Woordeskat vir Emosies III

“Crying does not indicate that you are weak. Since birth, it has always been a sign that you are alive.”
— Charlotte Brontë —

In ʼn wêreld waar almal ʼn opinie het, het dit al hoe moeiliker geraak om te sê wat ons voel. Dis maklik om te praat oor wat ‘reg’ en ‘verkeerd’ is, wat gedoen en nie gedoen moet word nie, wat van jou verwag word en wat jy anders en beter moet doen — maar wat voel jy, en is jou hart oop?

Laat ek dit net weer herhaal: ALLE emosies, is ʼn reaksie op iets wat gebeur het. Gaan kyk na elke emosie wat jy het en jy sal sien daar is ʼn oorsaak en gevolg wat lei tot wat jy ervaar. Daarbenewens is EMOSIES aan die stuur van ons lewe. Jy mag dink dit is jou gedagtes, intellek, of logika maar dit is nie — ons is emosionele wesens wat emosioneel reageer op wat ons dink.

“We like to think we are rational beings who occasionally feel, but the truth is, we are emotional beings who occasionally think. Emotions drive every decision we make. Rational thinking is just how we justify them later.”
— Brené Brown

Hoe dikwels sal ek vir iemand vra, “Hoe voel jy oor dit?” en onvermydelik kom die antwoord, “Ek dink dat…” — met geen idee wat jy voel of hoekom jy so voel nie.

Dit is maklik om te sê wat ons dink, maar wat VOEL jy?

Kyk na ʼn ysberg — die gedeelte wat sigbaar is, is wat ons dink. Dit is duidelik en goed gedefinieer, maar onder die oppervlakte is ʼn enorme verborge gedeelte van emosies — ons vrese en verlange, ons weerloos- en kwesbaarheid.

Die meeste van ons leef op die oppervlakte, angsbevange om dieper te gaan kyk.

As ons sê, “Ek dink…” vra jouself hoeveel van daai gedagtes is net reaksies en is ek bereid om te sê wat ek voel? In plaas van om te sê, “Ek dink jy is onregverdig!” probeer eerder, “Dit maak my hartseer as dit voel ek word nie gehoor nie.”

Die samelewing is gou om ʼn vinger te wys dat dit ʼn swakheid is om oor gevoelens te praat en word ʼn etiket om jou gehang dat jy ‘TE emosioneel’ of ‘TE sensitief’ is want ons moet ‘sterk en in beheer wees’ wat ʼn massiewe cover-up is vir die gebrek aan enige vermoë om te praat oor wat jy voel.

Hoe moet jy wys dat jy “emosioneel STERK is” as jy nie oor jou gevoelens mag praat — of die vryheid het om dit te mag voel nie? Ons wil tog net nie aanstoot gee of iemand ongemaklik laat voel nie en het dit van kleinsaf genoeg gehoor: “suck it up, and get on with it!”

As Teologie student het ek dit gereeld vir die wysgere gevra hoe dit moontlik is dat hulle vir my leer wat ek moet GLO en hoe ek moet DINK, maar nie eenkeer gevra het hoe ek VOEL nie?

Gou het ek geleer dat om te praat oor jou gevoel, stel jou bloot aan misverstand, kritiek, en verwerping. Dikwels ook gehoor ek moet minder “dramaties” wees as ek my ervaring van God weef in poëtiese taal en nie skaam is om bewoë te raak as ek praat van God is ʼn God van die hart — nie die brein of logika nie!

Ons is bang vir vulnerability omdat dit lyk asof ons nie in beheer van ons emosies is nie. By die werk word dit gesien as “onprofessioneel” en word verwag dat jy jou gevoelens by die huis sal los, want dit tas glo jou “geloofwaardigheid” aan.

ʼn Paar jaar terug vertel ʼn man my hoe hy vir die soveelste keer by sy “nuwe baas” gaan sit het om hom attent te maak oor die prosedures en verwagtinge van sy span, toe hy antwoord: “A week before I moved to Cape Town my son died in a car accident. I haven’t had time to grieve.”

Op daai oomblik het hierdie twee mans mekaar ‘GESIEN’ — nooit weer daarna was daar enige muur tussen hulle om nie openlik te kan praat oor hul gevoel nie.

Ons almal dra maskers wat voorgee dat als okay is terwyl ons weet dit is glad nie so nie. Dra lank genoeg aan daai ‘voorgee’ (fake it) en ons vergeet wie ons werklik is, en waag dit nie om te sê wat ons voel en hoekom ons sekere emosies het nie.

Ons praat dikwels van die begrip ‘authenticity’ — i.e. om eerlik jouself te kan wees, wat juis beteken om ‘geloofwaardig’ te wees.

“Authenticity is the foundation for emotional awareness and expression. It allows us to live in alignment with our true selves rather than suppressing our emotions to fit societal expectations.”
— Daniel Goleman

Om ʼn lewe te lei waar ʼn mens geen vrymoedigheid het om te sê wat jy voel, werklik voel nie, is om te leef sonder enige sin, doel, of vervulling. Dit affekteer elke verhouding waarin ons staan, en is nêrens meer duidelik sigbaar as in ons intieme verhoudings nie — maar dit raak ook ons verhouding by die werk, met jou kinders en vriende, en byname ook jou verhouding met God.

Dit is waaroor ons Sondag gaan gesels —

  1. Authenticity maak dat ons nie langer ons gevoelens onderdruk nie;
  2. Sodat ons meer eerlik kan wees oor ons emosies sonder om skaam of skuldig te voel oor wat en hoe ons voel;
  3. Dit kultiveer self-compassion — om meer liefdevol en sagmoedig te wees met onsself sonder om voor te gee of 'n sluier te trek oor wat ons voel;
  4. Veral teenoor ons man/vrou en kinders is dit belangrik om 'n voorbeeld en konsekwent te wees met hoe ons omgaan met ons emosies;
  5. Want authenticity, maak van die intellek 'n siel.

Die lewe is nie net perfekte blomme in ʼn pragtige tuin nie. Dit het soms dorings en onkruid, soms ʼn vloed en soms droogte. Soms lag ons kop agteroor uit ons maag en soms loop trane oor ons wange — all of this is a sign that we are living life alive!

Met liefde

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Your authentic self is your soul made visible.”  
― Sarah Ban Breathnach ―

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights