Meer oor ons

Wie is ons?

Neo-Spektrum is ‘n onafhanklike spirituele gemeenskap wat ons Christelike tradisie op ‘n moderne en gesofistikeerde manier eer en bestudeer. As mense wat leef in die 21ste eeu wil ons ʼn Godsbeskouing verken wat sonder vorm, dimensie of definisie is. Ons verhouding met God moet relevant en betekenisvol wees vir die tyd waarin ons leef, en ons ervaring daarvan moet sinvol, dinamies, toepaslik en soepel wees.

Ons naam

NEO – ʼn Nuwe Ekumeniese Oopgesprek wat nuut, herlewend en veranderend wil dink en funksioneer.
Spektrum – ʼn sirkel waarvan die middelpunt oral en die omtrek allesinsluitend is.

Wysheidsirkel​

NEO-SPEKTRUM FUNKSIONEER OP DIE BEGINSELS VAN ʼN WYSHEIDSIRKEL:

  1. Hier erken ons dat die krag in ons is nie van ons nie
  2. Hier ontmoet ons ’n God wat lewe en liefde is
  3. Hier laat ons ’n geloofwaardige stem hoor
  4. Hier word alle mense menswaardig behandel
  5. Hier is daar ruimte vir andersdenkendes
  6. Hier gee ʼn wysheidsirkel aan elkeen ʼn stem
  7. Hier is geen verwydering of veroordeling nie

Ons doelwitte

Neo-Spektrum se hoofdoelwitte is spirituele leiding en berading, asook die deel van die Christelike waardes van onvoorwaardelike liefde, vergifnis, empatie en barmhartigheid (compassion). Gemeenskapsdiens en hulp aan minderbevoorregtes in ons omgewing is ‘n onontbeerlike aspek hiervan – om hierdie belangrike rol te vervul, is Neo-Spektrum as niewinsgewende organisasie (NPO) asook as openbare weldaadsorganisasie (PBO) geregistreer.

Neo-Spektrum het ten doel om spirituele groei en ontwikkeling te stimuleer – veral in ons hedendaagse tye wanneer mense soekend is na ‘n nuwe en betekenisvolle verhouding met God. Ons wil mensliewendheid herstel in ‘n verbrokkelde wereld. Ons wil ook ons medemenslikheid toon deur die omstandighede van mense in sosiaal- en ekonomies benadeelde gemeenskappe te verbeter.

Spirituele dienste

Neo-Spektrum bied onder meer die volgende aan:

  • ‘n Sondag-wysheidsirkel
  • spirituele leiding en omarming
  • ‘n ekumeniese diskoers rakende God wat relevant en transformerend is
  • lesings en werkswinkels om mense se verstaan en ervaring van God en Christenskap te versterk
  • ‘n jaarlikse konferensie oor spiritualiteit
  • traumaberading en -ondersteuning.

Vir aanwysings na Kolping Kapel, klik hier.

Gemeenskapsdiens

As geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) en openbare weldaadsorganisasie (PBO), is hulpverlening aan benadeelde gemeenskappe vir Neo-Spektrum ‘n topprioriteit. Ons wil egter nie slegs finansiële bydraes lewer nie – om volhoubaarheid te verseker, wil ons aktief betrokke raak. Neo-Spektrum sluit dus vennootskappe met ander hoog-aangeskrewe nie-winsgewende organisasies om sodanige bystand te verleen. Ons lede raak ook dikwels self as vrywilligers betrokke om ons inisiatiewe te ondersteun.

Klik hier vir meer inligting oor ons gemeenskapsprojekte

Klik hier vir meer inligting oor kwartaallikse gebeure

Leierspan

Annelize vd Linde (Voorsitter)
Liza-Mari du Plessis (Sekretaris)
Edward Smuts (Tesourier)
Terblanche Jordaan (ex-officio)
Treska Botha
Nico Botha
Johan Muller
Theuns Moolman

Dagbestuur

Annelize vd Linde
Edward Smuts
Terblanche Jordaan

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights