Roy Bennett skryf op ʼn plek, “It’s only after you’ve stepped outside your comfort zone that you begin to change, grow, and transform.” Dit is baie waar! — More smiling, less worrying. More compassion, less judgement. More blessed, less stressed. More love, less hate. Be a warrior and not a worrier. Stop the blame-game and take responsibility. BE GRATEFUL for what you have and stop being so neurotic about what you don’t have.
Ons optimisme lê verseker nie in ʼn bankbalans nie, nog minder oor die maatstawwe van materiële sukses nie, ook nie in karma of een of ander brein gimnastiek van nog ʼn ‘SELF-HELP BOEK’ nie. Ons optimisme het ook ʼn diep spirituele anker wat sy wortels vind in die wisselwerking van ons verhouding met God.
Psalm 52:8 sê so mooi in die oorspronklike taal, “Maar vir my, ek is soos ʼn groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou in die liefdevolle goedheid van God vir ewig en altyd!” Ons optimisme kyk met afwagting en ontvanklikheid vir die duisend-en-een plekke waar ons die teenwoordigheid van God kan ervaar om ons te lei in ons beplanning, voornemens, en verantwoordelikhede. Dis waarna Paulus verwys as hy aan die gemeente in Korinte (5:5) skryf, “Nou, hy wat ons voorberei het vir hierdie doel, is God; wat ons die Gees gegee het as belofte, want ons wandel in geloof, nie in wat ons sien nie, ons het goeie moed ...” Dis is interessant dat optimisme altyd in konteks staan van ‘confidence & courage’ — twee eienskappe wat 2019 van ons gaan vra — maar vir nou, en hierdie week, wil ons vra vir OPTIMISMEwat nie ʼn vals-hoop, en skyn-verwagting is nie maar ʼn gesindheid dat ons betrokke gaan wees; met moed en deursettingsvermoë die pad gaan stap; nugter en helder van verstand; maar steeds (altyd) bewus van ons hart se klop. Optimisme met GEDULD ... liewe hemel asseblief, maak geduld jou bondgenoot dié jaar.
“Be grateful for what you already have while you pursue your goals. If you aren’t grateful for what you already have, what makes you think you would be happy with more.” ― Roy T. Bennett, ‘The Light in the Heart’
Dit is my innige wens dat ons hierdie jaar van ons vriende en familie sal saambring na ons Wysheidsirkel Sondae. Kom ons maak aktief ʼn poging om ons Sirkel uit te brei.
Ons ondersoek die moontlikheid om elke eerste Sondag van die maand ʼn diens in Engels in die stad te hou maar vra terugvoer van julle oor die behoefte en volhoubaarheid daarvan.

Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Laai hierdie Sondag se liturgie af: 13_januarie_2019
.