LITURGIE: 6_mei_2018
Mei 2018 — met herfs in ʼn nuwe maand maak ons seker ons leivore is oop vir die geestelikewinterreën wat voorlê, met die hoop dat dit vir 40 dae en 40 nagte fisies sal reën tot elke dam oorloop! Die laaste twee maande was ʼn intense gesprek elke Sondag. Die inhoud en betekenis van ‘transformasie’ (dood en opstanding) is verken asook ʼn in-diepte soek na ʼn nuwe verstaan en ervaring met God wat ʼn relevant refleksie is van ons mens- en wêreldbeskouing in die 21ste eeu. Ons bied ook weer ons Geskiedenis van die Bybel werkswinkels aan op 12 en 19 Mei waar ons oor twee Saterdae die Ou en Nuwe Testament behandel om vir eens en vir altyd die agtergrond, onstaan, invloede, outeurs, tydlyn, en betekenis van die Bybelboeke in konteks te sien met die hoop om ʼn nuwe perspektief te plaas op dit wat ons beskou as ons Heilige Boeke. Bespreek sommer vroegtydig by Lourita — lolitakiddies@gmail.com en hoop om jou daar te sien!
Terug by vandag en ʼn tema vir die volgende vier Sondae. Daar is altyd aan die begin van die maand by my ʼn soort van ambivalensie oor die onderwerp vir die maand wat voorlê. Aan die eenkant is dit altyd subjektief omrede dit ʼn interne gesprek reflekteer en aan die anderkant is dit persoonlik omrede dit nooit buite my eie milieu (tyd, plek, en omstandighede) staan nie. Daarmee saam is ons lesers van die weeklikse epos so wyd gesprei soos die Heer se genade met omtrent net een ding gemeen en dit is dat almal ʼn e-posadres het. Miskien is dit wel waar dat ons almal ʼn behoefte het om ʼn sinvolle verhouding met God, ons ewemens, en onsself te hê; dat ons almal verlang om lief te hê en liefgehê te word; en dat ons soek na antwoorde op vrae oor — meaningfulness, purpose, calling, and contribution. Week na week is dit my hoop dat die saad vrugbare grond sal vind.
Hierdie maand se tema kom uit die film, ‘The Theory of Everything’ oor die lewe van Stephen Hawking wat briljant vertolk is deur Eddie Redmayne waarvoor hy ook die Oscar ontvang het. Ek het dit gesien toe dit uitgekom het en die naweek weer daarna gelê en kyk op DVD. Een sin uit die film bly in my gedagtes maal as Hawking sê, “There should be no boundaries to human endeavour. We are all different. However bad life may seem, there is always something you can do, and succeed at. While there's life, there is hope.” Gegewe hierdie briljante fisikus se gestremdheid en sy bydrae tot ons verstaan van die heelal en ons plek daarin, is daar een ding wat jou bybly as jy dit klaar gekyk het en dit is die oorweldigende gevoel van HOOP.
Maak nie saak wat jou agtergrond (kultuur, opvoeding, omstandighede) of jou oortuiging (godsdiens, filosofie, ideologie) is nie, ‘hoop’ is die een ding wat elke mens in sy rugsak dra vir dae van vertwyfeling, teleurstelling, onsekerheid, en moedeloosheid. Daarsonder is jy net ʼn skelet met ʼn vel om. Hoop is soos asem — ons is onbewus daarvan tot ons die klarinet leer speel of eers regtig besef hoe belangrik dit is tot iemand jou kop onder die water druk. Hoop is die naelstring tussen geloof -en- liefde. Hoop sê iets van die diepte van jou integriteit en is ʼn refleksie van jou vlerke se stabiliteit. Hoop is veel meer as net vertroue dat als sal uitwerk soos ek wil hê dit moet uitwerk en baie dieper as ʼn optimisme dat ek my sin sal kry. Hoop word nie gevind in die skedel nie, en hang nie af van wense, verlange, ambisies of verwagtinge nie. Trouens, ʼn mens se hoop word geken waar ʼn mens seer het en swaar dra aan emosionele pyn. Die krag van hoop word juis sigbaar wanneer storms om jou woed en dit lyk of die vloed jou gaan meesleur na ʼn moeras van wie weet waar.
Niemand dink aan ‘hoop’ as alles goedgaan nie net so min as wat ons aan asem dink solank daar suurstof in die lug is. In ʼn wêreld wat resultaat-gedrewe is, is daar nie tyd vir iets so feeble soos ‘hoop’ nie omdat daar na hierdie spirituele waarde gekyk word as ʼn delusion wat jou lot plaas op iets of iemand buite jouself. In die wêreld van ʼn oordrewe self-identifikasie waar alles gaan oor mý lewe, mýgeluk, en wat is daarin vir mý ... is ‘hoop’ niks anders as wensdenkery dat jy die lotto gaan wen met iemand anders se kaartjie nie. Al hierdie illusies het niks met HOOP te doen nie.
Miskien ervaar jy dit totaal anders, maar hier is wat HOOP vir my beteken — hoop is om te weet en as jy nie weet nie gaan vind uit; hoop is insig (waarheid) en uitsig (wysheid); hoop is om dapper en moedig te wees om die sprong te gee sodat ons kan vlieg want niemand kan vlieg (geloof en liefde is die vlerke) as jy voete (hoop) van klei het nie; hoop is om verantwoordelikheid te vat vir jou aksies en reaksies; hoop lê in ons oortuiging en nie in ons napraat nie; hoop het te doen met integriteit om die waarheid van myself vír myself te kan sê sodat geloof én liefde sigbaar en tasbaar sal word in en deur my hoop. Hoop is die goue draad wat in en deur elke ervaring van my lewe vloei. Hoop is my asem!
Kom ons gesels Sondag oor ʼn paar goed wat ons stroop van HOOP — (i) the things we take for granted; (ii) the victim, the pessimist, the blame-shifter; (iii) my way or the highway; (iv) needs and expectations; (v) and the cancer of guilt and fear — en dan kyk of ons met die ander hand VYF goed kan vind wat ons HOOP sal restoureer om dié winter ons kaggel en dak sonder lek te wees. “Hope is a waking dream” het Aristoteles gesê. Kom asem Sondag saam met ons HOOP in vir ʼn gesprek oor Asem.
ACIM — Stad 19h30: êrens weer in Mei — en Kolping 19h30: 3 Mei
— Lessons 59-61 --
(the most profound and beautiful three lessons until now)
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“My great hope is to laugh as much as I cry; to get my work done; and try to love somebody and have the courage to accept the love in return.”
― Maya Angelou ―