Soos 'n Beitel vir Marmer - Week 3

Sondagdiens

18 Augustus 2019

Hierdie week se liturgie: 18 Augustus 2019

Dit was die wyse Carl Gustav Jung wat gesê het, “I am not what has happened to me as a human being. I am what I choose to become” — waarby George Kelly aansluit met, “I’m not a victim of my biography!”

Ons gesels dié maand oor — BEITELS VIR MARMER — en het ons afgeskop met GEDULD (volharding, deursettingsvermoë); die tweede beitel was MOED (dapperheid, durf, dryfkrag); en eerskomende Sondag gaan oor PASSION (ywer, geesdrif, energie). ‘Passion’ het verskillende betekenisse afhangende van die konteks. Aan die eenkant kan dit beteken: ʼn sterk, byna onbeheerbare emosie wat enorme entoesiasme opwek ... ons praat byvoorbeeld van, die passie tussen twee minnaars. Aan die anderkant kan dit beteken: pyn, lyding, emosionele kruisiging ... ons praat byvoorbeeld van, the passion of Christ — wat vertaal met: the suffering of Christ.

Dikwels hoor ons iemand vra, “Wat is jou ‘passie’ in die lewe?” Daarby word bedoel — wat maak jou tick, wat is jou doel, wat gee betekenis in jou lewe? Ons sou verder kon gaan en sê, passion is die energie wat jou intensies fokus gee, wat jou inspireer en motiveer. Dit is die geesdrif van ʼn onweerstaanbare wil om te leer, te leef en lief te hê. Dit is ʼn vuur van binne wat jou hart verwarm en jou siel laat gloei. Dit is nie iets wat jy kan koop of kry van buite nie, maar iets wat jy toelaat om deur jou te vloei.

In my beskeie opinie is dit iets waarmee ons gebore word en dan óf koester en kultiveer, óf opgee omdat die samelewing jou in ʼn boks wil druk en vir jou sê dat passie silly en stupid is. Hoe hartseer is dit nie wanneer ons in die geut van ander mense se drome en begeertes beland nie — wanneer ons opgee as iemand net eenkeer te veel ons sandkasteel stukkend skop nie. Die laaste twee jaar is my enigste vraag snags as ek my lig afsit: did I live mindful today, was today meaningful? Die twee vlerke wat ek vertrou om my elke dag te laat vlieg hoog bo die geraas van behoeftes en verwagtinge (wat ons verwar met ‘passie’) is — mindfulness & meaningfulness.

Die ander paradoks waarin ons as moderne mense leef, is die illusie dat die lewe lineêr is. Dit beteken dat ons in ʼn geut leef van geboorte tot sterwe. Op ʼn treinspoor van die een stasie na die ander. Daar word geglo die lewe is ʼn CV (Curriculum Vitae) wat verslag doen van een datum na die ander. Hoe meer indrukwekkend die CV is, hoe groter die bewys van ‘sukses’ asof ʼn CV enige iets sê oor jou ywer, geesdrif, energie, hartstog, drif, entoesiasme, en passie. Al wat ʼn CV doen is om oomblikke in tyd op ʼn rytjie te verf. Dit sê niks van jou beitels nie. Dit sê niks van die pyn in die hande van die beeldhouer nie. Dit is geen refleksie van wie jy is as mens nie.

As iemand my sou vra wat is my VYF-JAAR-PLAN sal ek my plan van vyf jaar terug gee en hom/haar nooi om saam met my om die vuur van my hart te sit sodat ek jou kan vertel hoe die passie-beitel my geskoei en getem het tot waar ek vandag is. Miskien nederig erken, “I don’t follow my passions, my passions follow me.” Elke dag staan ek op en doen wat ek móét doen. Toe ek op 18 begin het om Teologie te studeer het ek geen idee (not even a clue) gehad dat ek 30 jaar later die voorreg sou hê om in die Wysheidsirkel van Neo-Spektrum te staan nie.

As jy vir my byna 20 jaar gelede sou sê hoeveel pyn, trane, littekens, en hartseer dit sou vat om geboorte te gee aan ʼn ruimte om vernuwend te dink oor geloof, hoop, en liefde sou ek tien teen een gesê het, ‘nee dankie’ want damn dit was seer. But here we are ... en DÍT is wat passie doen ... it shows up and says, HERE WE ARE.

‘Passion’ is buigbaar en aanpasbaar. Dit luister na die fluistering van die siel en daardie ‘sag praat’ verander soos jou rivier haar pad vind na die Oseaan. My passie vandag is ʼn leivoor na ʼn ander boord as ʼn jaar of vyf terug. Die ywer en entoesiasme in my bloed vandag het ʼn veel dieper wysheid en waarheid as toe ek 18 jaar oud was.

Daarom hou ek so van Terri Trespicio se definisie van passion as sy sê, “Passion — the fire that ignites when you start rubbing sticks together. Passion is the full force of your attention and energy that you give to whatever is right in front of you.”
“I am what I choose to become …”

Natuurlik, net soos met geduld en dapperheid, is my passie geweef in my verhouding met God, wetende dat God nie ons passie vir ons voorskryf nie — daar is nie een of ander gebod of verbod op wat jou fokus van energie moet/mag wees nie. As ons dit wil gebruik vir breek en wreek, vir ego en veroordeling, sal dit uiteraard van die saak die vrugte wees wat ons pluk in die lewe. As ons ons passie laat brand soos ʼn fakkel, sal dit ons donker nagte verlig en ons bring na die plek waar ons moet wees. Dit sal die oase wees in die woestyn en die koeltebome langs ons lewenspad.

Janis Joplin sê op ʼn plek, “You are what you settle for” — en daarom word jy genooi om vandag nog vir jouself te vra, “Is my hart ʼn vlam wat brand of ʼn volgestopte kruik?” Kom kuier Sondag saam met ons en bring iemand nuut saam as ons vir ʼn uur met rituele en herinnering weer daardie vlam aansteek om onsself te herinner dat niemand TE oud, TE slim, TE jonk, TE dom is om die vlam te wees en nie die mot nie.

Met liefde en waardering

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“There is no passion
to be found playing small —
in settling for a life that is less
than the one you are capable of living.”

― Nelson Mandela 
.

A COURSE IN MIRACLES

STAD: 19 Augustus 2019 @ 19:30
KOLPING: 15 Augustus 2019 @ 19:30

Ons lees die tweede semester van die jaar
LESSONS FROM 'A Course in Miracles'
[Lessons 160 & 161]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights