“Thank God I found
the GOOD in goodbye.” ― Beyoncé —Hierdie maand se tema is: Wat beteken, ‘LET IT GO’ en hoe doen ʼn mens dit?
Ons het die laaste paar weke enkele aspekte van hierdie lewensveranderende kruispad bespreek — daardie oomblik waar ons iets of iemand moet ‘LET GO’ om plek te maak vir dit wat intellektuele, emosionele, en spirituele waarde toevoeg tot ons lewe.
Om te ‘LAAT GAAN’ aan destruktiewe gewoontes, disfunksionele en toksiese verhoudings, vernielende gedagtes en afbrekende emosies, is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee.
Niemand kan jou belowe dat dit ‘maklik’ gaan wees nie maar dis MOONTLIK — kies moontlik!
In enige terapie situasie is my eerste vraag altyd, “Wat WIL jy ...?” Dis verbasend hoe min mense dit kan antwoord. Hulle weet WAT nie meer werk nie, hulle weet WAT moet verander, maar weet nie wat hul WIL nie.
Ek vra nie, “HOE gaan jy dit doen nie?” want dis ʼn vraag vir later. ʼn Mens moet eers vir jouself dit duidelik maak wat jy WIL.
Voor enige iets gaan verander moet jy dit WIL en dit moet jou intensies en gedagtes se heel eerste vraag wees. Dis die eerste besluit wat jy moet neem: ek wil nie meer ʼn gevangene wees van dit wat my gedagtes verguis, my menswaardigheid verpletter, my liggaam vernietig, en my gees versmoor nie.
Enough is enough. I’m done!!
I WILL change this — because change is less painful than holding on to hurt.Soos ʼn paar keer die laaste paar weke gesê: ons is nie altyd in beheer van dit wat gebeur nie, maar ons is altyd in beheer van hoe ons daarop gaan reageer. DÍT is ons krag — TAKE YOUR POWER BACK!
Die eerste stap is om dit vir jouself duidelik te maak wat nodig is om te verander, en ek sê weer, die HOE sal homself openbaar soos jy tree vir tree nader aan daardie doel beweeg.
Die vorige twee weke het ons reeds 10 stappe genoem om die HOE in aksie te sit en jy kan dit weer gaan lees.
Hier is vandag se VYF tree —
As jy dink dis ʼn cliché moet jy miskien jouself afvra of jy enige benul het wat LIEFDE beteken, hoe dit manifesteer in jou lewe, en hoe jy ʼn refleksie daarvan kan wees in die tyd, plek, en omstandighede waarin jy leef?
Die afwesigheid van liefde (want liefde het nie ʼn teenoorgestelde nie) is VREES.
Woede is vrees, haat is vrees, afguns is vrees, beheer (control) is vrees, veroordeling is vrees. Vra jouself: “Waarvoor is ek só damn bang?” en as jy antwoord, “NIKS nie!” beteken dit dat jy óf in ontkenning leef, óf gewoon nie eerlik met jouself is nie.
Maak jouself OOP vir die wonder, die misterie, die krag, die deurleefde aanvoelbaarheid van LIEFDE. Laat dit toe om jou te vul van jou toontjie tot jou kroontjie sodat jy daarvan sal oorloop.
In elke situasie, maak nie saak wat die omstandighede is nie, vra jouself: what will change if I do this with love?
If it isn’t love — LET IT GO!
Ons raak soms gefikseerd met die vertroue wat ons plaas in ander mense of gebeure terwyl ons vergeet dat vertroue begin en eindig met jouself. Ek wil weet of jy getrou kan wees aan jouself en daarom vertrou kan word.
Wanneer ons vertroue geskend word, of as ʼn situasie nie uitwerk soos ons gehoop het dit sal nie, kan dit my tog nie dompel in ʼn moeras van twyfel in myself, of my selfbeeld in duie laat stort, of waardeloos laat voel nie.
Vertroue lê in die vermoë om die waarheid van myself vir myself te kan sê — ons noem dit eerlikheid. Vertroue lê in die kapasiteit om mý waarheid vir JOU te sê — ons noem dit integriteit.
Gaan hengel daardie vertroue in jou verhouding met God, in die vertroue wat jy het in hulle wat vir jou lief is en vir wie jy lief is, met selfvertroue dat hierdie reis jou sal bring op ʼn plek waar jy kan sê, “I choose my Brighter Self.”
If it doesn’t empower trust — LET IT GO!
Wie wil deur die lewe gaan onder die gebuk van kroniese konfrontasie en konflik? Wie wil ʼn dag langer in ʼn situasie wees waar iets of iemand met hul vuil skoene deur die bedding van jou vreugde trap en jou vrede vertroebel?
Nee, nee — en nogmaals NEE! Besluit! Wil jy vashou aan dit wat jou van jou gemoedsrus stroop, of wil jy dit laat gaan?
If it doesn’t cultivate peace — LET IT GO!
Dit is tog ʼn basiese behoefte van elkeen van ons — om myself te kan wees. Nie die hele tyd versigtig en bedag moet wees vir iemand anders se verwerping nie.
Trouens, wanneer ons ʼn situasie of verhouding laat gaan, is dit om te sê, “I cannot be me with you (with this) anymore!”
Omring jou met mense wat jou koester en waardeer. Omring jou met dit wat waarde toevoeg, en elke dag betekenisvol maak.
If it doesn’t embrace nurturing — LET IT GO!
Die Hebreeuse woord ‘ELOHIM’ is ʼn meervoudsvorm. Dit kan op sy beste vertaal word met, ‘the DIVINE’ — die Goddelike teenwoordigheid wat ons ervaar in elke aspek van ons menswees binne ʼn verhouding wat ons (volgens my) net kan ervaar in ons liefde.
Ek het ʼn onwrikbare geloof in dit wat ek ervaar en beskryf as ‘GOD’ en het lankal nie meer ʼn metafisiese Godsbeeld nie. Vir my is GOD die inwonende krag wat in en deur my vloei maar nie van my is nie.
Daardie ‘krag’ noem ek met vrymoedigheid, LIEFDE. Dit gee inhoud en betekenis in elke verhouding waarin ek staan.
“Hide yourself in God, so when a man wants to find you, he will have to go there first.” ― Shannon L. Alder
If it doesn’t include God — LET IT GO!
Ons gaan Sondag kyk na die HOE van ʼn wilsbesluit om te LET GO.
Geseënde week verder.
Soos altyd Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.