Hierdie week se liturgie: 24 November 2019
Bykomende notas: Kahlil Gibran The Prophet
“Your hearts know in silence the secrets of the days and the nights. But your ears thirst for the sound of your heart’s knowledge. You would know in words that which you have always known in thought. You would touch with your fingers the naked body of your dreams.” Só skryf Kahlil Gibran in sy boek “THE PROPHET” waarmee ons dié maand op reis is.
Ons het die maand afgeskop met sy uitleg oor wat dit beteken om te GEE waarop hy antwoord: “You give but little when you give of your possessions. It is when you give of yourself that you truly give.” Daarna het ons gesels oor LIEFDE, HUWELIK, en KINDERS as 'Die Profeet' ons herinner: “Give your hearts, but not into each other’s keeping. For only the hand of Life can contain your hearts. And stand together yet not too near together: For the pillars of the temple stand apart, and the oak tree and the cypress grow not in each other’s shadow.”
Laas week het ons VOEDSEL, WERK, VREUGDE en HARTSEER verken as hy dit opsom deur te sê: “Work is love made visible ...” en eerskomende Sondag sluit ons dan die maand af deur stil te staan by sy toeligting oor CRIME and PUNISHMENT, FREEDOM and BEAUTY, PLEASURE and PASSION.
The Kabbalah vra, “What is the ultimate punishment?” en dan antwoord dit, “Forgiveness!” Waarop ons uitroep, “WAT?! Bedoel jy dat die moordenaar en verkragter vergewe moet word?” Dit druis teen ons oerinstink wat skree, “Ons soek geregtigheid!” en bedoel eintlik, ‘wraak’ ... want die magtelose woede loop oor as ons die slagoffer is van misdaad en geweld.
Hoor wat sê “THE PROPHET” — “Oftentimes have I heard you speak of one who commits a wrong as though he were not one of you, but a stranger unto you and an intruder upon your world. But I say that even as the holy and the righteous cannot rise beyond the highest which is in each one of you, so the wicked and the weak cannot fall lower than the lowest which is in you also.”
Ons leef in ʼn land met ʼn epidemiese toename in geweld. Daar is nie een van ons wat nie op een of ander manier al geraak is deur diefstal en/of moord nie. Hoe nader dit aan die vel kom lê, hoe harder gaan die stemme op vir langer tronkstraf ... en vir verkragting en moord, verkieslik die doodstraf. Ons wil met geweld hulle wat geweld pleeg uit die samelewing verwyder.
Selde hoor jy iemand vra, ‘Waarom gebeur dit dat misdaad toeneem? Wat is die sosio-ekonomiese oorsake? Hoe kan ek en jy ʼn rol speel om die oorsaak én gevolg daarvan op ʼn ander manier te hanteer en dalk ʼn aktiewe rol speel in misdaadvoorkoming?’
In die Skandinawiese lande berus die hantering van misdadigers op die beginsel dat jy van hom/haar ʼn goeie buurman moet maak as hy/sy uit die tronk kom. Daar word verantwoordelikheid geneem vir die misdaad, maar die gevangene word behandel as ewemens. Is dit nie ook die opdrag van Jesus as ek hom hoor sê, “Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip optel ...” en selfs aan die kruis uitroep, “Vader vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie ...”
Ons moet versigtig wees dat ons nie in ons vonnis en straf dalk diegene is wat met ons rug na die son gekeer ander veroordeel wat in ons (ONS) skaduwee staan nie. Die waarheid van ons gebrokenheid is die feit dat ons dikwels, soms daagliks, mense skiet wat weerloos agter ʼn toe badkamerdeur skuil teen ons selfgeregtigheid.
Oor VRYHEID en SKOONHEID kan ons seker vir ʼn hele maand oor gesels. Almal praat oor vryheid. Almal verlang daarna. Min van ons (h)erken die feit dat ons slawe is — slawe van ons jaag na geld, mag, seks, roem; slawe van ons soek na aansien; slawe van ons emosies; slawe van die ego; ja, slawe van ons verslawing! Dis eers as ons daardie donkerkant van ons menswees in die gesig kan kyk dat ons die gordyne kan oopmaak sodat die Lig kan val op ons gemufde hoeke.
Paulus herinner ons in sy brief aan die Galasiërs as hy skryf, “Julle is geroep om vry te wees. Moenie julle vryheid gebruik om julself in jul sondige natuur te vergryp nie, maar dien mekaar met liefde. Die hele wet word opgesom in een sin: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Gal 5:13-14)
As daar enige iets is wat ek van ACIM (A Course in Miracles) geleer het, dan is dit dié waarheid — the only real prison is fear, and the only real freedom is a freedom from fear.
... en, BEAUTY — ?
Hoor hoe mooi verwoord C. JoyBell C. dit — “We are born with eyes not just to see beauty; but to find it. We are born with hands not just to hold beauty; but to create it. Don't just sit there. Find and create. In others, in the world, in yourself.” Waarop ‘THE PROPHET’ antwoord, “All these things have you said of beauty, yet in truth you spoke not of her but of needs unsatisfied, and beauty is not a need but an ecstasy. It is not a mouth thirsting, nor an empty hand stretched forth, but rather a heart inflamed and a soul enchanted.”
Die prag, die wonderskoonheid, verruklikheid van alles wat ons elke dag ervaar, lê ten diepste geset in dit wat vreugde, ekstase en vervoering bring. Die maaltyd van vandag. Die wyn teen sonsondergang. Die soen van jou beminde. Die reuk van reën. Die lirieke van ʼn nuutgevonde lied. Die ritme van ons passie. Die puls van ons hartstog. Die dankbaarheid in ons gebed. Waarlik — beauty is found in the most ordinary things of every day. Hoor hoe mooi besing Kahlil Gibran dit — “It is the blossoming of your desires, but it is not their fruit. It is a depth calling unto a height, but it is not the deep nor the high. It is the caged taking wing, but it is not space encompassed. Ay, in very truth, pleasure is a freedom-song.”
Kom sluit Sondag by ons aan vir uur. In die lig van kerse en die melodie van mooi musiek onthou ons weer wie ons is, naamlik: ʼn refleksie van God — geskape in die beeld van God — mensekinders in wie God sy siel (asem) geblaas het.
Mag die res van dié week vir jou koeltebome gee langs jou pad en ʼn oase om jou dors te les.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
.
Ons hervat weer in 2020 ná skoolvakansie
Ons lees volgende jaar Brené Brown se boek 'Rising Strong'
[Koop solank die boek hier]