Peace of Mind — Simplicity

9 September 2020

“If you can't explain it to a six year old,
you don't understand it yourself.”
— Albert Einstein —

Ons gesels hierdie maand oor die vier pilare van — PEACE OF MIND — en het reeds gesels oor serenity en eerskomende Sondag gesels ons oor SIMPLICITY.

Meister Eckhart, ʼn 14de eeu se mystic het gesê, “God is infinite in His simplicity and simple by reason of His infinity.” Laat dié sin vir ʼn oomblik insink ...

Waarvan praat ons as ons praat van simply simplify simplicity ...?

In ʼn wêreld wat pendel om iMe, iMyself, iMine en inspirasie kom van ʼn 3D surround sound flat screen en als gemaklik is met roltrappe, hysbakke, en afstandbeheer ly ons aan intellektuele, emosionele, en spirituele armoede. Ja, ons GLO in liefde, vreugde, en vrede, maar KEN dit nie, want als het só damn serebraal en abstrak geword. Vra vir enige iemand om vir jou te sê wat hy/sy voel as hul praat van geloof, hoop, liefde en jy sal verstaan wat ek bedoel.

Vir ʼn groot gedeelte van my lewe sou ek vra: 'WHY will anyone want a SIMPLE LIFE?' ... vandag wil ek weet: 'HOW do I live a simple life?' In die mallemeule rondomtalie gekkeparadys van ʼn lewe wat al hoe vinniger, al hoe meer ingewikkeld, al hoe minder sin maak, is daar by ons ʼn deurleefde honger en dors na PEACE OF MIND — hierin leer SIMPLICITY ons dat daar gewoonlik een van twee maniere is hoe om hierdie waarde te kultiveer. ÓF jy kan stop, kyk, en luister om sekere veranderinge in jou lewe te maak, óf die lewe gaan dit VÍR jou doen. Ek het die ‘voorreg’ gehad om albei te ervaar, en vandag weet ek watter een van die twee ek verkies.

So waarvan praat die digter as hy skryf, The law of Adonai is perfect, it revives the soul, and makes wise the simple” (Psalm 19:7)? Wat sê dit vir jou as jy lees “eenvoudig soos duiwe” (Matt 10:16) en “ontvanklik soos kinders” (Matt 18:3) as Jesus bid, “Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.” (Luk 10:21)

Leonardo da Vinci het gesê: “Simplicity is the ultimate sophistication.” Natuurlik wil ek nie met ʼn donkiekar ry of ooit weer ʼn tiekieboks soek nie, maar ek verlang na toe dinge eenvoudiger was. Ek verlang na ʼn outentieke spiritualiteit met ʼn simplisiteit waar liefde lig en gemaklik vloei en vreugde gevind word in die gewonigheid van elke dag. My spiritualiteit wil ʼn aanvoelbare, tasbare ervaring met God hê. My interpersoonlike verhoudings moet ʼn refleksie wees van hierdie verhouding met God — en dit moet in eenvoud, met oop arms en ʼn oop hart voor mense kan staan ... eg en eerlik in myself — “For God is not a God of confusion, but of peace.” (1 Corinthians 14:33).

Of soos Padre Pio dit mooi gevleg het, “Peace is the simplicity of heart, serenity of mind, tranquillity of soul, the bond of love.”

How to find simplicity in the RISE OF THE MACHINES?

Fr Richard Rohr slaan die spyker op die kop: ʼn Kapitalistiese wêreld werk met consumption & accumulation en Descartes se “I think therefore I am” is vervang met “I produce therefore I am ... I consume therefore I am.” Dit lei tot die illusie dat meer is beter. As E. F. Schumacher sê, “Small is beautiful” dan bedoel hy — “less stuff invariably leaves room for more soul.” In ons volgende gesprekke oor sincerity and sufficiency sal ons meer breedvoerig hieroor uitbrei, maar voorlopig net dit: slegs deur ‘eenvoud’ (simplicity) vind ons ʼn diep tevredenheid wat sinoniem is met ‘gemoedsrus’ (peace of mind).

Elke mens op hierdie aarde — of jy Clicks-sjampoo of rooi overrôl, of jy met ʼn Bentley-chauffeur of ʼn Toyota-taxi by die werk kom, dik of dun, pers of groen — het een ding in gemeen: almal van ons wil dat die wêreld beter sal wees. Nie soseer beter vir óns nie, maar beter vir ons kinders en hulle kinders. Ons het nie meer self-help boeke nodig nie. Beslis nie meer religie of politiek nie. Wat ons nodig het is ʼn ‘civil rights movement of the soul’ — waar ek in die oggend na my man of vrou draai voor ek opstaan en myself vra: "How can I make a difference in your world today?" ... en dit dan vra vir elkeen wat my pad kruis vandag.

Luister na mense se storie. Die goed wat ons harte raak, is die eenvoudige goed in die lewe ... i.e. kindness, grace, compassion, forgiveness, joy, consideration, gratitude. SIMPLICITY is die vermoë om die kaf van die koring te skei, die sin van die onsin. Simplify! Simplify! Simplify!

Nou sal ons vra: HOE? — how do I simplify my life in a complex world?

  1. Kry ʼn uur per nag meer slaap. Jy sal nie glo hoe dit jou dag verander nie.
  2. Skil ʼn lemoen met vreugde, en eet stadiger.
  3. Sê ‘goeiemore’, ‘goeienag’, ‘dankie’, en ‘asseblief’.
  4. Maak ʼn lysie van goed waarvoor jy dankbaar is voor jy ʼn lysie maak van goed wat jy wil hê.
  5. Geniet goed sonder om dit te wil hê of besit.
  6. Bly weg van enige iets wat sê: ‘THIS WILL SAVE YOU TIME’.
  7. Draai die volume van ‘nuus’ en ‘sosiale media’ sagter en soms af.
  8. Enjoy the simple pleasures of life — ʼn stort, skoon klere, lakens, musiek, reuk van blomme.
  9. Stop trying to do everything perfect — and stop trying to impress or please other people.
  10. Breathe — wees bewus van die Asem wat in en deur jou asem.

Simplify your wardrobe. Simplify your work tasks and home responsibilities. Simplify your time and commitments. Simplify your spending habits. Simplify your mindfulness and awareness.

“Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.” (Matteus 6:26-29)

Dit is genoeg vir vandag.

Soos altyd
Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“If buying stuff hasn’t made you happy,
maybe getting rid of it will.”

― Joshua Becker 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights