Hierdie week se liturgie: 25 Augustus 2019
“Watching the painter painting
And all the time, the light is changing
And he keeps painting
That bit there, it was an accident
But he's so pleased
It's the best mistake, he could make.”
— Kate Bush, from the song: ‘An Architect’s Dream’
Ons tema hierdie maand is — BEITELS VIR MARMER — en die eerste beitel waarmee ons gekerf het, was GEDULD (volharding en uithouvermoë); die tweede een was DAPPERHEID (moed en durf); laas week se beitel was PASSIE (ywer en geesdrif); en eerskomende Sondag sluit ons ons gesprek af met AANPASBAARHEID (verandering en soepelheid).
Ek lees op die oomblik die wonderlike boek ‘Dead Toad Scrolls’ deur Kilroy J. Oldster. Dit is ʼn boek geskryf deur ʼn verhooradvokaat wat deur ʼn midlife crisis gaan en op ʼn punt gekom het waar hy alles bevraagteken — by name “the conflict and greed” van sy beroep. Hy skryf oor self-waarde en self-respek; oor opvoeding en hoe persoonlike ervarings jou skoei; asook sy ondersteuning aan sy vrou wat met kanker gediagnoseer is.
Op ʼn plek skryf hy —
“Nothing that remains static is truly ever alive. Nature does not abide idleness. All energy sources of the natural world and the cosmos are in a constant motion, they are in a perpetual state of fluctuation. All forms of living must make allowances for the seasons of change. The Earth itself is twirling through space, spinning on its axis analogous to a child’s top. The unpredictable forces of instability brought about by a combination of motion, change, and flux propels the miraculous dynamism of existence.”
Een ding kan ons seker weet: alles verander die hele tyd ... ons is nie eers dieselfde as toe ons vanoggend opgestaan het nie. Elke oomblik van die dag het ʼn invloed op die volgende oomblik. Ons het keuses en ons maak besluite. Daar is aksies en reaksies in die nimmereindigende kringloop van oorsaak-en-gevolg. Ons agtergrond en omstandighede speel ʼn baie besliste rol in ons lewe, maar dit is ons geduld, dapperheid, passie en aanpasbaarheid wat skaaf en skuur aan ons marmerblok. Trouens, ʼn mens sou seker kon sê dat die beeldhouer se vermoë om aan te pas as daar ʼn te groot stuk afgekap is of as die marmer kraak, gee aan die beeldhouwerk sy unieke karakter.
We learn flexibility and adaptability ... in die betekenis van Charles Darwin se woorde, “It is not the strongest of the species that survives, nor the most intelligent. It is the one that is most adaptable to change.” Vandag weet ons dat 'adaptability' is ʼn vorm van intelligensie en word daarna verwys as AQ.
Ons swig dikwels voor dit wat ons ervaar as ‘foute’ of ‘teleurstellings’ en dan oorval die moedeloosheid ons terwyl die ego oor sy megafoon skree, “Sien, jy is ʼn mislukking — jy gaan dit nie maak nie — this is your life, for the rest of your life!!” Niks kan verder van die waarheid wees nie. Wanneer groot veranderings aan ons deur klop – siekte, finansiële druk, egskeiding, verhuising, werksverandering – is dit belangrik om te onthou: it’s not the end of everything, just something!
Fr Richard Rohr maak die observasie: “Change is not what we expect from religious people. They tend to love the past more than the present or the future.” As ons na Neo-Spektrum verwys as ʼn Progressiewe Christelike Gemeenskap dan sê ons daarmee dat ons aanpasbaar is in die milieu (tyd, plek, en omstandighede) waarin ons leef. Ons is bereid om gedurig te vernuwe, hervorm, en te verander — want dit is ons oortuiging dat dit die enigste manier is waarop ʼn rivier sy kronkel-kronkel pad terugvind na die Groot Oseaan. As mens gaan stilstaan, word jou water brak. As jy die hele tyd wil opgaar in poele, gaan die son jou verdamp. Nee, ons is aanpasbaar soos water wat die vorm aanneem van ʼn glas, die gieter, ʼn lepel, en die leivoor.
Kilroy Oldster gaan verder, “Life has a tendency to provide a person with what they need in order to grow. Our beliefs, what we value in life, provide the roadmap for the type of life that we experience. A period of personal unhappiness reveals that our values are misplaced and we are on the wrong path. Unless a person changes their values and ideas, they will continue to experience discontentment.”
Wie is daar onder ons wat nie kan getuig dat in die dae wat dit die donkerste was, het die lig die helderste deurgebreek nie? Wie is daar wat sal ontken dat die seisoene van emosionele pyn (hartseer, onsekerheid, verwerping) juis die periode was wat ons lewe in perspektief geplaas en vir ons konteks gegee het vir meer en beter mens.
Hierin speel my verhouding met God ʼn kardinale rol, trouens as dit nie vir dié fondasie en anker in my lewe was nie, het ek seker lankal omgekom óf doelbewus die see ingestap. Die beitel van aanpasbaarheid het my getem om soepel te wees vir die stroomversnellings en watervalle van my lewensreis ... en nie op te gee as ek my marmerblok tjip nie ...
... "That bit there, it was an accident but he's so pleased, it's the best mistake, he could make” herinner Kate Bush.
Weer en weer sou ek die Prediker se bekende refrein besoek, “Alles het ʼn vasgestelde tyd ...” en keer op keer sou ek die woorde van Paulus aan die gemeente in Rome besing: “Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewal of your mind, that by testing you may discern what is the will of God, what is good and acceptable and perfect.”
Enige verandering begin deur ʼn verandering in ons intensies ... dan ʼn verandering in ons gedagtes ... en pas daarna ʼn verandering in ons belewenis/ervaring. Gebed en meditasie fokus daardie intensies, en soos ek altyd sê — dit gee insig (wysheid) en bring uitsig (waarheid). Ons soepelheid in verskillende situasies versterk ons ywer en geesdrif (passion), dit verfyn ons moed en dapperheid (courage), en leer ons om met volharding en uithouvermoë (patience) te volhard in ons geloof, en swanger te wees in ons hoop, en die lewe te oorrompel met ons liefde. Dit is hoe engele gebore word uit ʼn marmerblok.
Kom beitel Sondag saam met ons vir ʼn uur as ons mekaar inspireer in ons elke dag se beeldhouer werk.
Soos altyd
Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
STAD: 2 September 2019 @ 19:30
KOLPING: 29 Augustus 2019 @ 19:30
Ons lees die tweede semester van die jaar
LESSONS FROM 'A Course in Miracles'
[Lessons 167 & 168]