Om sin te maak van lyding III

“Passover is the story of the liberation of body and spirit. In it comes a lesson of humility that belief in something larger than ourselves, in this case God, can free us from the bondage of our primitive instincts and those of others.”
― Charles F. Glassman —

Ons is in die Heiligste Week van ons Christelike Jaar waarin ons saam met die Kerk van alle eeue dink aan die laaste week van Jesus se lewe.

Dit is ook die begin van die Jode se Haggadah (die Fees van Vryheid) wat die Pesach vier in herdenking van die Israeliete se vrylating uit Egipte.

Beide hierdie gebeure sluit ten nouste aan by ons tema: LYDING — om betekenis te vind in beproewing.

Wat gebeur daardie laaste week voor Jesus se dood?

Voorafgaande — in die huis van Simon die Melaatse breek ʼn onbekende vrou ʼn fles met duur olie op Jesus se kop en Jesus sien dit as ʼn teken tot voorbereiding van sy dood.

Daar is ʼn ander keer waar Maria Magdala (die vrou met die handdoekhare) sy voete gesalf het. Die Evangelies het uiteenlopende interpretasies van waar, wanneer, en hoeveel keer Jesus deur ʼn vrou gesalf is.

Saterdag — die Shabbat word geëer en respekteer.

Sondag — Jesus ry met ʼn donkie Jerusalem binne terwyl die Jode sing “Hosanna!” (in Hebreeus beteken die woord: RED ONS!). Dieselfde Jode wat ʼn paar dae later sou skree, “KRUISIG HOM!”

Maandag — Jesus storm die tempel in en gooi die tafels om en verjaag die spul gierige geldwissellaars en die stalletjies wat duiwe verkoop aan die pelgrims.

Johannes plaas die reiniging van die Tempel vroeg in sy Evangelie as Jesus ʼn sweep vleg en woedend diegene verdryf uit die tempelhof.

Dinsdag — Jesus is honger en stap verby ʼn vyeboom en sien daar is geen vye nie, “want dit was nie vyetyd nie.” (Markus 11:13) Hy vervloek die vyeboom wat dan tot in sy wortels verdroog.

Waarom sal hy so iets doen? Wat wou hy illustreer as hy by die boom staan en sê, “As jy vir die berg sê: Lig jou op en val in die see, sal dit gebeur.” Gaan dit oor: 'jou gedagtes bepaal jou realiteit'?

Woensdag — Jesus leer mense in Jerusalem terwyl die priesters en Fariseërs beplan of hulle hom voor of na die Paasfees moet arresteer.

Donderdag — die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brood. Jesus kom met sy dissipels bymekaar in die bovertrek van ʼn onbekende man. Hy breek die brood, deel die wyn, en kondig aan dat iemand aan die tafel hom gaan verraai.

Johannes plaas hierdie ete ook baie vroeër in sy Evangelie en maak geen melding van brood en wyn nie en vertel die verhaal van Jesus wat die voete van sy dissipels was.

Later die aand gaan hy en sy dissipels na die tuin van Getsemane waar hy drie keer alleen gaan bid en dan gearresteer word.

Vrydag — vroegoggend word Jesus na Pontius Pilatus gevat en dan heen en weer tussen Annas en Kajafas en terug na Pilatus. Markus sê Jesus is die 3de uur (9am) gekruisig. Lukas sê dit was die 6de uur (12pm).

Saterdag — dit is weer Shabbat en word toegewy aan God.

Sondag — teen dagbreek kry die vroue die graf leeg.

As Jesus die Vrydag gekruisig en begrawe is en teen sonop die Sondag is die graf leeg dan is dit tog sekerlik nie DRIE DAE in die graf nie. Hoe moet ons dit verstaan, of gaan dit van sononder Vrydag tot sonop Saterdag (dag 1) tot sonsondergang Saterdag (dag 2) tot sonsopkoms Sondag (dag 3) ...?

Dit is duidelik dat die vier evangelies NIE wil vertel wat presies gebeur het nie maar wil interpreteer wat die betekenis is van wat gebeur het.

Die Griekse werkwoord vir ‘opstaan’ is ‘egeiro’ wat letterlik beteken ‘om op te staan’ (risen or arouse) soos vanaf ʼn stoel of uit die bed — maar, die woord wat gebruik word om van Jesus se ‘opstanding' uit die dood te praat, is ‘anistimi’ (waar die woord ‘anastasis’ vandaan kom) en dit beteken letterlik: wedergeboorte, herlewing, ontwaking (awakening).

Die Griekse teks gaan verder: die woord ‘phanero’ wat vertaal word met Jesus ‘verskyn’ aan vroue by die graf en aan die dissipels beteken letterlik: om te openbaar wat verborge of onbekend is! Dit kom van ‘phainó’ — in die lig bring, duidelik word, of manifesteer.

Kan dit wees dat die Evangelieskrywers, asook Paulus, nooit Jesus se ‘opstanding’ gesien het as ʼn resussitasie van ʼn liggaam nie maar van iets veel meer, veel dieper, veel groter as ʼn fisiese opstanding?

Wanneer die volgelinge van Jesus praat (en onthou die Nuwe Testament is geskryf tussen 30 tot 70 jaar NÁ die dood van Jesus) oor hierdie ervaring, dan noem hulle dit ‘resurrection’ — a profound awareness of the presence of God in the awakening of Christ in us all.

  • “For Paul, resurrection clearly didn’t mean being resuscitated back into the life of this world. It meant rather being raised into the life of God.”
    — John Shelby Spong
  • “In this first described appearance of Jesus to the disciples, the Jesus who appears is the already ascended, glorified Lord from heaven, who comes to them out of the sky. This is more a vision of the triumphant Son of Man than it is a narrative about a resurrected body!”
    — Marcus Borg
  • “That was Easter and it was Jesus who opened this new dimension of life to them. In the power of his example, undiminished by his death, they entered that vision - and experienced resurrection. In that moment, they began to see that God lived in them and that they lived in God and nothing was ever the same thereafter.”
    — Richard Rohr

DÍT is waaroor ons fees eerskomende Sondag gaan as ons saam brood breek en wyn deel. Dit gaan oor ons eie dood en opstanding. Dit gaan oor ʼn sterf in ons ego-denke en ʼn opstaan in ons siel-denke.

Dit gaan daaroor om God te vind in ons leed, hartseer, lyding, en beproewing — en getrou te wees ongeag, nieteenstaande, desondanks alles.

Dit gaan oor die ervaring van wat dit beteken om Christus in ALLES en ALMAL te sien. Om ʼn deurleefde ervaring te hê van wat dit beteken om in die Teenwoordigheid van God te leef ... want om IN Christus te leef, is om IN God te leef.

Geen Paasfees sal ooit weer dieselfde wees nie!

Sien jou in ons Sirkel.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Passover is a time of reflection and joy. When we emerge from our cocoon of doubt, to fly freely on the wings of faith.”
―  Unknown 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights