The Christ in Christmas IV

“The sign of Christmas is a star,
a light in darkness.
See it not outside yourself,
but shining in the Heaven within,
and accept it as the sign
the time of Christ has come.”
― A Course in Miracles —

Dis ons laaste e-posbroodjie vir die jaar. Ons Kersdiens is 9:00 Saterdagoggend en daar is GÉÉN diens Sondag nie.

“Wat is Kersfees, Pappa?” vra my kind toe hy klein was. “Kersfees, my kind, is LIEFDE in aksie. Elke keer waar ons liefhet, elke keer waar ons gee en omgee, is dit Kersfees.” 

Ons maand het begin met, “Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon” (Joh 1:14) — dit beteken God manifesteer in die wêreld van vorm, definisie, en dimensie.

Jesus kom wys vir ons die ‘gesig’ (teenwoordigheid) van God. Ook in jou vlees en bloed is God sigbaar. Verstaan jy dit?

Toe het ons gepraat oor Matteus Evangelie wat Jes 7:14 aanhaal, “Die kind sal genoem word: Immanuel, wat beteken: God met ons.” (Matt 1:23) — sodat ons nooit ooit weer wonder waar is God nie.

In elke situasie en omstandighede, is God met ons. Glo jy dit?

Laas Sondag het ons stilgestaan by die Stem wat sê, “Dit is my Geliefde Seun. Oor hom verheug ek my.” (Matt 3:17, 17:5) — waarin die betekenis eggo dat ook jý is ʼn “geliefde seun en dogter van God.”

Rabbi Yeshua in ons Vlees en Bloed (LEWE); Immanuel (LIG) – IN en BY ons; as herinnering dat ons is ʼn Geliefde van God (LIEFDE). Ervaar jy dit?

Saterdag sluit ons die invloed en betekenis van Kersfees af, en daarmee vat ons die jaar se temas saam as ons na die laaste woorde van die Bybel kyk —

“Toe sê Hy vir my: ‘Dit is volbring. Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. Ek sal aan hom wat dors het water gee uit die fontein van die lewe, verniet. Hy wat dit oorwin (overcome) het, sal al hierdie dinge bekom, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun (en dogter) wees.” — Open 21:6-7

Wat beteken dit?Johannes Evangelie begin met die woorde, “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en God was die Woord…” en die laaste woorde uit Openbaring is, “Ek is die Alfa en die Omega…”

Lank voor ek hier was, is God daar. Lank na ek nie meer hier sal wees nie, is God daar. Alles wat ek is, en was, en sal wees kom saam in die membraan tussen my asem en die Asem van God (Gen 2:7).In my lewe word dié Lewe sigbaar; in my liefde reflekteer dié Liefde; in my lig breek dié Lig deur.

“En kyk, ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van tyd (end of eons).” — Matteus 28:20

Kersfees is die seisoen om dit weer te onthou.

Van my geboorte (alfa) tot my afsterwe (omega) is God by en in en met ons. Van wakker word (alfa) tot my slaap (omega) ervaar ek God se teenwoordigheid in elke aksie en reaksie. Elke begin van ʼn nuwe verhouding (alfa) en elke einde van ʼn verhouding (omega) is geweef in die tapisserie van God se teenwoordigheid — of daardie verhouding ʼn loopbaan, ʼn huwelik, ʼn verhuising, of ʼn rehabilitasie van gewoontes is wat nie meer werk nie.Kersfees is ʼn geleentheid om te vra: wat het ek geleer; wat sit ek neer; en wat vat ek saam die nuwe jaar in?

In die 1970s het Guy Coggins ʼn aura-kamera ontwerp. Dit stel die fotograaf in staat om die elektromagnetiese veld om ʼn objek te fotografeer in kleur.Ek onthou my verwondering toe ek die eerste keer van die foto’s gesien het, en die een wat ek nooit sal vergeet nie is ʼn aura-foto van ʼn ruspe — die elektromagnetiese veld om die ruspe het ʼn gelyk soos die perfekte skoenlapper.

Dit is asof die LIG weet waarheen die ruspe op pad is.

Hoe sal jou en my aura-foto lyk?

“At our most elemental, we are not a chemical reaction, but an energetic charge. This pulsating energy field is the central engine of our being and our consciousness, the alpha and the omega of our existence.” — Lynne McTaggart

Na ʼn jaar wat op soveel maniere ons uithouvermoë getoets het; ʼn jaar waar soveel mense om ons oorlede is; ʼn jaar wat onthou sal word vir sy onsekerheid oor ons en ons geliefdes se gesondheid; ʼn jaar wat in meer as een opsig vir baie van ons gegaan het oor finansiële en emosionele oorlewing — sal 2021 onthou word as ʼn jaar waar ʼn pad ons raakgeloop het, ons beddings moes plant waar ons gedink het niks sal ooit groei nie, en meer as dikwels ʼn fontein gevind het in die dorsland van ons droogte.

Des te meer is hierdie jaar se Kersfees ʼn altaar van dankbaarheid.

  • Hierdie jaar se geskenke is liefde, nét liefde, liefde genoeg;
  • diensbaarheid teenoor my naaste;
  • verdraagsaamheid teenoor hulle wat van my verskil;
  • vergiffenis vir elke gedagte dat ek nie goed genoeg is nie;
  • vriendelikheid (kindness) in elke opsig en alle omstandighede;
  • bereidwilligheid om meer te gee as wat ek ontvang;
  • en ʼn hernude toewyding teenoor Yeshua Ha-Mashiach (Jesus, die Christus)

Daarom bid ek dat die Teenwoordigheid van God ons Alfa en Omega sal wees — vandag, en môre, en al die dae van ons lewe.

ʼn Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2022 vir elkeen van julle.

Met liefde

NASKRIF: Onthou — ons Kersdiens is 9:00 Saterdagoggend en daar is GÉÉN diens Sondag nie.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Yesterday was the last day
on the calendar of the past.
Tomorrow will be the first day
on the calendar of the future.
Today is both the first
and the last day of the present.
Use it well.”

―  Israelmore Ayivor 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights