ʼn Week gelede in ons ACIM groep by Kolping, waar ons Rob Bell lees, het ons gevra, “Wie/Wat is God vir jou?” Verskillende antwoorde is gegee vanuit elkeen se ervaring van dit wat ons beskryf as ‘God’. Hier is ʼn paar beskrywings wat ons op die bord geskryf het: allesinsluitende Liefde, Lig, Energie, dit wat Konstant is, die Onspreeklike, Anker, Asem, Vrede, Knowing, Awareness, Presence, Always with me, Creative, Creation, the great I AM, Power, Source, the Beyond and Within, Essence of life, infinite Compassion and infinite Grace.
Elkeen van hierdie beskrywings lê in ons ervaringswerklikheid en nie een van hulle poog om ʼn definisie, dimensie, of vorm van God te wees nie. Soos ons toe ook vir mekaar gesê het, “Te dikwels wil mense net sê WAT God is en kan nie woorde vind HOE ons God ervaar nie.” Woorde is dalk die begin van alle misverstand en moet ons volstaan by ʼn stil-wete dat vir my en jou is dit genoeg om dit net te voel, net te weet — soos die liefde vir ʼn beminde, soos die ervaring van liefde deur ʼn geliefde.
Dit is so bevrydend om op ʼn plek in jou lewe te kom waar ons elkeen se unieke ervaring van God nie geweeg of gemeet word aan ʼn reg-of-verkeerd nie. Waar ons die vryheid het om dit met mekaar te deel sonder vrees vir veroordeling of verwerping. Om ons eie woordeskat te vind om hierdie belewenis met mekaar te deel sonder om te verval in teologie of dogma. Ons het ʼn vêr pad gekom van waar ons was tien en twintig jaar gelede en miskien neem ons dit soms vanselfsprekend want glo my, vir miljoene Christene is hierdie vryheid ʼn geskenk wat nog nie oopgemaak (of toegelaat) is nie.
Vir die volgende paar weke van Maart gaan ons gesels oor — WINDE VAN VERANDERING — en Sondag afskop met ʼn gesprek oor: GOD IS AN OPEN MIND!
Dit is onvermydelik dat wanneer die winde van verandering begin waai, gebeur een van twee goed — óf mense raak fundamentalisties (ʼn vasklou aan wat bekend en seker is ten koste van vooruitgang), óf mense soek ʼn nuwe manier van dink en doen deur progressief te herdink en herdefinieer. Ek het nog nooit van die woord liberaal gehou nie. Dit klink so voortvarend en meer as dikwels ʼn pendulum swaai na net nog ʼn vorm van fundamentalisme.
Die term, ‘progressief’ het die laaste paar jaar weer sterk na vore gekom in ons politieke, sosiale, en godsdienstige diskoers. Met ‘progressief’ word bedoel — om vernuwend te dink en ten gunste van sosiale verandering te wees. Ek glo dit is ʼn gesonde ontwikkeling want dit beklemtoon hervorming en modernisering — iets wat ooreenstem met die gees van die Hervorming soos wat die kerk laas in die vroeë 16de eeu ervaar het.
Dit is nie ʼn verandering ter wille van verandering nie, maar ʼn fundamentele skuif om ons moderne samelewing te herdefinieer in ʼn gesofistikeerde en relevante gesprek oor en met God. Dit is so, die lewe van vandag neig tot groter kompleksiteit en elke groot transformasie gaan gepaard met ʼn eerlike soeke na ʼn nuwe verstaan van wie ons is en waarheen ons op pad is. Versnelde verandering vra vir duursame waardes en ʼn erkenning dat ons nie net mag nie, maar ʼn verstaan van fundamentele verandering en vernuwing móét verken, koester, en kultiveer.
Twee voorbeelde: As ons sê, GOD IS LIEFDE en die woorde van die Johannes briewe ernstig opneem dan kan ons nie net God ken in die liefde wat ons ervaar en deel nie maar ook God sien in die liefde wat ons aan mekaar openbaar. Dit laat geen ruimte vir liefde met ʼn agenda of wat kom met voorwaardes en behoeftes nie. Dit is ʼn allesinsluitende liefde. Dit is ʼn liefde wat triomfeer oor ons vrese van wie is in en wie is uit, wie is reg en wie is verkeerd.
Tweedens, die Hebreeuse woord RUAG kan vertaal word met “asem,” “wind,” of “gees” en die RUAG JHWH is die Gees van God. Die Griekse woord is PNEUMA en die Sanskrit woord is PRANA. In die tradisionele Christendom word die Heilige Gees gesien as die Derde ‘PERSOON’ in die Heilige Drie-Eenheid. ʼn Meer progressiewe ervaring sou wees dat die Heilige Gees die Teenwoordigheid van God beskryf. In die Spirituele Psigoterapie word na die Heilige Gees verwys as die Stem vir God. Die Nuwe Testament verwys na die Heilige Gees in Grieks as die Heilige Asem van God, en vandag weet ons vanuit die kwantum wetenskap dat die ‘Asem van God’ (Divine Consciousness) in ALLES en ALMAL reflekteer ongeag ons kultuur, nieteenstaande ons tradisies, ten spyte van eeue se dogmatiese waarhede.
Skielik is dit asof hierdie RUAG (wind/gees/asem) ons lugballon laat opstyg en soos wat dit ons hoër en hoër vat, kry ons skielik ʼn hele nuwe perspektief oor die wêreld waarin ons leef. Dit vervang nie die waarhede waarmee ons grootgeword het nie, dit brei dit uit. Skielik sien ons alles in konteks en maak dit ons nederig om enersyds te besef hoe klein ons is maar andersyds hoe groot ons bydrae is wat ons (kan/mag/moet) maak.
Toe daar vir die teoloog John Shelby Spong in ʼn TV onderhoud gevra is hoe hy “Progressive Christianity” verstaan, was sy antwoord, “I want them to know the meaning of the Gospels as a whole and to experience it as a doorway into a new dimension of life. It is also a journey into the heart of life, a journey beyond the boundaries of life and ultimately a journey into both a new consciousness and a whole new understanding of what Christianity is.”
Op die webblad progressivechristianity.org verskyn die volgende 8 punte wat dit beteken om onsself “Progressive Christians” te noem en ons gaan dit eerskomende Sondag bespreek:
By calling ourselves progressive Christians, we mean we are Christians who…
4. Know that the way we behave towards one another is the fullest expression of what we believe;
5. Find grace in the search for understanding and believe there is more value in questioning than in absolutes;
6. Strive for peace and justice among all people;
7. Strive to protect and restore the integrity of our Earth;
8. Commit to a path of life-long learning, compassion, and selfless love.
Onthou ons Werkswinkel Saterdag saam met Stefan Blom wat gaan gesels oor VERHOUDINGS: om te werk aan dit wat werk; konflik hantering; hoe om jou verhouding/huwelik nuwe lewe te gee as gewoonte en vanselfsprekend ingeskop het; verskillende verhoudings in gesinsverband en vertrouensbreuk. Bespreek by registrasies.neospektrum@gmail.com
Geseënde week vir jou.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
"The wind of change,
whatever it is,
blows most freely
through an open mind."
― Katharine Whitehorn ―
STAD: 11 Maart 2019 @ 19h30
KOLPING: 7 Maart 2019 @ 19h30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]