Verligting III - Perspektief

“There are a dozen views about everything until you know the answer. Then there's never more than one.”
― C.S. Lewis —

Ons tema vir die maand is — VERLIGTING. Dié woord het twee betekenisse in Afrikaans:

  • Verligting — gevoel van gerusstelling en ontspanne na angs of nood = ASEM UIT
  • Verligting — spirituele insig, dieper kennis, persoonlike openbaring = ASEM IN

Ons het ons gesprek begin met Liefde, Oorgawe, Vertroue, Entoesiasme ... (L.O.V.E)

Laas week het ons gesels oor: Fonteine, Aanvaarding, Intensies, Transformasie, Heling ... (F.A.I.T.H)

Beide betekenisse van VERLIGTING word gevind in die liefde wat ons deel en ontvang, en die Liefde wat ons toelaat om deur ons te vloei. Beide begrippe se fondasie is gebou op geloof wat die berge van vertwyfeling, onsekerheid, en agterdog verwyder.

Hierdie week gaan oor: Visie, Insig, Ervaring, Wysheid (V.I.E.W) — dit gaan oor: PERSPEKTIEF.

“Your reality is as you perceive it to be. So, it is true, that by altering our perception we can alter our reality.” — William Constantine

Die LEWE gaan oor perspektief en hoe ons na goed kyk. As ons nader kom en mooier kyk, kan ons die detail waardeer. As ons so tree of twee terugstaan, sien ons als in konteks.

Nie twee mense lees dieselfde boek dieselfde nie. Nie twee mense proe dieselfde bottel wyn dieselfde nie. Nie twee mense luister na Beethoven op die dieselfde manier nie.

Volgens my het kunstenaars altyd ʼn groter insig en uitsig. Sien die landskap deur die oë van die skilder, of kyk na die gesig van iemand op ʼn verfdoek — die skakerings van kleur, die kontoere van verf, elke refleksie van lig, en elke skadu se omlyning.

Of die kunstenaar die akteur, die wynmaker, die danser, die komponis, die sjef, sanger of lid van die orkes is — die melodie, die ritme, die harmonie moet vloei.

Ons is almal mede-skeppers in die Groot Heelal. Ons is almal kreatief geskape en as jy my nie glo nie gaan besoek ʼn kleuterskool vir ʼn dag.

Kreatiwiteit gaan oor BEAUTY — die skoonheid, die bekoorlikheid, die prag en praal, die lieflikheid, verrukking, en skittering van ʼn Goddelike Perspektief.

Wat sal ons ooit van die liefde verstaan, as ons nie BEAUTY sien nie? Hoe kan ons praat oor geloof as dit nie gevind word in BEAUTY nie?

Ek het êrens gelees: “The greatest spiritual teacher is the eye.”

Daarom is my definisie van BEAUTY die volgende:

It is an awareness of the presence of God. It is when we, even for just moment, have a Divine perspective. When we can find beauty even when everything around us falls away then we will see the splendour, desire, and delight of God as it guides us to a better understanding and deeper wisdom.

Met ander woorde: is dit, “AAAGH, die rose het dorings!” of is dit “AAAAH, die dorings het rose!”

Soms is perspektief die enigste ding waaroor ek beheer het. Ons het nie altyd beheer oor ʼn situasie nie, maar ek het ʼn keuse hoe ek daarna kyk… en hoe ek daarop gaan reageer.

So, waaroor gaan vandag?

  • Visie — dit is om goed in sy geheel te sien (ken); om die konneksie te sien (erken); om die groter perspektief te sien (herken). Dit gaan oor VERSTAAN — want wat ons nie verstaan nie sal ons ontken.
  • Insig — ons het al baie gepraat oor insig bring uitsig, en uitsig gee insig. Insig is 'n onderskeidingsvermoë tussen wat is sinvol en wat is onsin. Insig kom deur aandagtig en bewustelik te leef. Uitsig gee betekenis en betekenis gee KONTEKS.
  • Ervaring — soos reeds gesê: nie twee mense ervaar goed op dieselfde manier nie, daarom moet ons mooi luister. Wat ons wel ingemeen het, is om vrees te skuif na liefde, verwydering na versoening, skuldgevoel na vergiffenis i.e. BEGRIP.
  • Wysheid — almal van ons dra enorme wysheid in ons. Ons kom êrens vandaan. Elkeen het sy/haar storie. Ons littekens sê: my past is real. Ons spens is gepak met lesse wat geleer is. Die enigste vraag is: hoe pas ons dit toe, hoe gee dit PERSPEKTIEF?

Visie bring insig, insig bring ervaring, en ervaring bring wysheid — DÍT is die proses wat lei tot perspektief.

Vir die grootste gedeelte van my lewe het perspektief gekom deur nostalgie. My hartstog, verlange, en hunkering was die vonk wat die vuur in my are laat bruis.

Vandag staan ek nader aan myself. Ek het geleer om met my heimwee saam te leef, want ek't geleer om die ‘waarheid’ te vind in my eerlike omgaan met wat ek dink en voel. In elke situasie vra ek myself: “Wat anders kan dit beteken?”

Daar kom ʼn groter, breër, vars perspektief deur dankbaar te leef. Om te let op wat ek het en wat ek het, is genoeg. As mens net fokus op wat jy nie-het-nie dan gorrel jou ego met die illusie van gebrek.

Met die jare het ek ook geleer om nie myself so ernstig op te neem nie en dat ʼn sin vir humor ʼn groot katalisator is om verligting én VERLIGTING te bring.

“If you change the way you look at things, the things you look at change.” — Wayne Dyer

Kom ons verken Sondag ʼn handvol maniere om ʼn Goddelike insig (waarheid) en uitsig (wysheid) te vind.

Dit is genoeg vir vandag

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Change can be scary,
but you know what's scarier?
Allowing fear to stop you
from growing, evolving, and progressing.”

―  Mandy Hale 

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights