACIM (A Course in Miracles) gaan voort op 15 Maart 19h00 by die Kolping Sentrum.
Jy is steeds meer as welkom om in te skakel. Kontak my asseblief indien jy belangstel. 

Gedagte vir die Week:
“Control is never achieved when sought after directly. It is the surprising outcome of letting go.” — James Arthur Ray

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights