Laaste Sondag van 2019

Sondagdiens

29 Desember 2019

Hierdie week se liturgie: 29 Desember 2019

Mag ek begin deur vir jou en jou gesin ʼn allermooiste Kersfees toe te wens. Mag jou tafels die brood van Eenheid en wyn van Lewe deel met almal vir wie jy, en wie vir jou lief is.

Ons het die jaar afgeskop met die tema — VAN STEENKOOL NA DIAMANTE  en gesels oor gesonde optimisme as ʼn gesindheid van ons skep, koester en kultiveer. Optimisme is ʼn keuse, dit is ʼn besluit en word gebore uit die spens van dankbaarheid en waardering. Optimism is a State of Mind and A Way of Life — more smiling, less worrying. More compassion, less judgement. More blessed, less stressed. More love, less hate. Be a warrior and not a worrier. Stop the blame-game and take responsibility. Soos Roy T. Bennett skryf, “Be grateful for what you already have while you pursue your goals. If you aren’t grateful for what you already have, what makes you think you would be happy with more.”

En toe in Februarie het ons gesels oor ‘the three most powerful words of invitation’ as Jesus sê — ABIDE IN ME  en wat is ons Ware Identiteit as Henri Nouwen skryf, “Define yourself radically as the beloved of God. This is the true self. Every other identity is illusion.” Die vraag oor ‘IDENTITEIT’ hou filosowe en teoloë al vir eeue besig maar vir vier weke het ons gesels oor: Identity as a conversation about being, becoming, belonging and a gift of spiritual connectedness and divine wholeness.

Daarna het ons ons heiligste maand van die jaar dié onderwerp verken: WINDE VAN VERANDERING — en gesels oor Open-mindedness, Open-heartedness, Open-endedness, Open-handedness ... wat saamgevat kan word in die woorde van Jesus as hy sê, “Ek het gekom om vir julle lewe te gee, en dit in oorvloed!” (Johannes 10:10) Dit het gevolg met ʼn intense reis oor die STERWENSVERHAAL VAN JESUS en die laaste 24 uur van sy lewe. Ons het gesels oor Dakkamers en Tuine; die Verhoor, Kruisiging, en Transformasie; die Graf en Transfigurasie. Dit was ʼn wonderlike reis na die diepste van invloed en betekenis van ʼn verhaal wat sentraal staan in die Christelike Geloof en steeds met soveel natiwiteit en agterdog bejeën word.

En toe die Herfs kom, het ons gesels oor die tema — REBOOT YOUR LIFE — en die leivore aangelê na ons tuin van ‘besluit wat belangrik is en wat nie’, ‘kom uit die loopgraaf van jou geut’, en ‘begin by die begin’ ... en toe blomme geplant in ons beddings in ʼn gesprek oor — DIE ONVOORWAARDELIKE, ALLESINSLUITENDE LIEFDE VAN GOD  en wat dit werklik beteken sonder enige teologiese fiksasies of dogmatiese dryfsand. Ons ganse lewe sal verander en elke interpersoonlike verhouding sal ʼn dramatiese, ingrypende verandering ondergaan as ons hierdie LIEFDE nie net toeëien nie maar reflekteer na onsself en ons ewemens.

Met die winter het ons stilgestaan by — KAGGELS EN TAFELS VOL LIEFDE — en dat die lewe van elke dag se doen-en-late, aksies-en-reaksies van ons vra om ʼn Goddelike perspektief te ontwikkel. Vat die woord GODISNOWHERE — jy kan dit lees as GOD IS NOWHERE, of jy kan dit lees as GOD IS NOW HERE. Dit hang alles af waar jy die spasies sit en dat die spasies tussen alles soms meer betekenis het as die woorde/gedagtes self. In ons stil oomblikke laat ons die Gees toe om ons te lei van twyfel na geloof, van moedeloosheid na hoop, van vrees na liefde.

Toe begin die tweede helfte van 2019 en met dit het gesels oor — BEITELS VIR MARMER  en alles wat ons emosioneel, intellektueel, en spiritueel skoei en skaaf om ten volle as mens te leef. Ons het gesels oor geduld en dapperheid, passie en aanpasbaarheid. Dié maand het ons saamgevat in die roerende woord van Romeine 12:2, “Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewal of your mind, that by testing you may discern what is the will of God, what is good and acceptable and perfect.”

Met dit het die -ber maande begin en as die maande wat eindig met -ber eers in die Kaap begin, kan jy maar weet dié jaar is verby — maar September is ook die begin van Lente en met dit het ons die oeroue waarhede verken wat beteken — WEDERGEBOORTE EN HERLEWING — en dit ingekleur met ‘God se beeld in mý lewe, dít is GELOOF’, ‘Geloof laat jou sien en luister’, ‘Geloof het te doen met NOU en nie gister of môre nie’, ‘Geloof tel jou seëninge, een vir een’ ... ons het gepraat oor GEBOOIE en hoe moet ons die Wet lees in die 21ste eeu en waarom is dit relevant ... ons het gesels oor GEBED as gefokusde intensie en gedagtes ... en die werklike betekenis van die begrip, GENADE en die verskil tussen ‘mercy’ en ‘grace’ ... en afgesluit met GETUIE en waarom ons ʼn refleksie, ʼn weerkaatsing, as beeld van God geskape is.

Na my jaarlikse verlof het ons ons somer begin met die tema — BE THE HEART OF GOD — en dit gedoen aan die hand van Kahlil Gibran se boek “THE PROPHET” — en gesels oor die GEE in OMGEE; oor die liefde vir ons GELIEFDE en die HUWELIK; oor die VOEDSEL van elke dag se werk; en afgesluit oor ons gesindheid oor misdaad en straf, vryheid en passie. En so breek die laaste maand van dié jaar aan en elke Sondag was ʼn heerlike reis met die inspirasies, aspirasie, lewenslesse, en invloed van Charlie Chaplin, Winston Churchill, Emily Hobhouse, en Elvis Presley.

Met al hierdie blomme in ons ruiker en ons rugsak gepak vir die nuwe jaar wat voorlê word jy genooi om die jaar saam met ons te kom afsluit vir die laaste Sondag van 2019. Kom sê saam met ons dankie vir die goed en die sleg, die soet en die suur, die lesse onthou en lesse vergeet van die afgelope jaar.

Tot dan, soos altyd
Met liefde

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Lord, make me an instrument of thy peace.
Where there is hatred, let me sow love,
Where there is injury, pardon;
Where there is doubt, faith;
Where there is despair, hope;
Where there is darkness, light;
And where there is sadness, joy.
O Divine Master, grant that I may not so much seek
to be consoled as to console,
to be understood as to understand,
to be loved, as to love.
For it is in giving that we receive,
It is in pardoning that we are pardoned,
and it is in dying that we are born to eternal life.

― Francis of Assisi 

.

A COURSE IN MIRACLES

Ons hervat weer in 2020 na skoolvakansie
Ons lees volgende jaar Brené Brown se boek
'Rising Strong'
[Koop solank die boek]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights