Wonderwerke — Staan op en loop

“There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle."― Albert Einstein —

Ons sit ons reis voort in ons gesprek oor — Die Wonders van Wonderwerke.

Die eerste ‘teken’ wat Johannes Evangelie beskryf, is die ‘handgewaste water wat in wyn verander’ (Joh 2:1-12) waar die klipkanne, wat deel was van die Jode se reiniging rituele, vernuwe en verander word in iets wat gepaardgaan met ʼn fees. Dit herinner aan die woorde —

“... sal ek by hom ingaan en saam met hom 'n FEESMAAL hou, en hy saam met my.” — Openbaring 3:20

Die tweede ‘teken’ waaroor ons laas week gesels het, was die bedelaar wat blind gebore is (Joh 9:1-41) en hoe die Fariseërs en Skrifgeleerdes ʼn probleem het dat Jesus dit op ʼn Shabbat doen, want dit maak hom ‘sondaar’ en sondaars doen nie wonderwerke nie. Volgens hulle maak God die wette en God breek nie sy wette nie.

Hierdie ‘teken’ maak deel uit van Johannes se groter motief dat ‘die Jode’ (hulle wat die Christen Jode uit die tempel verban het) ‘blinde bedelaars’ is omdat hulle nie die geloof het wat Jesus geleef, geleer, en voor gesterf het nie. Die een wat ‘sien’ is die een wat Jesus herken, erken, en ken as die ‘Messiah’ (Christus) en daarop reageer deur met spirituele oë te kyk én te SIEN.

Die derde ‘teken’ waaroor ons eerskomende Sondag gaan gesels, is die verlamde by die Bad van Betesda (Hebreeus: house of kindness). Dit is buite Jerusalem en nie ver van die bad by Siloam waar Jesus vir die blinde gesê het om sy oë te gaan was nie.

Hier sit ʼn man en wag dat iemand hom in die bad kan sit as die ‘water geroer’ word. Jesus sien hom en sonder om enige iets te doen, sê hy, “Staan op, tel jou goed op en loop.”

Weer ʼn keer doen Jesus dit op ʼn Sabbat wat die wysgere en beterweters ontstel. Vir die skrywer van hierdie Evangelie is daar ʼn sterk kontras tussen wat Jesus geleer het en hoe die Fariseërs God gereduseer het tot die status van die een wat hoofsaaklik religieuse reëls skep en instandhou.

ʼn Mens sou kon sê dat die gestremdes wat om hierdie bad lê, verteenwoordig die mens wat smag na genesing (yearn for healing).

Daar is ʼn lang geskiedenis van die mens se soek na geneeswonders. Dink aan plekke soos Lourdes en Fatima. Dink aan Josua in Nigerië en die hoeveelheid geloofsgenesers wat ʼn mens nie in ʼn ICU by ʼn hospitaal sien nie maar in tente en ouditoriums.

Die Ou Testament is vol voorbeelde van ‘wonderwerke’ waaronder geneeswonders. Dink aan die wonders van Elijah, en dubbel soveel van Elisha.

Die geneeswonder wat by die Bad van Betesda afspeel, bring ʼn verdere konflik tussen Jesus en die godsdienstige owerhede. Miskien is dit die rede dat hierdie selfde man weer terugdryf na die ou bekende en veilige manier van dinge doen, en as Jesus hom later by die sinagoge raakloop, lees ons dat Jesus hom vra (geparafraseer), “How is this working out for you?”

Hierdie ‘teken’ vra: is ons kreupel vanweë ons vooroordele, selfgeregtigheid, en vrees; maak verandering jou bang; wag ons vir ‘iemand anders’ om ons te help as ons water geroer word; en het ons die moed om te reageer as ons hoor ‘staan op en loop’ ...?

In John Shelby Spong se kommentaar oor Johannes Evangelie getiteld: ‘Tales of a Jewish Mystic’ maak hy die volgende gevolgtrekking as hy oor dié verhaal praat:

“Choose life, grasp life, enter life, and claim life! It requires a new vision, being born of the spirit, escaping the debates about religious superiority or the proper place or form in which to worship.”

Met hierdie verhaal in die een hand, en die verhaal van die kreupele wat deur die dak afgesak word na Jesus (Lukas 5:17-26) in die ander hand gaan ons Sondag na die antwoord kyk wat ‘A Course in Miracles’ gee op die vraag: What is a Miracle?

  1. Miracles occur naturally as expressions of love. The real miracle is the love that inspires them. In this sense everything that comes from love is a miracle.
  2. A miracle is a correction. It does not create, nor really change at all. It merely looks on devastation and reminds the mind that what it sees is false.
  3. A miracle contains the gift of grace, for it is given and received as one.
  4. Forgiveness is the home of miracles. The eyes of Christ deliver them to all they look upon with mercy and in love.
  5. A miracle is taken first on faith, because to ask for it implies the mind has been made ready to conceive of what it cannot see and does not understand.
  6. Miracles fall like drops of healing rain from Heaven on a dry and dusty world, where starved and thirsty creatures come to die. Now they have water.
  7. All miracles mean life, and God is the Giver of life.

Mag die res van hierdie week jou water verander in wyn, en jou oë open om die wonderwerke te sien wat elke dag in ʼn duisende vorme en maniere in jou lewe manifesteer.

Staan op, en los die redes en verskonings agter jou waarom jy nie kan dans op die voete van die engele nie.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Seeing a miracle will inspire you, but knowing you are a miracle will change you.”―  Deborah Brodie 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights