Skatte en Geskenke van 2023 V

Potgooi:

“For a change, don't add new things in your life as a new year's resolution. Instead, do more of what's already working for you and stop doing things that are wasting your time.”— Salil Jha —

Hier is ons — die laaste boodskap vir 2023 en ʼn samevatting van die 12 temas wat ons behandel het.

Ons kyk terug na die jaar wat verby is en onthou: ons het gelag en gehuil, gedans en gekniel, vasgehou aan wat belangrik is en laat los wat nie waarde toevoeg nie; ons was by 'n bruilof en ons was by 'n roudiens; daar was dae wat die toekoms helder en seker was, en nagte van vertwyfeling wat ons maan versper het — maar ons het dit gemaak!

Dit was ʼn jaar waar ons opnuut geleer het: geloof is 'n keuse, hoop is 'n keuse, liefde is 'n keuse; ons gesindheid is 'n keuse, optimisme is 'n keuse, gee en omgee is 'n keuse — om NIE te kies nie, is ook 'n keuse.

My eerste inskrywing in my dagboek aan die begin van die jaar was gewees:

“Gee my hierdie jaar, O Heer, ‘a spark of curiosity’ wat die vlam van entoesiasme sal word.”

Dwarsdeur hierdie jaar het daardie vonk keer op keer ʼn vlam geword wat my siel en hart sou louter om my sintuie te verskerp sodat ek met nuwe oë en ore na die wêreld kan kyk en sal sien, te luister en te kan hoor.

Elke einde van ʼn episode was die begin van ʼn nuwe seisoen.

Ons was gereeld blootgestel aan ʼn keuse om te verander en te vernuwe ÓF om die veilige pad te kies van die minste weerstand… the same-old-same vir 365 dae waar ons lewendig was sonder om te LEWE.

Soos ek terugblaai deur die jaar se temas besef ek hoe die lewenslesse ons gebring het tot ʼn plek van OORGAWE — om met oorgawe te leef, maar ook om te leer hoe om oop te maak en oop te wees vir elke geleentheid van groei.

JA, in meer as een opsig was dit ʼn jaar wat die geskenk van OORGAWE in ons skoot kom lê het —

“Surrendering is not the giving up of something. True surrender is the total acceptance of yourself. You're not ‘losing’ anything in the surrender, the way your society usually means that word. You are not giving up anything in the sense of loss. Surrender means to open up: Open up to your total self; to give in and let go of the things you think you're supposed to be. Just be who you are. It will see you through.” — Bashar

Een van die leivore na die tuin van my bestaan was die besef en uitleef van wat dit beteken om “die Koninkryk van God te laat kom op aarde soos in die hemele,” en hoe daardie Koninkryk IN en OM en BY ons is. Dit is nie vêr of eendag later nie, en allermins nie iets vir ná jou dood nie. Daardie Koninkryk leef in ons harte, hier en nou —

“If the Kingdom of God is in you, you should leave a little bit of heaven wherever you go.” — Cornel West

Hierdie jaar se Paasfees het ʼn enorme invloed en inspirasie gehad op my geestelike lewe. Miskien, vir die eerste keer, het ek besef hoe Paasfees geweef is in die tapisserie van my bestaan. Woorde soos — rebirth, renewal, reawakening, revival, and restoration  het gelei tot ʼn deurleefde ervaring van wat dit beteken om IN Christus op die staan uit die dood.

Daarmee saam was dit ook ʼn jaar om opnuut weer te besef dat daar krag en betekenis lê in ons broosheid, en dat ons kwesbaarheid ook die plek is wat ons moed gee om dinge anders en beter te doen.

“Vulnerability is the birthplace of innovation, creativity and change.” — Brené Brown

MÁÁR, by uitstek was dit ook jaar wat ʼn leermeester sou wees in die les van ‘onvoorwaardelike liefde’ en wat dit werklik beteken.

‘Onvoorwaardelike liefde’ is nie afhanklik van spesifieke behoeftes of verwagtinge nie. Dit is ʼn diepgaande en allesomvattende liefde wat iemand ‘embrace and accept’ presies soos hulle is, sonder oordeel of die verpligting om iets wees wat aan sekere vereistes voldoen, of dat daar net liefde kan wees as iemand doen wat ék sê, of wat ék wil hê.

Dit is ʼn liefde wat emosionele en spirituele waarde toevoeg. Om ʼn verskil en bydra te maak in ander se lewe, en om te besef hoe ons interpersoonlike verhoudings sin en betekenis gee aan ons, en ander, se lewe.

“Love is our true destiny. We do not find the meaning of life by ourselves alone - we find it with another.” — Thomas Merton

Menigmale het ek myself die vraag afgevra: wat gee betekenis aan my lewe? Elke keer was dit dieselfde antwoord: om IN Christus te leef.

Wat beteken dit as ek dit sê? Om in alles opsigte te WEET dat ek verstaan, ek sien, ek praat, ek lief, ek doen, ek voel, ek is ʼn geliefde seun (en dogter) van God.

Hierdie jaar sal onthou word as ʼn jaar waar ons EQ (emosionele intelligensie) en SQ (spirituele intelligensie) in balans was, en grasieus in harmonie kon dans met die Melodie van die Heelal.

Telkens was ek oorrompel deur die onsigbare wat sigbaar geword het, die onverstaanbare wat helder en duidelik alles in perspektief kon plaas.

Dikwels was ek ʼn verwondering hoe ʼn nuwe insig ʼn groter uitsig sou bring. Herhaaldelik weer onthou dat die Goddelike juis manifesteer in ons stilte, en om met liefde en sorg myself oop te maak vir God se OOP sodat alles waarna ek verlang deur my kan plaasvind.

As ek verlang na vrede — om toe te laat dat vrede deur my opborrel. As ek hunker na liefde — om liefde toe te laat om deur my oor te loop na ander. As ek vra vir vriendelikheid — om kindness dan toe laat om deur my na die beddings van ander te vloei sodat hul blomme ook mý vreugde sou word.

Die enigste ding wat al hierdie lesse weerhou om te verwesenlik in ons lewe, is VREES.

Ons vrees vir veroordeling en verwerping, vrees vir mislukking en weerloosheid maak dat ons in ʼn emosionele loopgraaf leef waar ons agterdogtig is teenoor alles en almal.

Ons vrese maak ons impotent, waar ons aanhoudend poog om uit die nuttelose dryfsand van onbetrokkenheid, besluiteloosheid, en nie-omgee-nie (indifference) te kom.

Hierdie jaar was weereens ʼn les hoe om in elke situasie LIEFDE te kies bo vrees.

Daar is gewoon nie meer genoeg jare, weke, ure, minute oor in my lewe om ʼn sekonde te mors op een of ander vrees wat in elk geval nooit materialiseer nie.

Kom sluit Sondag by ons aan vir ʼn samevatting van al die Spirituele Lesse wat dié jaar geleer is, dan sê ons dankie vir die jaar wat verby is — en dan lê ons ons wense, drome, aspirasies, intensies, en gebede op die altaar van Liefde.

Ek wens vir jou en almal wat vir jou lief is, en vir wie jy lief is, ʼn allermooiste 2024 waar jy elke dag die seëninge van God sal sien.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Kindness, kindness, kindness.I want to make a New Year’s prayer, not a resolution.I’m praying for courage.”― Susan Sontag 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights